Erge tekort aan landdroste
Net ses wat kan aflos
Die krisis is die grootste in afgeleë streke, volgens gefrustreerde landdroste.
Namibië staar ’n kritieke tekort aan landdroste in die gesig, met sommige wat gedwing word om tussen dorpe te reis en ook oor ’n verskeidenheid sake moet dien, wat verkeers-, onderhouds-, kriminele sowel as siviele kwessies insluit.
Volgens die gefrustreerde landdroste is die krisis die grootste in afgeleë streke, terwyl Windhoek ’n “meer gunstiger toewysing” is vir regsbeamptes, wat kommer wek oor die lewering van gelyke geregtigheid.
Talle landdroste in Windhoek word aan ’n enkele hof toegewys, volgens beamptes.
“In die streke doen ons egter alles, van siviele, onderhouds-, verkeers-, huishoudelike en huweliksake en die kinderhof. Alles.
“Ons het nie eens tyd om borgtogaansoeke te doen nie en dit is veronderstel om dringend te wees,” het ’n landdros in die suidelike streke van die land gesê.
Network Media Hub (NMH) verneem dat ’n intreevlaklanddros in Ohangwena twee howe bestuur. Dit is ook die geval in Outapi waar die intreevlaklanddros in Ruacana bly.
“Okahao het nie ’n landdros nie. Hulle gebruik hier die afloslanddros,” het nog ’n beampte gesê.
Ondangwa met drie howe, het een voltydse landdros wat deur ’n afloslanddros gehelp word. Tsumeb het een landdros vir twee howe.
“Dit is malligheid,” het ’n beampte gesê.
BEVESTIG
Vikitoria Hango, die adjunkdirekteur van die afdeling vir openbare betrekkinge by die kantoor van die regsbank, het bevestig dat die tekort nie net tot die afdeling in Oshakati beperk is nie, maar al ses landdrosafdelings, naamlik Oshakati, Rundu, Otjiwarongo, Windhoek-sentraal, Windhoek-landelik en Keetmanshoop, raak.
“Die goedgekeurde struktuur van landdroste het sedert 1994 grootliks onveranderd gebly en laat net toe vir 104 landdroste om die hele land te bedien,” het Hango gesê.
“Planne is in die pyplyn om tydelike landdroste aan te stel om die las te verlig, maar finansiële beperkinge bly ’n uitdaging,” het sy gesê.
Hango het aan NMH gesê dat die vertraging met die aanstelling van nuwe landdroste, ondanks die feit dat onderhoude in Oktober verlede jaar afgehandel is, die krisis verder vererger.
Sy het verduidelik dat die werwingsproses ’n kortlys, skriftelike toetse, mondelinge onderhoude, psigometriese toetse en die finale goedkeuring van die minister van justisie op aanbeveling van die landdrostekommissie insluit.
Volgens ’n bron het die uitgerekte aard van die proses howe in die noordelike streke in so ’n mate geraak dat hulle sukkel om die oorweldigende sakelading te hanteer.
Kommer is ook geopper oor die ongelyke toekenning van landdroste met Windhoek waar verskeie landdroste aan een hof toegewys word, terwyl die noordelike streke ernstige tekorte ondervind.
“Die landdrostekommissie kan nie bykomende aanstellings voorstel tensy die struktuur amptelik uitgebrei en deur finansiële hulpbronne ondersteun word nie,” het Hango gesê.
Die werkslading op landdroste het nou kritieke vlakke bereik, met talle wat ’n buitensporige hoeveelheid sake moet hanteer.
“Dis ’n landswye kwessie en nie net tot die noordelike streke beperk nie,” het Hango beklemtoon.
“Die enigste werklike oplossing is om mannekrag te vergroot.”
Die tekort het ’n direkte impak gehad om dringende regskwessies soos borgtogaansoeke wat howe aangemoedig word om te prioritiseer. Vertragings duur egter onverpoosd voort weens die gebrek aan regsbeamptes om hierdie sake vinnig te verwerk.
Die groeiende bevolking en sakelas in die noorde van Namibië het ook die streke se oënskynlike gebrek aan die aanstelling van landdroste en hulpbronne beklemtoon.
“Soos baie instellings in Namibië staar die afdeling vir landdroste ernstige finansiële uitdagings in die gesig. Voldoende finansiering is nodig om te verseker laer howe kan doeltreffend funksioneer,” het Hango gemaan.
’n Kwessie wat veral kommer wek, is die gebrek aan ’n hof op Omuthiya, ten spyte van die bevolking wat voortgeset uitbrei.
“Omuthiya is as ’n setel van die hof verklaar en planne is onderweg vir die konstruksie van ’n hofgebou,” het sy gesê.
“Sulke ontwikkelings vereis egter die gevolglike aanstelling van landdroste en administratiewe personeel.”
Bykomend is die dringende kwessie van ’n beperkte aantal afloslanddroste, met net ses wat beskikbaar is om die oorbelaste regsbeamptes oraloor die land te ondersteun.
Tans is daar drie afloslanddroste wat op Oshakati gesetel is, terwyl die oorblywende drie die res van die land moet bedien. ’n Plaasvervanger sal na verwagting op 1 Maart vanjaar met sy of haar pligte begin.
“Die meerderheid afloslanddroste is aan die Oshakati-afdeling toegewys om ondersteuning te verleen waar die werkslading die swaarste is,” het Hango gesê.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie