Fitty se borgtogaansoek nader uitspraak
Uitgestel tot 2 Desember
Ná vyf dae in die getuienisbank het die hoofondersoekbeampte van die Teenkorrupsiekommissie sy getuienis afgehandel.
Die laaste getuienis in een van die Fishrot-beskuldigdes, mnr. Tamson (Fitty) Hatuikulipi, se borgtogaansoek wat op nuwe feite gebaseer is, is Vrydag afgehandel. Partye sal na verwagting weer op 2 Desember verskyn vir finale betoë voordat uitspraak in dié saak gelewer word.
Hatuikulipi se regsverteenwoordiger, adv. Richard Metcalfe, het Vrydagoggend (14 Oktober) die kruisondervraging van die Teenkorrupsiekommissie van Namibië (ACC) se hoofondersoekbeampte, mnr. Andreas Kanyangela, afgehandel.
Kanyangela was vir vyf dae in die getuienisbank waartydens Metcalfe verskeie kere aangevoer het dat Hatuikulipi wel deel was van die sakebedrywighede van Samherji.
“Ek glo en hou vol dat hy [Hatuikulipi] geen dienste vir Samherji gelewer het nie en dat hy miljoene in omkoopgeld betaal is,” het Kanyangela Vrydagoggend in die hof gesê.
Metcalfe het Kanyangela daarvan beskuldig dat hy slegs van inligting en bewyse gebruik maak wat die ACC en die staat se weergawe van die gebeure ondersteun.
“Jy is desperaat om hierdie man in aanhouding te hou en nou begin jy goed opmaak soos jy aangaan,” het Metcalfe ook tydens Vrydag se kruisondervraging aan Kanyangela gesê.
Ná kruisondervraging het die staatsaanklaer, mnr. Ezekiel Ipinge, vlugtig voortgegaan met herondervraging voordat Kanyangela toegelaat is om die getuienisbank te verlaat.
TRONKHOOF GETUIG
Ipinge het volgende die staat se volgende getuie geroep – die adjunkkommissaris van Namibië se korrektiewe dienste en hoof van die Windhoek Sentrale Gevangenis, mnr. Veikko Armas.
Armas het getuig oor tronkprosedure met betrekking tot beskuldigdes se voorbereiding vir verhoorverrigtinge en konsultasies met hulle verteenwoordigers.
Volgens hom het beskuldigdes genoeg tyd om met hulle prokureurs te vergader en kan daar selfs spesiale reëlings getref word indien nodig.
Metcalfe het slegs enkele vrae aan Armas gerig tydens kruisondervraging voordat sy getuienis afgehandel is.
UITGESTEL
Die saak is uitgestel tot 2 Desember, wanneer die partye finale betoë sal lewer.
Regter Orben Sibeya het beveel dat Hatuikulipi se regspan, Metcalfe en mnr. Florian Beukes, hulle argumente teen 11 November by die hof moet indien. Daarna het die staat tot 25 November om daarop te antwoord.
–[email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie