Daries-saak: 'Ek het hom om hulp hoor skree'
’n Saak wat voortspruit uit die wrede aanranding van Shelldou Daries (nou 25), wat hom glo permanent gestremd en aan ’n rolstoel gekluister gelaat het, het in die Windhoekse landdroshof hervat.
Die twee mans wat daarvan beskuldig word dat hulle Shelldou (toe 21) in September 2021 probeer vermoor het, Llewellyn Olivier en Alistair Steenkamp, glo goeie vriende van hom, is tans vry op borgtog.
Shelldou se neef, Dwayne, was verlede week in die getuiebank voor landdros Jozanne Klazen en het die gebeure herleef wat daartoe gelei het dat Shelldou in ’n Windhoekse hospitaal in ’n koma op lewensondersteuningsmasjiene beland het.
Dwayne het bevestig hy het albei beskuldigdes geken. “Op daardie dag was ons by Olivier se huis in Bethlehem vir sy pa se begrafnis. Daarna het ons, insluitend Shelldou, na sy plek teruggekeer om saam te kuier,” het hy getuig.
Dwayne het aan die hof gesê toe hy huis toe gegaan het om aan te trek en teruggekeer het, daar skynbaar ’n bakleiery tussen Shelldou, Olivier en Steenkamp uitgebreek het.
“Olivier het na my toe geloop, oor Shelldou gevra en gesê dat hy deur hom gesteek is. Ek het vir hom gesê ek het Shelldou by sy huis saam met al die ander gelos,” het Dwayne getuig.
Hy het gesê terwyl hulle gepraat het, het Shelldou by hulle aangesluit.
“Toe hy nader gekom het, het ’n bakleiery uitgebreek. Dit is toe dat Olivier en Steenkamp hom met hul vuiste begin aanval het,” het Dwayne gesê.
“Ek het hom om hulp hoor skree.”
‘HELP, HELP!’
Die twee beskuldigdes het na bewering vir Shelldou in die huis ingedra en die aanranding het voortgeduur.
“Al wat ek gehoor het was Shelldou wat om hulp skree,” het Dwayne getuig.
“Waar was jy terwyl dit gebeur het?” het staatsaanklaer Mwaka Matengu gevra.
Hy het geantwoord dat hy na bewering gedwing is om buite te bly nadat hy deur ander gedreig is dat hy seergemaak sou word as hy sou ingryp.
Volgens Dwayne het verskeie mense uiteindelik probeer om die aanval te stop, maar Olivier het na bewering almal gedreig wat dit gewaag het om hom te stop.
“Olivier het teruggegaan na die kamer waar hy homself en Shelldou toegesluit het en die aanranding voortgesit,” het Dwayne getuig.
“Shelldou het aanhou skree: ‘Tannie Jacky, tannie Jacky, help, help!’”
Hy het bygevoeg hy het herhaaldelik gevra om te kyk of Shelldou oukei is, maar Olivier het geweier.
Dwayne het getuig dat hy die volgende dag gevra is om Shelldou se droë bloed op die vloer skoon te maak.
Teen daardie tyd was Shelldou na bewering na ’n ander kamer geskuif, waar hy glo ’n dag sonder mediese sorg gelê het voordat hy hospitaal toe geneem is.
Ná die aanranding was Shelldou in ’n koma en op lewensondersteuning geplaas. Hy moes ook ’n noodoperasie ondergaan wat etlike ure geduur het. Shelldou het drie maande in die intensiewesorgeenheid deurgebring, voeding deur ’n voedingsbuis ontvang en is later na ’n gewone saal oorgeplaas. Hy is daarna in die sorg van sy ma, Joanie Daries, ontslaan.
Verrigtinge sal na verwagting vandeesweek voortduur.
Olivier word deur sy private prokureur, Garth Joseph, verteenwoordig terwyl Steenkamp se regsverteenwoordiger Moses Ikanga is.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie