Sidney Halupe. Foto verskaf
Sidney Halupe. Foto verskaf

'Ek is die slagoffer'

Adam Hartman
Sidney Halupe (33) wat op Swakopmund van verkragting aangekla is, het Maandag in die landdroshof op die dorp die klagte teen hom ontken en tydens sy formele borgtogaansoek gesê dit is eerder hy wat die slagoffer is. Halupe wat deur Marco Kazondana van Sisa Namandje & Co. Inc. verteenwoordig word, het getuig dat die enigste daad waarvoor hy skuld kon aanvaar die feit is dat hy sy verloofde verneuk het.

Volgens sy getuienis het die klaer en ‘n werknemer ('n vrou) van hom op 1 Desember na sy kantoor gekom om ’n werksgeleentheid te bespreek. Dit was volgens Halupe professioneel en hy het ook later vir hul middagete betaal. Hulle het hom later gebel en gevra om hulle op te tel, met albei die vroue wat die agtersitplek van sy motor gesit het. Halupe het aangebied om die klaer terug na haar werk te neem, maar volgens hom het sy glo daarop aangedring dat hy eers sy werknemer by sy besigheid gaan aflaai. Hier het hy die vrou afgelaai en vinnig in gegaan om fakture op te tel. Met sy terug keer na sy motor het die klaer glo toe op die voorste passasiersitplek gesit. Halupa het getuig die klaer het glo seksuele kontak inisieer terwyl hy bestuur het en hul gesprekke het om verhoudings en seks gewentel. Hy en die klaer het na ‘n gedeelte van die strand tussen Swakopmund en Walvisbaai gery waar hy nie hier seks met die klaer wou hê nie omdat dit in die openbaar sou wees. Haar voorstel dat hulle na sy huis toe gaan, het Halupe verwerp omdat familielede hier was. Halupa en die klaer het in die rigting van Swakopmund gery en naby die pyplyn voor die padblokkade naby die DRC-informele nedersetting afgedraai. Volgens Halupe het hulle gepraat oor die feit dat ’n verhouding tussen hulle nie moontlik sou wees nie en wat hy beweer die klaer so aanvaar het. Hulle het na die agterste sitplek van sy kar geskuif het en seks gehad het.

"Dit was heeltemal konsensueel," het Halupe getuig en gesê die klaer in geen stadium aangedui dat sy nie wou seks hê nie. Hy het haar later by haar werksplek afgelaai.

BEWEEERDE MOTIEF

Halupa het ontken dat die klaer verstandelik gestremd is en het haar as 'n bekwame persoon beskryf wat met rekenaars gewerk het, voorstelle getik het en idees bygedra het. Hy het ook enige voorstel dat die klaer minderjarig was verwerp.

Volgens hom het hy en die vrou goed saamgewerk, het ‘n band tussen hulle ontwikkel, hulle saam geoefen en koffie gedrink en ook projekte en sake bespreek. Halupe het ook getuig dat hulle op ‘n stadium gesoen het. Volgens hom het die verhouding tussen hom en die mense by die gimnasium waar die klaer gewerk het ná die beweerde verkragtingsvoorval versleg. Halupe het getuig hy het vir sowat ses jaar die gimnasium met onder meer bemarking gehelp, maar het gevoel hy het niks in ruil hiervoor ontvang nie. Dit is tot dryfpunt gebring nadat hy die bestuur, insluitend die klaer, ingelig het dat hy ander geleenthede gaan volg. Halupe het verwys na ‘n emosionele reaksie waarin die bestuur hom glo gesmeek het om nie te gaan nie en wat volgens hom op kameras in die gimnasium vasgevang is. Die feit dat hy alle bande met die gimnasium verbreek het, is volgens hom ‘n moontlike motief vir die verkragtingsklag.

'WETSGEHOORSAME BURGER'

Halupe het getuig toe die polisie hom op 12 Desember gekontak het terwyl hy saam met sy gesin na Windhoek gereis het, hy onmiddellik na Swakopmund teruggekeer het en homself oorgegee het.

“Ek is 'n wetgehoorsame burger,” het hy gesê.

Volgens hom is sy familie, besighede en reputasie in Swakopmund gewortel en het hy nêrens anders om heen te vlug nie. Hy het die staat se bewerings betwis van 'n prima facie-saak en dat sy vrylating op borgtog nie in die openbare belang sou wees nie.

“Ek is nie skuldig bevind nie. Ek is onskuldig,” het hy gesê. Volgens hom het hy reeds ernstige skade aan sy reputasie gelei, sakegeleenthede verloor en is daar druk op sy familie.

Die beweerde verkragting van die 20-jarige siggestremde klaer het op 1 Desember naby die Nonidas-pyplyn plaasgevind het. – [email protected]

Kommentaar

Republikein 2025-12-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer