Geen trouklokke lui vir nou
Agterstand kan maande duur om uit die weg te ruim
Hofbedrywighede in verskeie afdelings – insluitend sake van gesinsgeweld, die kinderhof, siviele en strafregtelike verhore, onderhoudskwessies en verkeersake – het skerp afgeneem.
Uitgedos in hul trourok en pak is verskeie paartjies gister letterlik voor die kansel, in dié geval die landdroshof, op hul grootste dag gelaat met die landswye sloerstaking van landdroste wat teen gister dag twee bereik het.
Die arbeidsaksie, wat Woensdag begin het, het daartoe gelei dat landdroste hul produktiwiteit drasties verminder het terwyl hulle steeds vir diens aanmeld. Dit het alle kwasi-geregtelike funksies en verskeie noodsaaklike magtigings ontwrig wat tipies deur die howe verwerk word.
Volgens ’n interne kennisgewing aan personeel gaan die volgende geregtelike aangeleenthede nie voort nie: Kwasi-geregtelike verhore, lasbriewe vir deursoeking en vir arrestasies, tussentydse beskermingsbevele, huwelik- en dranklisensies, bekentenisse, kontrole van registers, insluitend skulderkenning, boedelbereddering, geregtelike doodsondersoeke en nadoodse ondersoeke, asook die inswering van raadslede tydens verkiesings.
Slagofferverwante sake is veral geraak, wat kommer oor openbare veiligheid en regsbeskerming laat ontstaan.
Hofbedrywighede in verskeie afdelings – insluitend sake van gesinsgeweld, die kinderhof, siviele en strafregtelike verhore, onderhoudskwessies en verkeersake – het ook skerp weens geregtelike beskikbaarheid afgeneem.
‘TROU ONS OF NIE?’
By die landdroshof in Windhoek het gefrustreerde paartjies gesit en wag vir hul name om geroep te word, gereed om trou aan mekaar te sweer.
In ’n onderhoud met Network Media Hub (NMH) het hulle woede en teleurstelling uitgespreek oor die landdroste se gebrek aan kommunikasie oor of die seremonies uiteindelik sou voortgaan.
*Monica en haar toekomstige man het van 09:00 gewag en teen laatmiddag gister was daar steeds geen antwoord of hulle nog in die eg verbind gaan word nie.
“Dis onaanvaarbaar. Beide my verloofde en ek het dae van die werk afgevat. Ons kan dit nie terugkry nie. Waarom kon hulle ons nie in kennis gestel het dat ons nie hiermee sou voortgaan nie?” het Monica gesê.
Sy het bygevoeg dat hul familielede, waarvan sommige van buite die dorp gereis het, by hul huis bymekaargekom het om hul huwelik te vier.
“Hoe vertel ek mense by die huis dat dinge nie volgens plan verloop het nie?”
Volgens ’n klerk by die landdroshof moes vyf huwelike gister voltrek word, maar teen middagtyd was nog nie een deel van die dag se huweliksregister nie.
Tydens ’n besoek aan die landdroshof op Ondangwa het NMH met Rauha Udjombala gepraat wat van Woensdag by die hof was vir haar hangende verkeersaak. Ook hier kon sy nie geholpe raak nie.
’n Sigbaar geïrriteerde Udjombala het gesê: “Hulle sê vir ons om die wet te respekteer, maar die wet is nou op ys. Nou moet ons aanhou hierheen ry om te sien of hulle werk.”
POLISIE-OPERASIES OP YS
Een van die prokureurs wat met NMH gepraat het, het gewaarsku dat vertragings in die uitreiking van lasbriewe en die hantering van bekentenisse voortgesette ondersoeke kan vertraag en verdagtes kan toelaat om die regsproses te ontduik.
Families wat wag op die uitslae van ’n nadoodse ondersoek of ’n geregtelike doodsondersoek, word ook sonder afsluiting gelaat.
Die staking volg op voortgesette geskille tussen die Landdrostekommissie en die regering oor werksomstandighede en beweerde versuim om ’n verbeterde voordelestruktuur te implementeer.
Polisie- en justisie-owerhede het nog nie ’n openbare gebeurlikheidsplan verskaf nie, maar regswaarnemers waarsku dat die agterstand maande kan neem om uit die weg te ruim as die dooiepunt voortduur.
Die Namibiese polisie se streekbevelvoerder in Omusati, komm. Ismael Basson, het gister aan NMH gesê dat die staking nie net die polisie en werksaamhede in sy streek sal beïnvloed nie, maar ook die publiek in die algemeen.
Hyt het gesê as die aansoek vir die uitreiking van dranklisensies nie verwerk kan word nie, sal besighede nie met hul bedrywighede kan voortgaan nie.
“Geregtelike doodsondersoeke sal nie voltooi word nie. Die publiek sal die meeste ly. Maar beslis, as strafregtelike sake nie aandag kry nie, sal dit oorbevolking in ons polisieselle veroorsaak wat reeds oorvol is,” het Basson gesê.
Basson het ’n beroep op die owerhede gedoen om die probleme op te los sodat werksaamhede ongehinderd kan voortgaan.
Die streekbevelvoerder in die Oshanastreek, komm. Naftal Lungameni Sakaria, het gesê talle operasies deur die polisie staan stil as gevolg van die staking.
“Wanneer sake stilstaan, is dit geregtigheid wat iemand ontsê word. As ’n streekbevelvoerder is ek baie bekommerd en ek hoop dit word so gou as moontlik opgelos om verdere vertragings te vermy en kriminele aktiwiteite te voorkom,” het hy gesê.
Sakaria het NMH na die polisie se hoofkantoor vir verdere kommentaar verwys, aangesien dit ’n nasionale kwessie is.
Die hoof van die polisie, luitenant-generaal Joseph Shikongo, het by navraag gesê hy is tans met verlof en is nie oor die staking ingelig nie.
Hy het NMH na sy adjunk Anne-Marie Nainda verwys, wat gesê het: “Ons skakelafdeling sal na julle terugkeer”, maar teen druktyd is geen terugvoering ontvang nie.
* Skuilnaam
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie