• Tuisblad
  • Howe
  • Fishcor: De Klerk se getuienis is noodsaaklik

Fishcor: De Klerk se getuienis is noodsaaklik

Geen vooruitsigte op sukses, sê SPP en ASF
Fishcor se aansoek om verlof tot appèl is Woensdag in die hoërhof in Windhoek aangehoor.
Kristien Kruger
“Marèn de Klerk se getuienis is noodsaaklik vir hierdie saak en is die enigste direkte bewyse met betrekking tot ’n vergadering in 2016 tussen hom, Sacky Shanghala, James Hatuikulipi en Adriaan Louw, waar die planne vir die korrupsieskema bespreek is.”

Só lui die National Fishing Corporation of Namibia (Fishcor) se aansoek om verlof tot appèl teen regter Orben Sibeya se beslissing dat die Fishrot-beskuldigde Marèn de Klerk nie via videoverbinding kan getuig nie.

Die verhoor vir die aansoek om teen dié uitspraak in die hooggeregshof te appelleer, is Woensdag in die hoërhof in Windhoek aangehoor.

Seaflower Pelagic Processing (SPP), wie se naam intussen na Princess Brand Processing (PPP) verander het, en African Selection Fishing (ASF), staan die aansoek teen.

Hierdie verrigtinge vorm deel van die hoofsaak waarin Fishcor eis dat verskeie ooreenkomste wat volgens die maatskappy onder korrupte omstandighede onderteken is, nietig verklaar moet word.

SLEUTELGETUIE

De Klerk is Fishcor se sleutelgetuie en is gewillig om getuienis te lewer oor die korrupte omgewing waarin hierdie ooreenkomste aangegaan is en dit vorm glo die grondslag vir Fishcor se saak.

De Klerk is egter steeds in die buiteland. Hy weier om terug na Namibië te keer uit vrees vir sy lewe en die enigste manier om sy getuienis aan te hoor, is deur videoverbinding.

SPP en ASF voer aan dat daar geen objektiewe bewyse gelewer is om De Klerk se rede vir afwesigheid te regverdig nie.

“De Klerk se beweerde oortuiging dat sy lewe in gevaar is, is niks meer as spekulasie nie en kan nie op enige rasionele beginsel geregverdig word nie.”

Volgens die aansoek om verlof tot appèl is De Klerk se getuienis noodsaaklik om Fishcor se saak te staaf. Hy sou glo getuig oor ’n vergadering wat op 30 Desember 2016 in die Wes-Kaap plaasgevind het waartydens die korrupsieplanne bespreek is.

“Die ander individue wat in die vergadering was, behalwe vir Adriaan Louw, staan tereg op ernstige strafregtelike klagte en is nie bereid om te getuig nie.”

GRONDE VIR APPÈL

Fishcor het verskeie gronde waarop hulle teen Sibeya se uitspraak van 21 Oktober 2022 appelleer.

Fishcor beweer Sibeya het ’n fout begaan toe hy die aansoek van die hand gewys het aangesien die saak in openbare belang is en regspleging nie sal geskied indien De Klerk weerhou word om te getuig nie.

Tweedens, voer Fishcor aan dat Sibeya nie hul reg tot ’n regverdige verhoor genoegsaam in ag geneem het nie.

“Die hofsaal moet nie gesluit wees vir sleutelgetuies wat hulself geografies buite die jurisdiksie van die hof bevind nie,” lui hul aansoek om verlof tot appèl.

Fishcor beweer die maatskappy sal baie meer deur die weiering van die aansoek benadeel word as die respondente deur die toestaan van die aansoek.

Fishcor sê ook die hof het nie genoeg gewig geheg aan De Klerk se verduideliking vir sy afwesigheid en sy vrees vir sy lewe nie.

“Geen bewyse om die teendeel te staaf, is voor die hof gebring nie.”

Fishcor voer ook aan die kanse is skraal dat De Klerk uitgelewer gaan word, en dan beskikbaar sal wees om in persoon te getuig, aangesien hy reeds die gereg vir 18 maande ontduik.

Die vierde gronde vir appèl is met betrekking tot die hof se bevinding dat daar nie genoegsame inligting oor die tegniese aspekte van die videoverbinding by die aansoek ingesluit was nie. Fishcor beweer dat baie lande, insluitend Suid-Afrika, suksesvol van hierdie medium gebruik maak en Namibiese howe dit al sonder enige probleme gebruik het.

Die laaste gronde is ten opsigte van die feit dat die aansoek laat gebring is. Fishcor se verweer is dat hulle eers moes wag tot De Klerk ingestem het om te getuig voordat hulle die aansoek kon bring.

Fishcor glo daar is ’n redelike waarskynlikheid dat die hooggeregshof tot ’n ander gevolgtrekking sal kom as dié van Sibeya, maar SPP en ASF beweer in hul hoofbetoë dat Fishcor geen vooruitsigte op sukses het nie.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-05-12

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Nottingham Forest 2 vs 3 Chelsea | Newcastle 1 vs 1 Brighton | Wolves 1 vs 3 Crystal Palace | Everton 1 vs 0 Sheffield United | West Ham 3 vs 1 Luton Town | Bournemouth 1 vs 2 Brentford | Tottenham Hotspur 2 vs 1 Burnley | Fulham 0 vs 4 Manchester City LaLiga: Athletic Club 2 vs 2 Osasuna | Granada 0 vs 4 Real Madrid | Villarreal 3 vs 2 Sevilla | Mallorca 1 vs 0 Las Palmas | Deportivo Alaves 2 vs 2 Girona SerieA: AC Milan 5 vs 1 Cagliari | Napoli 0 vs 2 Bologna | Frosinone 0 vs 5 Inter Milan Katima Mulilo: 15° | 33° Rundu: 15° | 32° Eenhana: 14° | 34° Oshakati: 16° | 32° Ruacana: 16° | 33° Tsumeb: 17° | 31° Otjiwarongo: 13° | 29° Omaruru: 16° | 31° Windhoek: 14° | 27° Gobabis: 15° | 28° Henties Bay: 14° | 20° Wind speed: 20km/h, Wind direction: S, Low tide: 12:02, High tide: 06:03, Low Tide: 00:33, High tide: 18:39 Swakopmund: 15° | 16° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 12:00, High tide: 06:01, Low Tide: 00:31, High tide: 18:37 Walvis Bay: 15° | 23° Wind speed: 31km/h, Wind direction: S, Low tide: 12:00, High tide: 06:00, Low Tide: 00:31, High tide: 18:36 Rehoboth: 15° | 29° Mariental: 20° | 31° Keetmanshoop: 19° | 31° Aranos: 17° | 30° Lüderitz: 12° | 28° Ariamsvlei: 18° | 33° Oranjemund: 10° | 23° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 15° | 27° Lubumbashi: 15° | 29° Mbabane: 14° | 19° Maseru: 8° | 23° Antananarivo: 12° | 25° Lilongwe: 16° | 27° Maputo: 19° | 26° Windhoek: 14° | 27° Cape Town: 13° | 22° Durban: 18° | 22° Johannesburg: 14° | 23° Dar es Salaam: 23° | 31° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 27° Currency: GBP to NAD 23 | EUR to NAD 19.82 | CNY to NAD 2.55 | USD to NAD 18.41 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.31 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.68 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.56 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.06 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.6 | USD to EGP 47.35 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1439.8 | USD to ZAR 18.44 | USD to ZMW 26.75 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 78464.25 Up +1.19% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1754.6 Up +1.22% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13527.01 Up +0.36% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26003.16 Up +0.05% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 360.52/OZ UP +0.59% | Copper US$ 4.62/lb UP +1.13% | Zinc US$ 2 961.00/T DOWN -0.06% | Brent Crude Oil US$ 83.21/BBP DOWN -0.0171 | Platinum US$ 995.62/OZ UP +1.05% Sport results: Premier League: Nottingham Forest 2 vs 3 Chelsea | Newcastle 1 vs 1 Brighton | Wolves 1 vs 3 Crystal Palace | Everton 1 vs 0 Sheffield United | West Ham 3 vs 1 Luton Town | Bournemouth 1 vs 2 Brentford | Tottenham Hotspur 2 vs 1 Burnley | Fulham 0 vs 4 Manchester City LaLiga: Athletic Club 2 vs 2 Osasuna | Granada 0 vs 4 Real Madrid | Villarreal 3 vs 2 Sevilla | Mallorca 1 vs 0 Las Palmas | Deportivo Alaves 2 vs 2 Girona SerieA: AC Milan 5 vs 1 Cagliari | Napoli 0 vs 2 Bologna | Frosinone 0 vs 5 Inter Milan Weather: Katima Mulilo: 15° | 33° Rundu: 15° | 32° Eenhana: 14° | 34° Oshakati: 16° | 32° Ruacana: 16° | 33° Tsumeb: 17° | 31° Otjiwarongo: 13° | 29° Omaruru: 16° | 31° Windhoek: 14° | 27° Gobabis: 15° | 28° Henties Bay: 14° | 20° Wind speed: 20km/h, Wind direction: S, Low tide: 12:02, High tide: 06:03, Low Tide: 00:33, High tide: 18:39 Swakopmund: 15° | 16° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 12:00, High tide: 06:01, Low Tide: 00:31, High tide: 18:37 Walvis Bay: 15° | 23° Wind speed: 31km/h, Wind direction: S, Low tide: 12:00, High tide: 06:00, Low Tide: 00:31, High tide: 18:36 Rehoboth: 15° | 29° Mariental: 20° | 31° Keetmanshoop: 19° | 31° Aranos: 17° | 30° Lüderitz: 12° | 28° Ariamsvlei: 18° | 33° Oranjemund: 10° | 23° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 15° | 27° Lubumbashi: 15° | 29° Mbabane: 14° | 19° Maseru: 8° | 23° Antananarivo: 12° | 25° Lilongwe: 16° | 27° Maputo: 19° | 26° Windhoek: 14° | 27° Cape Town: 13° | 22° Durban: 18° | 22° Johannesburg: 14° | 23° Dar es Salaam: 23° | 31° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 27° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23 | EUR to NAD 19.82 | CNY to NAD 2.55 | USD to NAD 18.41 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.31 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.68 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.56 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.06 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.6 | USD to EGP 47.35 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1439.8 | USD to ZAR 18.44 | USD to ZMW 26.75 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 78464.25 Up +1.19% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1754.6 Up +1.22% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13527.01 Up +0.36% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26003.16 Up +0.05% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 360.52/OZ UP +0.59% | Copper US$ 4.62/lb UP +1.13% | Zinc US$ 2 961.00/T DOWN -0.06% | Brent Crude Oil US$ 83.21/BBP DOWN -0.0171 | Platinum US$ 995.62/OZ UP +1.05%