Erfenisraad en ministers in hof oor ECC’s
Mynbedrywighede gestaak oor prehistoriese rotskuns
Ná 'n studie by die Otjohorongo-granietheuwels en Farm Gross Okandjou in die Erongostreek, en die gevolglike kansellering van 'n myn se omgewingsklaringsertifikate en lisensies, het Ekungungu die hof genader.
’n Regstryd woed tussen die Ekungungu-steengroefmyn en die voorsitter van die Nasionale Erfenisraad, die minister van myne en energie en die minister van die omgewing, bosbou en toerisme, om hul besluit – om die myn se omgewingsklaringsertifikate (EECׄ’s) en mynlisensies terug te trek – te hersien met die hoop dat dit tersyde gestel sal word.
Dit volg ná ’n verslag van die Nasionale Erfenisraad se kantoor aan die media uitgelek het aangaande mynbedrywighede wat tot die vernietiging van prehistoriese rotskuns in die Erongostreek lei.
Die verslag is saamgestel nadat lede van die Omatjetje-gemeenskap in Januarie 2020 hul kommer oor mynbedrywighede in die gebied uitgespreek het en die gebied daarna besoek en die skade bevestig is.
Die gebiede sluit die Otjohorongo-granietheuwels en Farm Gross Okandjou in.
Volgens die hofstukke was Ekungungu nie bewus van enige inspeksie of studie wat op die perseel uitgevoer is nie en het glo eers daarvan bewus geraak toe ’n berig in die media verskyn het.
Ekungungu se direkteur, mnr. Moses Sasamba, het navraag by die raad gedoen om die verslag in die hande te kry. Hulle het geweier om die verslag vir hom te gee aangesien die verslag nog nie gefinaliseer was nie.
“Die verslag het bloot deel van 'n groter wetgewende raamwerk gevorm en was slegs 'n voorlopige stap voordat die betrokke minister die finale besluit sou neem.
“Die verslag was nooit bedoel om met die joernalis gedeel te word nie,” lui die raad se beantwoordende beëdigde verklaring.
HOFAANSOEK VIR HERSIENING
Sasamba beweer in hul eisbesonderhede wat by die hoërhof in Windhoek ingedien is, dat die raad en die minister van myne en energie nie geleentheid vir hulle gegee het om enige vorm van voorstelling voor of selfs na afloop van die studie te maak nie.
“Die aanvang, uitvoering en voltooiing van die studie en meer spesifiek die aanbevelings in die verslag is irrasioneel, onredelik en arbitrêr. Die wyse waarop die studie uitgevoer is, was nie deursigtig of regverdig nie.
“Die eerste respondent [raad] het geen inligting aan die applikant beskikbaar gestel om die akkuraatheid van die studie te staaf nie,” lui Ekungungu se eisbesonderhede.
Op grond hiervan eis Ekungungu die hersiening en tersydestelling van die besluit wat deur die raad, minister van myne en energie en die minister van omgewing, bosbou en toerisme op 16 Februarie 2020 geneem is om 'n gesamentlike argeologiese evalueringstudie by Otjohorongo en Gross Kandjou Plaas te onderneem, asook alle besluite wat op grond van die aanbevelings en resolusies in die studie, geneem is. Dit sluit in hul besluit om die myn se lisensies en EEC’s terug te trek.
Hulle voer aan dat alle besluite wat op grond van die studie geneem is, strydig met artikel 18 en artikel 10 van die Namibiese Grondwet is en versoek die hof om dit nietig te verklaar en tersyde te stel.
Die respondente ontken dat Ekungungu ooit geleentheid gegun is om voorleggings te maak en dat hulle op geen manier teen artikels 10 en 18 opgetree het nie.
EIA’S WAS ‘ONVOLLEDIG’
Die basis van die onttrekking van die ECC’s is nie net gegrond op die vernietiging van argeologiese erfenishulpbronne nie, maar ook op 'n onvolledige omgewingsimpakstudie (EIA).
“Na die besoek aan die gebied het dit duidelik geword geen erfenisimpakstudie is gedoen voor mynbedrywighede van die aansoeker begin het nie.
“Die derde party wat die applikant se EIA-verslag gedoen het, het nie voldoende konsultasies met die gemeenskappe in die gebied gehou nie. Gevolglik het die aansoeker, asook ander entiteite, nie aan die bepalings van die omgewingsimpakstudie, die omgewingsbestuurswet of die Nasionale Erfeniswet voldoen nie,” lui die raad se verklaring.
Die partye het Dinsdag voor regter Marlene Tommasi verskyn vir voorverhoorverrigtinge.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie