Elindi se seun wil likwidasie stop
Die seun van een van die beskuldigdes in die Namcor-Enercon-korrupsieverhoor het die hoërhof genader om die likwidasie van Erongo Petroleum en Enercon te stop. Volgens Austin Elindi, seun van Peter Elindi, is dit om ‘n beleggingsooreenkoms van N$774 miljoen met 'n Hongkongse maatskappy te finaliseer, wat bedoel is om skuld aan die Nasionale Petroleumkorporasie van Namibië (Namcor) te vereffen.
Terwyl Austin nie ontken het dat die maatskappye wat besit word deur die bedrogbeskuldigdes en broers Peter en Malakia Elindi in finansiële nood verkeer nie, voer hy aan dat likwidasie voortydig is, aangesien die Hong Kong-gebaseerde Pacific Creation Limited Maandag ‘n brief van voorneme hieroor uitgereik het.
Austin, wat Erongo Petroleum besit en 'n aandeelhouer in Enercon is, sê die transaksie van US$44 miljoen sal die maatskappye se finansiële las verlig en gebruik word om uitstaande skuld aan krediteure, insluitend Namcor, te vereffen en werkkapitaal te verskaf om sakebedrywighede te laat herleef.
“Ek voer aan dat dit hierdie agbare hof mag behaag om sy diskresie uit te oefen ten gunste van die weiering van die bevel om die 1ste en 2de respondente te likwideer, op voorwaarde van die finalisering van die voorgestelde aandelebelegging vir die aangeduide tydperk van nie minder nie as ses maande,” lui sy beëdigde verklaring.
Die hoërhofregter Shafimana Ueitele het in Junie 'n voorlopige likwidasiebevel teen die Elindi’s uitgereik oor beweerde onbetaalde brandstofskuld van meer as N$380 miljoen wat aan Namcor verskuldig is. Hofdokumente dui daarop dat Erongo Petroleum wat deur Austin Elindi besit word, teen November 2023 ongeveer N$266,7 miljoen aan Namcor geskuld het.
Enercon Namibia, met mede-eienaars Peter en Malakia Elindi, het 'n uitstaande skuld van N$114.6 miljoen gehad.
Beide entiteite is onder die administrasie van die meester van die hoërhof onder die voorlopige likwidateur Alwyn van Straten geplaas.
Austin het gesê die likwidasie van hul maatskappye uitgestel moet word omdat die Namibiese Weermag (NDF) steeds geld aan Enercon skuld.
Hy hou vol dat die fondse wat van die regering verwag word, Enercon in staat sal stel om sy skuld met Erongo Petroleum te vereffen.
“Vanaf Mei 2025 het my prokureurs op hofrekord aan die aansoeker se (Namcor) advokaat geskryf om te bevestig dat Enercon my maatskappy geld skuld.
Op grond van die skuld van die ministerie van verdediging en veteranesake, is dit noodsaaklik dat die likwidasie nie voortgesit word totdat die ministerie sy skuld aan Enercon vereffen het nie en sodat Enercon Erongo Petroleum vrywaar.
Pacific Creation Limited, die maatskappy wat van voorneme is om in Enercon en Erongo Petroleum te belê, het verklaar dat sy bankiers - China Minsheng Bank in Hong Kong, 'n saldo van meer as HK$ 618 miljoen (ongeveer N$1.6 miljard) vanaf 18 Julie 2025 bevestig het.
Die bankbevestiging is saam met 'n voornemebrief ingedien as bewys van finansiële kapasiteit om die voorgestelde aandelebelegging van US$ 44 miljoen deur te voer.
Die belegger se fondse, volgens Elindi, sal die operasionele kapasiteit van beide entiteite laat herleef.
Peter, Malakia en sy vrou, Lydia Elindi, word geïmpliseer en is van die sentrale figure in beweerde onwettige brandstoftransaksies in die Namcor-Enercon- korrupsieverhoor.
Onder die aangeklaagdes is Namcor se voormalige besturende direkteur Immanuel “Imms” Mulunga, voormalige waarnemende hoof van verskaffing en logistiek Cornelius “Cedric” Willemse, voormalige kommersiële bestuurder Olivia Dunaiski, voormalige hoof finansiële beampte Jennifer Hamukwaya en haar man Panduleni Hamukwaya, sowel as sakeman Leo Nandago Stefanus.
Die beskuldigdes staan tereg op altesaam 71 kriminele klagte, insluitend bedrog, geldwassery en oortredings van die wet teen korrupsie, wat voortspruit uit brandstofverkryging en handelsaktiwiteite wat na bewering deurspek is met onreëlmatighede en omkoopgeld. - [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie