Geen 'bevoegde' aanklaer in Halupe-saak
Die onbeskikbaarheid van 'n bevoegde staatsaanklaer om 'n formele borgtogaansoek te doen, het daartoe gelei dat die verkragtingsbeskuldigde Sidney Halupe (33) vir 'n paar dae in aanhouding moet bly.
Halupe het gister weer in die Swakopmund-landdroshof verskyn met die doel om vir borgtog aansoek te doen. Hy het voor landdros Nelao Brown verskyn en word deur Marco Kazondana van die Sisa Namandje & Co. Inc.-regsfirma verteenwoordig.
Hofverrigtinge het tot stilstand gekom toe dit aan die lig gekom het dat geen staatsaanklaer beskikbaar was om 'n formele borgtogaansoek te hanteer nie. Die aanklaer wat tans aan die hof toegewys is, is beskryf as nuut en nie voldoende ervare om 'n formele borgtogaansoek te hanteer nie. Daar is aangedui dat die staat borgtog sou teenstaan, maar nie sonder 'n bevoegde staatsaanklaer kon voortgaan nie.
Daar is aanvanklik voorgestel dat die saak tot 12 Januarie 2026 uitgestel word om tyd te gee vir die aanstelling van 'n geskikte staatsaanklaer.
Kazondana het beswaar gemaak. Hy het aangevoer dat die afwesigheid van 'n staatsaanklaer nie 'n aanvaarbare rede is om 'n borgtogaansoek te vertraag nie en het gesê die aanklaer-generaal moet 'n staatsaanklaer aanstel indien niemand beskikbaar is nie.
As voorbeeld het hy die hof meegedeel van 'n vorige saak waarin 'n staatsaanklaer geweier het om 'n borgtogverhoor te hanteer en borgtog is toegestaan omdat die aanklaer nie die verhoor bygewoon het nie. Kaondana het dit gebruik om te argumenteer dat die beskuldigde nie in aanhouding moet bly, omdat die staat nie gereed of in staat is om voort te gaan nie.
Landdros Brown het verduidelik dat die voorbeeld wat deur die verdediging geopper is, verband hou met 'n aanklaer wat weier om 'n borgtogverhoor by te woon, wat verskil van die huidige situasie waar geen geskikte ervare staatsaanklaer beskikbaar was nie. Sy het die verdediging se frustrasie erken en ingestem om die saak tot 22 Desember uit te stel en aangedui dat pogings aangewend sal word om 'n beskikbare bevoegde aanklaer te vind.
Halupe bly gevolglik in aanhouding tot Maandag 22 Desember.
“Die saak sal daarna terugverwys word om vas te stel of 'n bevoegde aanklaer uit die jurisdiksie vir hierdie aansoek beskikbaar sal wees,” het Brown gesê.
Die borgtogverrigtinge spruit voort uit 'n verkragtingsklag wat verband hou met 'n voorval wat na bewering op 1 Desember naby die Nonidas-pyplyn buite Swakopmund plaasgevind het. Die klaer is 'n 20-jarige vrou met 'n siggestremdheid.
Volgens inligting wat voorheen aan die polisie voorgelê is, het die beweerde verkragting gevolg op 'n werksonderhoud vir 'n sekretariële pos, waarna die beskuldigde na bewering aangebied het om die vrou terug na haar huidige werkplek te ry.
Halupe is op 12 Desember in hegtenis geneem en het Maandag sy eerste hofverskyning gemaak.
Hy het onlangs as 'n onafhanklike kandidaat in die streek- en plaaslike owerheidsverkiesings vir Erongo gestaan.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie