• Tuisblad
  • Howe
  • Fishrot-likwidateurs ‘werk teen hul wil’

Fishrot-likwidateurs ‘werk teen hul wil’

Saak is ingewikkeld, sê aanklaer-generaal
Sedert hul aanstelling in Desember 2020 is Bruni en McLaren nog nie 'n sent betaal vir werk wat tot dusver gedoen is nie.
Yandi Du Plessis
Jemima Beukes – Toenemende vyandigheid tussen die likwidateurs wat die Fishrot-beskuldigdes se bates moet bestuur en die aanklaer-generaal (AG), Martha Imalwa, kan moontlik dié bates in gedrang plaas.

Die bates – ter waarde van miljoene – wissel van huise, motors en juweliersware tot onder meer plase en vee.

Die Fishrot-beskuldigdes is sedert 2019 in aanhouding vir hulle beweerde betrokkenheid by die korrupsieskandaal waardeur die land meer as N$150 miljoen verloor het.

Die likwidateurs, David Bruni en Ian McLaren, het in hofstukke wat onlangs in die hoërhof ingedien is laat deurskemer dat hulle gedwing word om teen hul wil te werk en het onthul dat daar vyandigheid tussen hulself en Imalwa bestaan nadat hulle aangedui het hulle wil nie meer voortgaan as likwidateurs in hierdie aangeleentheid nie.

OBSTRUKTIEF

Sedert hul aanstelling in Desember 2020 is Bruni en McLaren nog nie ’n sent betaal vir werk wat tot dusver gedoen is nie. Dit is die afgelope naweek deur Imalwa bevestig.

Die twee het verlede jaar gevra om van hul pligte onthef te word weens ’n gebrek aan kapasiteit, maar amper twee jaar later stamp hulle steeds koppe met die AG, wie hulle daarvan beskuldig het dat sy obstruktief optree.

“Die vyandigheid tussen die applikante en die AG is duidelik. In haar vroeëre betooghoofde het die AG so ver gegaan om die applikante van minagting van die hof te beskuldig in omstandighede waar hul onderskeie interpretasies van die bevel van mekaar verskil. Die applikante voer op hul beurt aan dat die AG obstruktief optree,” het die twee in hofstukke gesê.

BETAAL ONS

Bruni en McLaren het ook die regering daarvan beskuldig dat hy versuim het om sy belofte na te kom om hulle uit die Criminal Assets Recovery Fund te betaal, wat gefinansier word met geld wat verkry word uit gekonfiskeerde opbrengste van misdaad kragtens die wet op die voorkoming van georganiseerde misdaad (Poca).

Die twee het ook teleurstelling uitgespreek in die feit dat daar tans geen duidelikheid is of ’n reëling met die ministerie van justisie om hul uitgawes te betaal – soos waardasiekoste, sekuriteitskoste en ander koste – deur die staat goedgekeur sal word nie.

Hulle het ook beweer sommige van die beskuldigdes ignoreer steeds versoeke om hul bates te verklaar.

Die ministerie van justisie het onlangs ’n versoek by die kabinet ingedien om te beraadslaag oor die beskikbaarheid van fondse vir die administrasie van die eiendomme deur die kurators, wat nie gewoonlik deur die boedel gedek word nie.

Gladys Pickering, die uitvoerende direkteur van die ministerie, het Sondag aan ons susterkoerant Namibian Sun gesê die saak sou gister deur die kabinet bespreek word.

INGEWIKKELD

Imalwa het die Fishrot-saak as “ingewikkeld” beskryf omdat van die bates dalk buite Namibië is en die kurators daardie bates moet opspoor.

“Daar is ’n tussentydse bedrag wat uit die Criminal Assets Recovery Fund geneem moet word en op grond van wanneer hulle hul fakture aanbied wat aandui wat hulle gedoen het, sal hulle betaal word.

“Ek is nie betrokke nie, die staat moet die kurators betaal. Die Criminal Assets Recovery Fund-komitee moet dan ’n versoek aan die kabinet voorberei om geld vry te stel en daardie geld bly in die fonds as dit goedgekeur word.

“Die rekenkundige beampte van die fonds betaal dan die kurator uit daardie fonds. Ons word nie deur die kabinet bestuur soos mense sê nie,” het Imalwa verduidelik.

GEBREK AAN KAPASITEIT

In hul aanvullende verslag wat op 27 Julie ingedien is, het die likwidateurs gesê ’n groot gedeelte van die AG se argument in ’n vroeëre hofsitting was daarop gemik om hulle as minagters van die hof uit te kryt.

Bruni en McLaren het uitgelig voordat hulle hierdie pos aanvaar het, is hulle ingelig dat die ministerie van justisie ’n fonds het waaruit hul koste en uitgawes vereffen sal word, en bygevoeg dat hulle hul eerste verslag op 14 April 2021 by die meester van die hoërhof, Elsie Beukes, ingedien het.

In hierdie verslag het hulle daarop gewys dat die meerderheid van die Fishrot-beskuldigdes se prokureurs versuim het om hul bates te verklaar. Nadat hulle bate-verklarings op 15 en 16 Desember 2021 ontvang het, het hulle Beukes toe meegedeel dat hulle nie meer die kapasiteit het om die bates te bestuur nie en van hul pligte onthef wil word.

Nadat hulle ’n aansoek in dié verband ingedien het, het die AG versoek dat die likwidateurs ’n behoorlike verslag verskaf van die werk wat hulle tot dusver gedoen het om uiteindelik die oorhandiging aan ’n nuwe kurator te vergemaklik.

Die twee se regsverteenwoordigers het daarop gewys dat dit nie betwis word dat hulle nie die vermoë het om voort te gaan nie en dat nóg Imalwa nóg die Fishrot-beskuldigdes hul aansoek om ontheffing teengestaan het.

Hulle het ook gesê die AG se enigste beswaar was dat hulle nie verwyder moet word totdat hulle ’n verslag lewer wat die status van die bates wat hulle ingevorder het, aandui nie.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-05-16

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Manchester United 3 vs 2 Newcastle | Brighton 1 vs 2 Chelsea | Tottenham Hotspur 0 vs 2 Manchester City | Aston Villa 3 vs 3 Liverpool LaLiga: Celta Vigo 2 vs 1 Athletic Club | Getafe 0 vs 3 Atletico Madrid | Sevilla 0 vs 1 Cadiz | Rayo Vallecano 2 vs 1 Granada | Girona 0 vs 1 Villarreal | Real Madrid 5 vs 0 Deportivo Alaves | Osasuna 1 vs 1 Mallorca | Barcelona 2 vs 0 Real Sociedad SerieA: Fiorentina 2 vs 1 Monza | Lecce 0 vs 2 Udinese Katima Mulilo: 11° | 31° Rundu: 11° | 30° Eenhana: 11° | 31° Oshakati: 13° | 30° Ruacana: 13° | 30° Tsumeb: 14° | 28° Otjiwarongo: 12° | 27° Omaruru: 14° | 28° Windhoek: 11° | 26° Gobabis: 13° | 26° Henties Bay: 19° | 35° Wind speed: 42km/h, Wind direction: E, Low tide: 04:48, High tide: 10:54, Low Tide: 16:42, High tide: 23:24 Swakopmund: 20° | 26° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 04:46, High tide: 10:52, Low Tide: 16:40, High tide: 23:22 Walvis Bay: 23° | 34° Wind speed: 34km/h, Wind direction: SE, Low tide: 04:46, High tide: 10:51, Low Tide: 16:40, High tide: 23:21 Rehoboth: 12° | 26° Mariental: 15° | 28° Keetmanshoop: 18° | 29° Aranos: 15° | 28° Lüderitz: 19° | 35° Ariamsvlei: 19° | 31° Oranjemund: 14° | 26° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 15° | 29° Lubumbashi: 11° | 27° Mbabane: 14° | 28° Maseru: 10° | 24° Antananarivo: 12° | 22° Lilongwe: 14° | 28° Maputo: 17° | 30° Windhoek: 11° | 26° Cape Town: 16° | 20° Durban: 18° | 25° Johannesburg: 15° | 25° Dar es Salaam: 23° | 32° Lusaka: 15° | 27° Harare: 12° | 25° Currency: GBP to NAD 23.03 | EUR to NAD 19.79 | CNY to NAD 2.52 | USD to NAD 18.21 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.3 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.72 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.54 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 133.96 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.53 | USD to EGP 46.9 | USD to KES 130.23 | USD to NGN 1519 | USD to ZAR 18.21 | USD to ZMW 25.1 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 78632.56 Down -0.07% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1710.9 Down -2.52% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13421.4 Down -0.59% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25316.08 Down -0.09% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9151.06 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 385.15/OZ DOWN -0.0028 | Copper US$ 4.90/lb UP +0.02% | Zinc US$ 2 987.80/T UP 0.14% | Brent Crude Oil US$ 82.82/BBP DOWN -0.0054 | Platinum US$ 1 072.74/OZ UP +0.27% Sport results: Premier League: Manchester United 3 vs 2 Newcastle | Brighton 1 vs 2 Chelsea | Tottenham Hotspur 0 vs 2 Manchester City | Aston Villa 3 vs 3 Liverpool LaLiga: Celta Vigo 2 vs 1 Athletic Club | Getafe 0 vs 3 Atletico Madrid | Sevilla 0 vs 1 Cadiz | Rayo Vallecano 2 vs 1 Granada | Girona 0 vs 1 Villarreal | Real Madrid 5 vs 0 Deportivo Alaves | Osasuna 1 vs 1 Mallorca | Barcelona 2 vs 0 Real Sociedad SerieA: Fiorentina 2 vs 1 Monza | Lecce 0 vs 2 Udinese Weather: Katima Mulilo: 11° | 31° Rundu: 11° | 30° Eenhana: 11° | 31° Oshakati: 13° | 30° Ruacana: 13° | 30° Tsumeb: 14° | 28° Otjiwarongo: 12° | 27° Omaruru: 14° | 28° Windhoek: 11° | 26° Gobabis: 13° | 26° Henties Bay: 19° | 35° Wind speed: 42km/h, Wind direction: E, Low tide: 04:48, High tide: 10:54, Low Tide: 16:42, High tide: 23:24 Swakopmund: 20° | 26° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 04:46, High tide: 10:52, Low Tide: 16:40, High tide: 23:22 Walvis Bay: 23° | 34° Wind speed: 34km/h, Wind direction: SE, Low tide: 04:46, High tide: 10:51, Low Tide: 16:40, High tide: 23:21 Rehoboth: 12° | 26° Mariental: 15° | 28° Keetmanshoop: 18° | 29° Aranos: 15° | 28° Lüderitz: 19° | 35° Ariamsvlei: 19° | 31° Oranjemund: 14° | 26° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 15° | 29° Lubumbashi: 11° | 27° Mbabane: 14° | 28° Maseru: 10° | 24° Antananarivo: 12° | 22° Lilongwe: 14° | 28° Maputo: 17° | 30° Windhoek: 11° | 26° Cape Town: 16° | 20° Durban: 18° | 25° Johannesburg: 15° | 25° Dar es Salaam: 23° | 32° Lusaka: 15° | 27° Harare: 12° | 25° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.03 | EUR to NAD 19.79 | CNY to NAD 2.52 | USD to NAD 18.21 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.3 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.72 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.54 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 133.96 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.53 | USD to EGP 46.9 | USD to KES 130.23 | USD to NGN 1519 | USD to ZAR 18.21 | USD to ZMW 25.1 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 78632.56 Down -0.07% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1710.9 Down -2.52% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13421.4 Down -0.59% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25316.08 Down -0.09% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9151.06 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 385.15/OZ DOWN -0.0028 | Copper US$ 4.90/lb UP +0.02% | Zinc US$ 2 987.80/T UP 0.14% | Brent Crude Oil US$ 82.82/BBP DOWN -0.0054 | Platinum US$ 1 072.74/OZ UP +0.27%