Diamantwaardasie draai in hof
Nuska wil kontrak met Namdia verleng
Die minister van myne en energie sê die wet verplig hom net om diamante te laat waardeer wanneer hulle gemyn word, vir die doel om belasting en tantieme vas te stel.
Die saak waarin Nuska Technologies die minister van myne en energie hof toe sleep, is Dinsdag in die hoërhof in Windhoek aangehoor.
Die saak handel oor dié maatskappy se waardasie van Namib Desert Diamonds (Namdia) se diamante.
Regter Shafimana Ueitele het oorgeneem nadat regter Hosea Angula homself op 18 Oktober weens botsende belange aan die saak onttrek het.
Nuska, voorheen bekend as C-Sixty Investment, was die waardeerder van Namdia se ongeslypte diamante. Minister Tom Alweendo het in September 2020 dié kontrak op ys geplaas.
Daarna het die maatskappy arbitrasiestappe gedoen en die beslissing was dat die vyfjaarooreenkoms hernu moet word. Die minister staan ’n aansoek teen om dié arbitrasiebevel ’n hofbevel te maak.
Alweendo beweer in sy beëdigde verklaring dat onreëlmatighede gedurende die arbitrasieproses voorgekom het. Geen kennisgewing van enige geskil is ingedien nie, sê hy.
Hy sê die bevel is ‘n poging om ’n onwettige ooreenkoms te laat voortduur. Dit aangesien daar geen openbare mededinging vir die oorspronklike ooreenkoms was nie en die Openbare Verkrygingswet no. 15 van 2015 nie die verlenging van so ’n ooreenkoms toelaat nie.
Alweendo sê verder geen geskil het tussen die partye bestaan nie, wat arbitrasie in die eerste plek nie sou regverdig nie, en dat Namdia nie waardasiedienste benodig nie.
Hy sê die maatskappy het aanvanklik die kennisgewing van die opskorting van die ooreenkoms aanvaar.
Nuska se regsverteenwoordigers, adv. Raymond Heathcote en James Diedericks, hou egter vol dat die outomatiese verlenging van die aanvanklike ooreenkoms nie onwettig is bloot omdat die minister so sê nie, en dat Alweendo moet bewys dat die ooreenkoms onwettig is.
Hulle sê die bevel is ingevolge die diensvlakooreenkoms gemaak, dat die geskil binne die ooreenkoms val, die arbiters ingevolge die ooreenkoms aangestel is, en dat die arbiters die bevel gegee het maar dit nooit uitgevoer is nie.
C-Sixty was ’n omstrede onderneming wat vir sy eienaars, waaronder John Walenga, Tironenn Kauluma en Doron Cohen, oor die jare sowat N$138 miljoen in die sak gebring het, luidens plaaslike mediaberigte.
Die maatskappy het danksy Cohen toegang tot vaardighede en eksklusiewe gevorderde tegnologiese toerusting vir die waardasie van diamante. Cohen is steeds by Nuska betrokke, nadat Walenga en Kauluma uitgekoop is. Dirk Conradie verteenwoordig Nuska in die saak.
Gedurende ’n openbare verhoor wat die Nasionale Vergadering se staande parlementêre komitee oor die ekonomie met die ministerie op 17 November belê het, het Alweendo aangedring dat Namdia nie waardasiedienste benodig nie.
Dit ten spyte van parlementslid Elizabeth Becker se aanhaling van ’n regsopinie vanaf die prokureur-generaal se kantoor, wat daarop dui dat die verkoop- en bemarkingsooreenkoms tussen die diamantreus De Beers en die regering, die onafhanklike waardasie van Namdia se diamante verplig.
Alweendo sê hy het sy eie regsopinie en die wet verplig hom net om diamante te laat waardeer wanneer hulle gemyn word, vir die doel om belasting en tantieme vas te stel.
Die ouditeur-generaal se verslag oor die diamantwaardasiefonds vir 2019 en 2020 wat verlede maand aan die parlement voorgelê is, toon egter dat die geld vir bykomende waardasiedienste opgedroog het.
Volgens die verslag is dit onduidelik of die fonds kan voortbestaan na verliese van N$31 miljoen in 2019 en ongeveer N$7,8 miljoen in 2020. Dit laat die fonds in 2020 met laste wat sy bates met N$9,6 miljoen oorskry.
Intussen hou Namdia vol dat pakkies diamante wat die maatskappy vanaf die Namibia Diamond Trading Company (NDTC) aankoop wel geëvalueer en gesorteer word, en dat individuele diamante volgens karaat, kleur, helderheid en snit waardeer word.
Namdia maak dan sy eie gelyke pakkies vir sy kliënte op, apart vir spesiale diamante wat afsonderlik aan kliënte verkoop word.
Namdia bedien 36 kliënte wat deur sy interne komitee gekies is, en volgens woordvoerder Beverley Coussement: “Weet geen werknemer binne die diamanthanteringspan tydens die sortering watter pakkies vir watter kliënte bestem is nie.”
In terme van Namdia se doel om internasionale diamantpryse vir Namibiese diamante vas te stel, sê die staatsonderneming dat dit dié jaar 28,4% bo die koopprys kon haal, die hoogste sedert die die maatskappy sy deure geopen het, en gemiddeld 17,5% bo die koopprys, vir die jaar.
Ueitele het die verhoor tot 1 Maart volgende jaar uitgestel.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie