Brian Jaftha, die president van die Ganja Users of Namibia (GUN) en die Rastafari United Front (RUF), is Maandag vir twee jaar tronk toe gestuur. Foto argief
Brian Jaftha, die president van die Ganja Users of Namibia (GUN) en die Rastafari United Front (RUF), is Maandag vir twee jaar tronk toe gestuur. Foto argief

Dagga-aktivis tronk toe

Grondwetlike uitdaging duur voort, sê prokureur
Die president van GUN en RUF is gister twee jaar tronkstraf opgelê nadat hy die wet vyf jaar gelede oortree het.
Augetto Graig
Die president van die Ganja Users of Namibia (GUN) en die Rastafari United Front (RUF) is gister tot twee jaar tronkstraf gevonnis ná hy vyf jaar gelede gevang is met dagga in sy besit.

Brian Jaftha sê die hof het nie sy verweer in ag geneem nie, wat insluit dat die ondersoekbeampte dood is en dus nie gekruisondervra kon word nie, of dat die plantmateriaal wat in sy besit gevind is, nooit getoets is nie.

“Die hof was vooroordelend teenoor my,” het hy gesê, en “sien julle oor twee jaar”.

“Ons het hom nie in hierdie saak verteenwoordig nie; ek dink hy het homself verteenwoordig,” het sy regsverteenwoordiger, Kadhila Amoomo, Maandag oor die landdroshof se beslissing uitgebrei.

Hy sê Jaftha se tronkstraf beteken nie die einde van die grondwetlike uitdaging nie. Amoomo se regsfirma gaan Jaftha gratis in die grondwetlike saak verteenwoordig.

Jaftha is saam met die GUN se sekretaris-generaal, Borro Ndungula, ’n applikant in die voortslepende hofstryd wat die grondwetlikheid van die strafregtelike vervolging van daggaverbruikers uitdaag.

“Die wet hou aan om baie Namibiërs aan daardie strafregtelike vervolging te onderwerp. Jaftha is maar net die jongste slagoffer,” sê Amoomo.

“Namibië behoort op te skud en by die res van die beskaafde lande aan te sluit waar die wetlike gebruik van dagga toegelaat word,” sê hy.

Angela Prusa, die stigter van die Cannabis and Hemp Association of Namibia, sê: “Ons broer in die stryd om die plant te bevry, en die apartheidswet reg te stel, is tronk toe gestuur vir die besit van ’n plant wat nie so gevaarlik soos alkohol of tabak is nie. ’n Plant wat mense en diere gesond kan maak, en waarvan ons honderde volhoubare produkte kan maak.”

Sy sê die Verenigde Nasies het reeds in 2020 dagga van die lys van gevaarlike dwelms geskrap.

Die wetgewing wat in Namibië van toepassing is, is reeds in 2018 in Suid-Afrika as ongrondwetlik verklaar in terme van die verbruik en besit van dagga in private wonings.

ONLANGSE ARRESTASIES

Die Namibiese polisie (Nampol) het Vrydag ’n 37-jarige man op Swakopmund met ongeveer 2 kg skunk-dagga met ’n geraamde waarde van N$100 000 vasgetrek.

Op dieselfde dag is ’n Namibiese man (49) op Nkurenkuru ook in boeie geslaan. ’n Agtienjarige Namibiese man is Saterdag op Ariamsvlei vasgetrek toe hy ’n aangehoudene by die Ariamsvlei-polisiekantoor probeer besoek het, terwyl daar op Kalkrand en Rehoboth ook jong mans oor die naweek vir die besit van dagga in hegtenis geneem is.

Regter Eileen Rakow het op 12 September opdrag aan Jaftha en Ndungula gegee om teen 11 November hul voorleggings en bewyse met die staat uit te ruil ten opsigte van die grondwetlike uitdaging. Hulle moet ook teen 27 November verklarings van getuies en kenners deel en aan bemiddeling deelneem – waar staatsaanklaer Jabulani Ncube die staat sal verteenwoordig.

Rakow het toe gesê alle partye moet op 30 November terugvoering oor die bemiddeling gee, en dat die saak op 5 Desember sal hervat.

Jaftha en Ndungula het die saak op 19 August 2021 aanhangig gemaak. Sedertdien is die aanklaer-generaal, Nampol se inspekteur-generaal, die minister van justisie, die minister van gesondheid en maatskaplike dienste en die regering ook in die saak gedagvaar.

Die eise sluit in dat die huidige wetgewing teen die besit en verbruik van dagga deur volwassenes ongrondwetlik verklaar moet word, van die skedules vir verbode dwelms verwyder moet word, Namibiërs vrygespreek moet word wat vir dagga-oortredings tronkstraf uitdien, en dat dagga-verwante oortredings van kriminele rekords geskrap moet word.

Die regering, die minister van justisie, die inspekteur-generaal en die aanklaer-generaal staan die eise teen, terwyl die gesondheidsminister in ’n beëdigde verklaring geweier het om verdere inligting beskikbaar te stel.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-05-01

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Nottingham Forest 0 vs 2 Manchester City | Bournemouth 3 vs 0 Brighton | Tottenham Hotspur 2 vs 3 Arsenal LaLiga: Barcelona 4 vs 2 Valencia | Real Betis 1 vs 1 Sevilla | Villarreal 3 vs 0 Rayo Vallecano | Granada 3 vs 0 Osasuna | Cadiz 1 vs 1 Mallorca SerieA: Genoa 3 vs 0 Cagliari | Fiorentina 5 vs 1 Sassuolo | Napoli 2 vs 2 AS Roma | Atalanta 2 vs 0 Empoli | Bologna 1 vs 1 Udinese | Inter Milan 2 vs 0 Torino European Championships Qualifying: Coventry City 1 vs 2 Ipswich Town | Preston North End 0 vs 3 Leicester City English Championship: Coventry City 1 vs 2 Ipswich Town | Preston North End 0 vs 3 Leicester City Katima Mulilo: 13° | 33° Rundu: 13° | 32° Eenhana: 14° | 33° Oshakati: 15° | 32° Ruacana: 14° | 33° Tsumeb: 16° | 31° Otjiwarongo: 14° | 29° Omaruru: 15° | 32° Windhoek: 15° | 28° Gobabis: 16° | 29° Henties Bay: 17° | 33° Wind speed: 19km/h, Wind direction: S, Low tide: 02:38, High tide: 08:56, Low Tide: 15:10, High tide: 21:55 Swakopmund: 17° | 23° Wind speed: 19km/h, Wind direction: SW, Low tide: 02:36, High tide: 08:54, Low Tide: 15:08, High tide: 21:53 Walvis Bay: 22° | 28° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 02:36, High tide: 08:53, Low Tide: 15:08, High tide: 21:52 Rehoboth: 15° | 29° Mariental: 18° | 32° Keetmanshoop: 21° | 32° Aranos: 18° | 31° Lüderitz: 18° | 29° Ariamsvlei: 21° | 34° Oranjemund: 15° | 24° Luanda: 26° | 28° Gaborone: 18° | 31° Lubumbashi: 12° | 26° Mbabane: 15° | 25° Maseru: 11° | 25° Antananarivo: 17° | 26° Lilongwe: 15° | 28° Maputo: 19° | 26° Windhoek: 15° | 28° Cape Town: 15° | 22° Durban: 19° | 25° Johannesburg: 17° | 27° Dar es Salaam: 24° | 32° Lusaka: 15° | 28° Harare: 14° | 29° Currency: GBP to NAD 23.39 | EUR to NAD 20.01 | CNY to NAD 2.59 | USD to NAD 18.77 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.32 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.69 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.61 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.27 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.69 | USD to EGP 47.87 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1389.52 | USD to ZAR 18.62 | USD to ZMW 26.75 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 76076.19 Down -0.5% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1690.93 Down -0.96% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13319.36 Down -0.41% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 24448.73 Down -6.01% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9146.09 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 307.09/OZ DOWN -0.0112 | Copper US$ 4.50/lb DOWN -0.027 | Zinc US$ 2 875.50/T DOWN -1.2% | Brent Crude Oil US$ 86.28/BBP DOWN -0.0205 | Platinum US$ 954.16/OZ UP +0.51% Sport results: Premier League: Nottingham Forest 0 vs 2 Manchester City | Bournemouth 3 vs 0 Brighton | Tottenham Hotspur 2 vs 3 Arsenal LaLiga: Barcelona 4 vs 2 Valencia | Real Betis 1 vs 1 Sevilla | Villarreal 3 vs 0 Rayo Vallecano | Granada 3 vs 0 Osasuna | Cadiz 1 vs 1 Mallorca SerieA: Genoa 3 vs 0 Cagliari | Fiorentina 5 vs 1 Sassuolo | Napoli 2 vs 2 AS Roma | Atalanta 2 vs 0 Empoli | Bologna 1 vs 1 Udinese | Inter Milan 2 vs 0 Torino European Championships Qualifying: Coventry City 1 vs 2 Ipswich Town | Preston North End 0 vs 3 Leicester City English Championship: Coventry City 1 vs 2 Ipswich Town | Preston North End 0 vs 3 Leicester City Weather: Katima Mulilo: 13° | 33° Rundu: 13° | 32° Eenhana: 14° | 33° Oshakati: 15° | 32° Ruacana: 14° | 33° Tsumeb: 16° | 31° Otjiwarongo: 14° | 29° Omaruru: 15° | 32° Windhoek: 15° | 28° Gobabis: 16° | 29° Henties Bay: 17° | 33° Wind speed: 19km/h, Wind direction: S, Low tide: 02:38, High tide: 08:56, Low Tide: 15:10, High tide: 21:55 Swakopmund: 17° | 23° Wind speed: 19km/h, Wind direction: SW, Low tide: 02:36, High tide: 08:54, Low Tide: 15:08, High tide: 21:53 Walvis Bay: 22° | 28° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 02:36, High tide: 08:53, Low Tide: 15:08, High tide: 21:52 Rehoboth: 15° | 29° Mariental: 18° | 32° Keetmanshoop: 21° | 32° Aranos: 18° | 31° Lüderitz: 18° | 29° Ariamsvlei: 21° | 34° Oranjemund: 15° | 24° Luanda: 26° | 28° Gaborone: 18° | 31° Lubumbashi: 12° | 26° Mbabane: 15° | 25° Maseru: 11° | 25° Antananarivo: 17° | 26° Lilongwe: 15° | 28° Maputo: 19° | 26° Windhoek: 15° | 28° Cape Town: 15° | 22° Durban: 19° | 25° Johannesburg: 17° | 27° Dar es Salaam: 24° | 32° Lusaka: 15° | 28° Harare: 14° | 29° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.39 | EUR to NAD 20.01 | CNY to NAD 2.59 | USD to NAD 18.77 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.32 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.69 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.61 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.27 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.69 | USD to EGP 47.87 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1389.52 | USD to ZAR 18.62 | USD to ZMW 26.75 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 76076.19 Down -0.5% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1690.93 Down -0.96% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13319.36 Down -0.41% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 24448.73 Down -6.01% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9146.09 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 307.09/OZ DOWN -0.0112 | Copper US$ 4.50/lb DOWN -0.027 | Zinc US$ 2 875.50/T DOWN -1.2% | Brent Crude Oil US$ 86.28/BBP DOWN -0.0205 | Platinum US$ 954.16/OZ UP +0.51%