Gay egpaar kry nie uitspraak omgekeer
Hooggeregshof staan vas oor besluit
'n Selfdegeslagpaartjie se stryd om burgerskap vir hul seun te verkry, is nog 'n slag toegedien.
Jemima Beukes – Phillip Lühl, ’n argitek en dosent, wat nog 'n terugslag gekry het in sy voortdurende stryd vir geregtigheid en gelykheid vir sy gesin, staan op die punt om sy tuisland vir 'n ander land te verruil waar sy gesin sonder enige wetlike struikelblokke kan woon.
“Vir ons is dit óf die einde van die pad óf ons kan teruggaan na die hoërhof en dan sal ons onsself uiteindelik voor die hooggeregshof bevind. Dit beteken ook ons gesin kan nie meer in hierdie land woon nie en ons sal dalk in ballingskap moet gaan, want instellings soos die hooggeregshof en die parlement wat die regte van minderheidsgroepe moet beskerm, het dit nie gedoen nie,” het hy gesê.
Hy het beklemtoon dat dit uiters problematies is, want die realiteit is dat daar Namibiërs in situasies soortgelyk aan hulle s’n is wat nie die middele het om te emigreer nie en dus in Namibië gestrand sal wees as "tweedeklas"-burgers.
“Soveel as wat mense sê daar is geen vervolging vir gay mense nie, skep hierdie soort prosesse werklike implikasies vir mense wat nie hul lewens kan leef soos hulle wil nie,” het Lühl gesê.
Hy het dié opmerkings gemaak nadat die hooggeregshof ’n versoek om ’n saak oor die burgerskap van hom en sy Mexikaanse lewensmaat, Guillermo Delgado, se seun te heropen, van die hand gewys het.
Lühl – wat die vierjarige seun Yona met Delgado deel – het verlede week deur sy prokureur Uno Katjipuka-Sibolile ’n versoek aan die hooggeregshof gerig en geëis dat die hof sy jurisdiksie ingevolge Artikel 81 van die Namibiese Grondwet uitoefen en die saak heropen.
Artikel 81 bepaal dat ’n hooggeregshofbeslissing bindend is vir alle ander Namibiese howe en alle persone in die land, tensy dit deur dié hof self omgekeer word, of deur ’n parlementswet weerspreek word.
Volgens Lühl het Frans Kapofi, die minister van binnelandse sake, immigrasie, veiligheid en sekuriteit, die hooggeregshof mislei toe hy gesê het die egpaar moet hul kind registreer. Toe hulle probeer het om dit te doen, het die ministerie “die deur in hul gesigte toegemaak”, aangesien hierdie opsies nie vir hulle beskikbaar was nie, het hy gesê.
“Ek stel aan die hof dat die proses wat die minister volgehou het tot ons beskikking was nie – in werklikheid – beskikbaar of nodig was nie. Hierdie hof sou op meriete oor die appèl beslis het. In plaas daarvan, weens die minister se wanvoorstelling, het ek en my seun ’n ernstige onreg gely wat ’n oplossing vereis.
“Ons het geen besluit op die meriete nie en terselfdertyd is ons nie in staat om die pad te volg wat deur hierdie hof uitgelê is nie omdat die ministerie weier om die geboorte te registreer op grond daarvan dat hierdie proses nie op ons situasie van toepassing is nie,” het Lühl gesê.
APPéL
In Oktober het die hooggeregshof beslis dat Yona, wat via surrogaatskap in Suid-Afrika gebore is, Namibiese burgerskap op grond van herkoms kan kry.
Die minister van binnelandse sake het egter teen hierdie uitspraak geappelleer en daarin geslaag toe vyf hooggeregshofregters die uitspraak verlede maand tersyde gestel het en dit as foutief bestempel het.
Die saak is op 6 Maart deur hoofregter Peter Shivute, adjunkhoofregter Petrus Damaseb en regters Sylvester Mainga, David Smuts en Theo Frank aangehoor.
“Aangesien die geboorte van die seun nie ingevolge die Namibiese wet op burgerskap geregistreer is nie, het die hooggeregshof nie die mag gehad om burgerskap toe te staan nie,” lui die uitspraak.
Die regters het verder gesê die egpaar se versuim om Yona se geboorte in Namibië te registreer was genoeg rede om Lühl se aansoek te verwerp, en daarom het die hof nie die afkeuring van die ministerie se teenaansoek – wat DNS van Lühl versoek het om vaderskap te bewys – hanteer nie.
Lühl en Delgado is ook die ouers van tweelingdogters, Maya en Paula, wat in 2021 via surrogaatskap in Suid-Afrika gebore is.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie