Die Bwabwata Nasionale Park is ’n Ramsar-terrein. Foto argief
Die Bwabwata Nasionale Park is ’n Ramsar-terrein. Foto argief

Dringende hofaansoek oor toerismekonsessie

Agt lodge-eienaars is applikante
Pohamba Shifeta en die omgewingskommissaris is onderskeidelik die eerste en tweede respondente.
Francoise Steynberg
Die toekenning van ’n toerismekonsessie in die Bwabwata Nasionale Park in die Kavango-Oosstreek word in die hoërhof in Windhoek uitgedaag.

’n Dringende aansoek is voor regter Beatrix de Jager deur agt lodge-eienaars in die omgewing van Bwabwata teen die minister van die omgewing, bosbou en toerisme, die omgewingskommissaris, Nyime Safari Lodge, die Kyaramacan-vereniging en Buffalo Private Lodge gebring.

Voorverhoorverrigtinge het Woensdag plaasgevind en die aanhoor van die dringende aansoek is op die rol geplaas vir verkiesingsdag op 27 November.

Die agt lodges is Shamvura Camp, Shametu River Lodge, Riverdance, Ngepi Camp, Ndhovu Safari Lodge, Divundu Guest House, Nunda River Lodge en Divava Okavango Resort Spa en Safaris.

“Die doel van hierdie aansoek is om ’n administratiewe hersiening van die spesifieke besluite van die minister, Pohamba Shifeta, en die omgewingskommissaris, Timoteus Mufeti, te verkry,” lui die beëdigde verklaring van die eerste applikant, Mark Paxton van Shamvura Camp.

Dit behels onder meer die minister se besluit om ’n konsessiekontrak met Nyime te sluit vir die bestuur en bedryf van die Kavango-Suid-konsessie, en derhalwe die kontrak tersyde te stel.

Die lodges bevraagteken ook Mufeti se besluit om ’n omgewingsklaringsertifikaat (ECC), gedateer 1 September, aan Nyime Safari Lodges (wat handel dryf as Buffalo Lodge Kavango East Region) uit te reik. Die konsessie is in die sensitiewe Ramsar-vleilandgebied geleë.

Paxton meen Buffalo Private Lodge het eers onlangs ’n omgewingsimpakstudie gedoen het.

Die applikante versoek verder ’n tussentydse interdik om verdere ontwikkelings te stop en om die status quo te handhaaf. Hulle beweer hulle was nie deel van die konsultasieproses van die konsessie nie en is nooit na vergaderings uitgenooi nie.

“Ons glo dat Kyaramacan die konsessie aan Buffalo Private Lodge toegeken het, die minister het dit goedgekeur en die kontrak is gesluit,” lui die verklaring.

Dit behels onder meer die eksklusiewe reg om ’n luukse tentlodge in die Buffalo-kerngebied in Bwabwata te ontwikkel met verskeie geboue insluitend ’n restaurant, kamers, lesingsaal, amfiteater, boma en inligtingsentrum. Die konsessiehouer het ook die eksklusiewe reg om ’n kampterrein met ’n verdere 25 luukse tente te ontwikkel, asook om kampplekke, piekniekgeriewe en kiosks langs die sogenaamde “goue toerismesnelweg” tussen Rundu en Katima Mulilo te ontwikkel en te bedryf.



SMITH AANGEKLA

Volgens Paxton het Wouter Smith van Niyme Tembo Safari Lodge eers gedurende 2023 gestig met die oënskynlike onwettige toestemming van die Mbukushu-hoofman, Ernst Mbamba.

“Kommissaris Boni Kanyetu van die Namibiese polisie het my meegedeel dat Smith gearresteer en aangekla is vir onwettige betreding en boubedrywighede in Bwabwata na aanleiding van ’n saak wat deur die omgewingsministerie by die Divundu-polisiekantoor onder saaknommer CR 01 05.2023 aanhangig gemaak is.”

Paxton sê die saak is tans hangende met die volgende hofdatum wat vir 26 November vasgestel is.

Hy sê Smith is ’n paar maande gelede deur ’n direkteur in die omgewingsministerie (MEFT) beveel om Tembo Safari Lodge te sluit.

“Smith woon steeds by Tembo en bedryf dit vir kommersiële gewin, genereer ’n inkomste uit gaste en ignoreer die instruksies van MEFT. Dit is vanaf Tembo dat hy sy ontwikkeling uitvoer vir die tweede lodge, waarvoor die konsessie aan hom toegeken is.

“Hierdie tweede ontwikkeling staan onder die naam Nyime en konstruksie by die perseel het begin lank voordat die ECC op 1 September uitgereik is, so vroeg as Mei,” lui die verklaring.



LANDMYNE

Volgens Paxton het ’n natuurbewaarder die omliggende lodges op 10 Oktober ingelig dat as hulle ’n harde slag hoor, hulle nie bekommerd moet wees nie aangesien dit die ministerie se span sou wees wat operasies uitvoer.

“Sowat 30 minute later was daar inderdaad ’n massiewe ontploffing by die Smith-terrein. Ons het later by plaaslike inwoners verneem dat die span ’n beheerde ontploffing uitgevoer het van ’n landmyn wat op die terrein ontdek is.”

Paxton meen dit wek ernstige kommer oor veiligheid met die konstruksie van ’n toeristelodge op ou ’n militêre terrein. Die voormalige Suid-Afrikaanse 32 Bataljon-weermagbasis is in die Buffalo-kerngebied geleë.

“Met geen sekerheid oor die teenwoordigheid van meer landmyne nie, is dit ’n risiko. As ’n toeris in ’n nasionale park benadeel sou word, kan dit rampspoed vir die hele toerismebedryf in die gebied beteken.”

Die respondente staan die aansoek teen. Die applikante se kennisgewing van verwydering en herregistrasie van 19 November is geskrap met koste. Die applikante moet Nyime en Buffalo Safari Lodge se koste vir die hofverskyning van Woensdag betaal.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2025-01-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 19° | 27° Rundu: 19° | 30° Eenhana: 20° | 35° Oshakati: 23° | 34° Ruacana: 21° | 35° Tsumeb: 19° | 28° Otjiwarongo: 19° | 30° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 22° | 31° Gobabis: 20° | 32° Henties Bay: 16° | 21° Swakopmund: 16° | 18° Walvis Bay: 16° | 21° Rehoboth: 22° | 34° Mariental: 25° | 36° Keetmanshoop: 23° | 39° Aranos: 24° | 36° Lüderitz: 16° | 28° Ariamsvlei: 22° | 39° Oranjemund: 15° | 25° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 22° | 31° Lubumbashi: 17° | 19° Mbabane: 16° | 25° Maseru: 17° | 32° Antananarivo: 17° | 25° Lilongwe: 17° | 26° Maputo: 22° | 32° Windhoek: 22° | 31° Cape Town: 17° | 29° Durban: 21° | 25° Johannesburg: 17° | 29° Dar es Salaam: 27° | 32° Lusaka: 17° | 21° Harare: 17° | 21° Currency: GBP to NAD 22.92 | EUR to NAD 19.09 | CNY to NAD 2.5 | USD to NAD 18.09 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.28 | EGP to NAD 0.36 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.66 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3 | RUB to NAD 0.17 | INR to NAD 0.21 | USD to DZD 132.89 | USD to AOA 910.98 | USD to BWP 13.67 | USD to EGP 49.54 | USD to KES 129.61 | USD to NGN 1678.72 | USD to ZAR 18.09 | USD to ZMW 26.95 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 84700.44 Up +1.25% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1834.96 Up +2.25% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 16021.76 Down -0.37% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 29728.61 Up +0.42% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 10061.77 Up +0.02% | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 707.89/OZ UP +0.42% | Copper US$ 4.28/lb DOWN -0.0119 | Zinc US$ 2 982.00/T UP 0.82% | Brent Crude Oil US$ 79.98/BBP DOWN -0.0153 | Platinum US$ 947.74/OZ DOWN -0.0015 Sport results: Weather: Katima Mulilo: 19° | 27° Rundu: 19° | 30° Eenhana: 20° | 35° Oshakati: 23° | 34° Ruacana: 21° | 35° Tsumeb: 19° | 28° Otjiwarongo: 19° | 30° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 22° | 31° Gobabis: 20° | 32° Henties Bay: 16° | 21° Swakopmund: 16° | 18° Walvis Bay: 16° | 21° Rehoboth: 22° | 34° Mariental: 25° | 36° Keetmanshoop: 23° | 39° Aranos: 24° | 36° Lüderitz: 16° | 28° Ariamsvlei: 22° | 39° Oranjemund: 15° | 25° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 22° | 31° Lubumbashi: 17° | 19° Mbabane: 16° | 25° Maseru: 17° | 32° Antananarivo: 17° | 25° Lilongwe: 17° | 26° Maputo: 22° | 32° Windhoek: 22° | 31° Cape Town: 17° | 29° Durban: 21° | 25° Johannesburg: 17° | 29° Dar es Salaam: 27° | 32° Lusaka: 17° | 21° Harare: 17° | 21° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 22.92 | EUR to NAD 19.09 | CNY to NAD 2.5 | USD to NAD 18.09 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.28 | EGP to NAD 0.36 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.66 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3 | RUB to NAD 0.17 | INR to NAD 0.21 | USD to DZD 132.89 | USD to AOA 910.98 | USD to BWP 13.67 | USD to EGP 49.54 | USD to KES 129.61 | USD to NGN 1678.72 | USD to ZAR 18.09 | USD to ZMW 26.95 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 84700.44 Up +1.25% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1834.96 Up +2.25% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 16021.76 Down -0.37% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 29728.61 Up +0.42% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 10061.77 Up +0.02% | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 707.89/OZ UP +0.42% | Copper US$ 4.28/lb DOWN -0.0119 | Zinc US$ 2 982.00/T UP 0.82% | Brent Crude Oil US$ 79.98/BBP DOWN -0.0153 | Platinum US$ 947.74/OZ DOWN -0.0015