Dringende hofaansoek teen sportkommissie

Verlede week in hof verskyn
'n Voormalige werknemer van die Namibiese Sportkommissie sleep die kommissie, die sportminister en die finansminister hof toe.
Kristien Kruger
Die voormalige hoof van finansies en administrasie van die Namibiese Sportkommissie (NSC) het ’n dringende aansoek teen die kommissie by die hoërhof in Windhoek aanhangig gemaak, waarin hy eis dat raadslede onregmatig aangestel is en die besluit om nie sy dienskontrak te hernu nie, ongeldig is.

Junias Thomas Hamalua versoek die hof om die aanstelling van sewe raadslede van NSC, wie se aanstelling vanaf 28 Febraurie in werking getree het, tersyde gestel moet word en om die raad se besluit om nie sy dienskontrak te hernu nie, nietig te verklaar.

Die saak is teen die NSC, die minister van sport, jeug en nasionale diens, Agnes Tjongarero, en die minister van finansies en openbare ondernemings, Iipumbu Shiimi, aanhangig gemaak. Die betrokke sewe raadslede en die hoofadministrateur van die NSC is ook as respondente gelys.

Partye het Donderdag voor regter Claudia Claasen verskyn.

Hamalua is die afgelope vyf jaar in diens by die NSC en sy werkskontrak het op 31 Maart 2023 geëindig.

Hy beweer in sy verklaring dat dit die hoofadministrateur se besluit was om hom nog ’n vastetermynkontrak aan te bied.

Die betrokke administrateur het glo in Januarie ’n prestasie-evaluering ten opsigte van Hamalua se werk voltooi wat gebruik sou word om te bepaal of hy nog ’n dienskontrak aangebied sou word.

“My algehele prestasie is op 70,4% gegradeer en die administrateur het aangeteken dat my prestasie ’baie goed’ is. Hy het my meegedeel dat daar hoegenaamd geen huiwering van sy kant was om my dienskontrak vir nog vyf jaar – vanaf 1 April 2023 tot 31 Maart 2028 – te hernu nie,” lui Hamalua se verklaring.

Hy voer aan die administrateur het die mag en reg om kontrakte van uitvoerende amptenare, soos Hamalua, te hernu en beweer die NSC se besluit om nie sy dienskontrak te hernu nie, was onregmatig.

Die respondente beweer egter die hoofadministrateur het geen finale of inherente mag om die hernuwing van Hamalua se diensooreenkoms goed te keur sonder die finale goedkeuring van die NSC-raad nie.

“Die raad het binne sy mandaat en bevoegdhede die administrateur se voorstelle om die diensooreenkoms van die applikant [Hamalua] te hernu, verwerp,” het NSC-lid, Turky Tiisa Ndashiiva, in haar verklaring aangevoer.

Tjongarero het in haar verklaring, wat op 12 April by die hof ingedien is, met Ndashiiva saamgestem dat die raad die finale goedkeuring moet gee.

Sy sê die administrateur is onderworpe aan die beheer en opdragte van die NSC en sy raad en dat die administrateur slegs dié opdragte moet uitvoer.

Tjongarero het verder ook die geldigheid van die administrateur se prestasie-evaluering onder die loep geneem.

“Dit is onredelik dat die applikant sulke hoëprestasietellings kan hê en die administrateur tevrede kon wees met sy prestasie as ’n mens in ag neem – wat deur Ndashiiva gestel word – dat hy nie geouditeerde finansiële state vanaf 2019 tot 2022 ingedien het nie.”

“Die applikant kon nie verwag dat sy kontrak hernu sou word as die mees basiese funksie soos die verkryging van geouditeerde finansiële verslae nie onder sy toesig verkry kon word nie. Die prestasietellings wat aan die aansoeker toegeskryf word, is nie redelik nie en moet verwerp word,” het Tjongarero aangevoer.

Op reaksie op Hamalua se bewering dat die aanstelling van die raadslede onwettig was, het Ndashiiva in haar verklaring gesê dat dié bewering “geen meriete dra nie en dit suiwer gebaseer is op ’n verkeerde interpretasie en aannames”.

DRINGENDHEID

Hamalua het aangevoer dat die aansoek dringend is omdat hy nie meer ’n salaris sal verdien nie en dat sy vrou en drie skoolgaande kinders se bestaan van sy salaris afhanklik is.

“Ek sal waarskynlik my huis verloor waarvoor ek N$20 100 uit my salaris aan my verbandpaaiement betaal het en ek het geen ander bron van inkomste nie. Ek skuld steeds ’n bedrag van N$1,8 miljoen op my verband.”

Hamalua betaal glo ook maandelikse paaiemente op sy voertuig, waarvan sy gesin ook gebruik maak, asook ander maandelikse aftrekkings soos mediese fonds en pensioen.

Tjongarero en Ndashiiva het egter die dringendheid van sy aansoek in hul verklarings uitgedaag. Hulle beweer Hamalua het in sy funderende beëdigde verklaring geen gronde vir die beweerde dringendheid uitgestippel nie.

Hul eis dat die saak ten opsigte hiervan van die hand gewys moet word.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-05-18

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Manchester United 3 vs 2 Newcastle | Brighton 1 vs 2 Chelsea LaLiga: Real Sociedad 1 vs 0 Valencia | Almería 0 vs 2 Barcelona | Las Palmas 2 vs 2 Real Betis | Celta Vigo 2 vs 1 Athletic Club | Getafe 0 vs 3 Atletico Madrid | Sevilla 0 vs 1 Cadiz | Rayo Vallecano 2 vs 1 Granada SerieA: Fiorentina 2 vs 2 Napoli European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City English Championship: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City Katima Mulilo: 10° | 31° Rundu: 10° | 30° Eenhana: 12° | 31° Oshakati: 13° | 31° Ruacana: 12° | 31° Tsumeb: 14° | 29° Otjiwarongo: 12° | 27° Omaruru: 13° | 30° Windhoek: 12° | 27° Gobabis: 13° | 27° Henties Bay: 19° | 33° Wind speed: 41km/h, Wind direction: NE, Low tide: 06:32, High tide: 12:50, Low Tide: 18:28, High tide: 00:56 Swakopmund: 20° | 23° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SE, Low tide: 06:30, High tide: 12:48, Low Tide: 18:26, High tide: 00:54 Walvis Bay: 22° | 32° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SE, Low tide: 06:30, High tide: 12:47, Low Tide: 18:26, High tide: 00:53 Rehoboth: 12° | 27° Mariental: 16° | 29° Keetmanshoop: 17° | 29° Aranos: 16° | 29° Lüderitz: 19° | 35° Ariamsvlei: 16° | 31° Oranjemund: 14° | 31° Luanda: 24° | 28° Gaborone: 13° | 27° Lubumbashi: 11° | 27° Mbabane: 11° | 23° Maseru: 8° | 23° Antananarivo: 14° | 24° Lilongwe: 15° | 26° Maputo: 19° | 26° Windhoek: 12° | 27° Cape Town: 15° | 20° Durban: 16° | 24° Johannesburg: 15° | 24° Dar es Salaam: 24° | 32° Lusaka: 15° | 26° Harare: 12° | 26° Currency: GBP to NAD 23.01 | EUR to NAD 19.73 | CNY to NAD 2.51 | USD to NAD 18.15 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.3 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.7 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.55 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.35 | USD to AOA 847.42 | USD to BWP 13.49 | USD to EGP 46.86 | USD to KES 130.48 | USD to NGN 1467 | USD to ZAR 18.15 | USD to ZMW 25.45 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 79530.63 Up +0.03% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1754.58 Up +0.81% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13426.13 Up +0.11% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26142.84 Up +3.27% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9151.06 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 414.72/OZ UP +1.55% | Copper US$ 5.04/lb UP +4.12% | Zinc US$ 3 059.30/T UP 0.11% | Brent Crude Oil US$ 84.28/BBP UP +0.60% | Platinum US$ 1 084.88/OZ UP +2.19% Sport results: Premier League: Manchester United 3 vs 2 Newcastle | Brighton 1 vs 2 Chelsea LaLiga: Real Sociedad 1 vs 0 Valencia | Almería 0 vs 2 Barcelona | Las Palmas 2 vs 2 Real Betis | Celta Vigo 2 vs 1 Athletic Club | Getafe 0 vs 3 Atletico Madrid | Sevilla 0 vs 1 Cadiz | Rayo Vallecano 2 vs 1 Granada SerieA: Fiorentina 2 vs 2 Napoli European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City English Championship: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City Weather: Katima Mulilo: 10° | 31° Rundu: 10° | 30° Eenhana: 12° | 31° Oshakati: 13° | 31° Ruacana: 12° | 31° Tsumeb: 14° | 29° Otjiwarongo: 12° | 27° Omaruru: 13° | 30° Windhoek: 12° | 27° Gobabis: 13° | 27° Henties Bay: 19° | 33° Wind speed: 41km/h, Wind direction: NE, Low tide: 06:32, High tide: 12:50, Low Tide: 18:28, High tide: 00:56 Swakopmund: 20° | 23° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SE, Low tide: 06:30, High tide: 12:48, Low Tide: 18:26, High tide: 00:54 Walvis Bay: 22° | 32° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SE, Low tide: 06:30, High tide: 12:47, Low Tide: 18:26, High tide: 00:53 Rehoboth: 12° | 27° Mariental: 16° | 29° Keetmanshoop: 17° | 29° Aranos: 16° | 29° Lüderitz: 19° | 35° Ariamsvlei: 16° | 31° Oranjemund: 14° | 31° Luanda: 24° | 28° Gaborone: 13° | 27° Lubumbashi: 11° | 27° Mbabane: 11° | 23° Maseru: 8° | 23° Antananarivo: 14° | 24° Lilongwe: 15° | 26° Maputo: 19° | 26° Windhoek: 12° | 27° Cape Town: 15° | 20° Durban: 16° | 24° Johannesburg: 15° | 24° Dar es Salaam: 24° | 32° Lusaka: 15° | 26° Harare: 12° | 26° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.01 | EUR to NAD 19.73 | CNY to NAD 2.51 | USD to NAD 18.15 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.3 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.7 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.55 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.35 | USD to AOA 847.42 | USD to BWP 13.49 | USD to EGP 46.86 | USD to KES 130.48 | USD to NGN 1467 | USD to ZAR 18.15 | USD to ZMW 25.45 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 79530.63 Up +0.03% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1754.58 Up +0.81% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13426.13 Up +0.11% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26142.84 Up +3.27% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9151.06 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 414.72/OZ UP +1.55% | Copper US$ 5.04/lb UP +4.12% | Zinc US$ 3 059.30/T UP 0.11% | Brent Crude Oil US$ 84.28/BBP UP +0.60% | Platinum US$ 1 084.88/OZ UP +2.19%