Diamantrooftog: Beseerde verdagte borgtog geweier
Soektog na ‘meer verdagtes’ duur voort
Sam Shololo is op 21 Januarie uit die hospitaal ontslaan en die hof het gister beslis dat hy vir eers agter tralies moet bly.
’n Oudsoldaat en die tweede beskuldigde in die Namib Desert Diamonds (Namdia)-rooftog, Sam Shololo, is borgtog geweier.
Landdros Olga Muharukua het gister Shololo se aansoek om borgtog in die Windhoek-landdroshof van die hand gewys.
Shololo is op 21 Januarie uit die hospitaal ontslaan, waar hy glo herstel het van ’n besering wat hy na bewering tydens die rooftog op 19 Januarie opgedoen het.
Hy het gister sonder regsverteenwoordiging in die hof verskyn, waartydens die staatsaanklaer, Rowan van Wyk, sy borgtogaansoek teengestaan het.
Van Wyk het ook die erns van die oortreding beklemtoon en kommer uitgespreek dat die vrylating van die beskuldigde die voortgesette ondersoeke kan belemmer, met getuies inmeng en beide openbare belang en regspleging kan ondermyn.
Die hof het die saak tot 23 Mei vir verdere ondersoek uitgestel en om vir Shololo die geleentheid te gun om vir regshulp aansoek te doen.
TEENSTRYDIGE WEERGAWES
Een van die gronde waarop Van Wyk gesteun het in sy poging om die hof te oortuig om nie borgtog aan Shololo toe te staan nie, was die bewering dat verdere verdagtes steeds op vrye voet is en opgespoor moet word.
Dié argument is teenstrydig met wydverpreide berigte dat die polisie se voorlopige ondersoek aangedui het geen verdagtes het van die toneel gevlug nie.
Network Media Hub (NMH) het verlede week berig ’n ingeligte bron meen polisiebeamptes of private sekuriteitswagte het moontlik ’n rol in die rooftog van 446 diamantpakkies by Namdia gespeel.
“Niemand het van die toneel gevlug nie, so die weergawe dat sommige verdagtes die vermiste diamante geneem het, word nie meer ondersoek nie.
“Dit is óf dat Angula al die vermiste pakkies gevat het en die meerderheid daarvan elders weggesteek het, óf iemand anders van die polisie of sekuriteitsmaatskappy het dit gesteel,” het die bron gesê.
Aanvanklike polisieverslae het voorgestel vier verdagtes, Joel Angula uitgesluit, was by die rooftog betrokke en dat twee van hulle met diamante ter waarde van honderde miljoene dollars op die vlug geslaan het.
Angula en Shololo staan albei tereg op soortgelyke aanklagte van moord, twee aanklagte van poging tot moord, roof en die besit van ongeslypte diamante.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie