City Kanime
City Kanime

CoW: Kanime moet N$6,8 miljoen opdok

Eis word eerskomende Vrydag aangehoor
Abraham Kanime het einde Januarie 2020 as stadspolisiehoof bedank, maar die raad – destyds onder Swapo se stewige greep – het besluit om sy dienste vir 'n verdere drie jaar te behou.
Yandi Du Plessis
Jemima Beukes - Windhoek se stadsraad (CoW) eis dat die stadspolisiehoof, Abraham Kanime, alle salarisbetalings, insluitend drie 13de tjeks, sowel as maandelikse behuising en motortoelaes wat hy ontvang het, moet terugbetaal. Dit vir die tydperk vanaf Mei 2020, toe hy na bewering onregmatig aangestel was.

Dié eis sal na verwagting eerskomende Vrydag in die hof aangehoor word, waar Patrick Kauta as die CoW se regsverteenwoordiger sal optree.

Kanime het einde Januarie 2020 as stadspolisiehoof bedank, maar die raad - destyds onder Swapo se stewige greep - het besluit om sy dienste as polisiehoof vir ’n verdere drie jaar tot Mei vanjaar te behou.

In Augustus 2021 het Kanime, wat deur die prokureur Sisa Namandje verteenwoordig word, ’n aansoek by die hoërhof ingedien om nog twee jaar in sy pos aan te bly.

In dié aansoek het hy die hof gevra om ’n interdik toe te staan om die raad en sy uitvoerende hoof; die Namibiese polisiehoof Sebastian Ndeitunga; die minister van binnelandse sake, immigrasie, veiligheid en sekuriteit en die minister van landelike en stedelike ontwikkeling te keer om enigiemand te werf en in sy plek as stadspolisiehoof aan te stel.

Die nuwe stadsraad, wat nou in getalle deur die opposisie oorheers word, het in nuwe hofstukke aangevoer dat die besluit om Kanime in sy pos te behou, onwettig was.

Hulle het bygevoeg indien die besluite van 28 en 29 April 2020 hersien en tersyde gestel word, sal dit bewys dat Moses Shikwa, voormalige voorsitter van die CoW-bestuurskomitee, nie gemagtig was om die dienskontrak op 30 April 2020 – na bewering namens die raad – te sluit nie.

“In werklikheid was die raad nie ’n deelnemer in die kontrak wat na bewering in sy eie naam aangegaan is nie. Dit sou beteken dat geen kontrak tussen die raad en Kanime aangegaan is nie. Die raad en Kanime was egter onder die verkeerde indruk dat die kontrak geldig was,” lui die hofstukke.

‘GEEN GELDIGE VERWEER’

Die raad eis dat Kanime sy maandelikse salaris van N$115 685, insluitend sy 13de tjek, vir drie jaar terugbetaal, asook sy maandelikse motortoelaag van N$28 198 en N$40 490 in maandelikse behuisingstoelae vir dié drie jaar.

“Kanime voer geen geldige verweer teen die versagting wat in die teenaansoek gevra word nie. Die wetlike struikelblokke wat hy probeer oprig, is illusies. Die vergaderings en die besluite wat geneem is, was duidelik onwettig weens ’n gebrek aan die nakoming van die verskillende reëls en statutêre bepalings hieronder uiteengesit,” lui die hofstukke.

Verder: “Die gehalte van dienste wat Kanime tydens hierdie aanstelling aan die stad gelewer het, word ook bevraagteken en in plaas daarvan voer die raadsverteenwoordigers aan dat daar bewyse is dat Kanime ten koste van die raadsrespondente verryk is.

“Ons voer aan dat hierdie agbare hof dus die terugbetaling moet beveel van ’n bedrag wat ’n staatsentiteit aan sy werknemer betaal het, waar die bedrag betaal is in die bona fide en redelike – maar verkeerde – oortuiging dat die begunstigde wettiglik geregtig was om dit as deel van sy vergoeding te ontvang.”

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-03-28

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 19° | 37° Rundu: 17° | 33° Eenhana: 18° | 33° Oshakati: 20° | 31° Ruacana: 19° | 33° Tsumeb: 17° | 29° Otjiwarongo: 16° | 28° Omaruru: 18° | 31° Windhoek: 17° | 28° Gobabis: 17° | 28° Henties Bay: 16° | 19° Wind speed: 24km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:54, High tide: 04:57, Low Tide: 22:58, High tide: 17:16 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 29km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:52, High tide: 04:55, Low Tide: 22:56, High tide: 17:14 Walvis Bay: 16° | 22° Wind speed: 33km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:52, High tide: 04:54, Low Tide: 22:56, High tide: 17:13 Rehoboth: 18° | 29° Mariental: 22° | 32° Keetmanshoop: 21° | 34° Aranos: 21° | 31° Lüderitz: 15° | 29° Ariamsvlei: 23° | 34° Oranjemund: 15° | 21° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 20° | 32° Lubumbashi: 17° | 24° Mbabane: 15° | 23° Maseru: 12° | 28° Antananarivo: 16° | 27° Lilongwe: 17° | 29° Maputo: 20° | 28° Windhoek: 17° | 28° Cape Town: 17° | 23° Durban: 21° | 25° Johannesburg: 18° | 28° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 18° | 30° Harare: 15° | 31° Currency: GBP to NAD 23.96 | EUR to NAD 20.53 | CNY to NAD 2.63 | USD to NAD 19.03 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.8 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.35 | USD to AOA 832.63 | USD to BWP 13.71 | USD to EGP 47.3 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1415.13 | USD to ZAR 19.02 | USD to ZMW 24.97 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 73909.5 Up +0.41% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1516.02 Down -0.13% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 12981.98 Up +0.34% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 28224.37 Down -2.87% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 212.07/OZ UP +0.97% | Copper US$ 3.98/lb DOWN -0.0008 | Zinc US$ 2 446.40/T DOWN -0.41% | Brent Crude Oil US$ 86.78/BBP UP +0.45% | Platinum US$ 898.23/OZ UP +0.37% Sport results: Weather: Katima Mulilo: 19° | 37° Rundu: 17° | 33° Eenhana: 18° | 33° Oshakati: 20° | 31° Ruacana: 19° | 33° Tsumeb: 17° | 29° Otjiwarongo: 16° | 28° Omaruru: 18° | 31° Windhoek: 17° | 28° Gobabis: 17° | 28° Henties Bay: 16° | 19° Wind speed: 24km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:54, High tide: 04:57, Low Tide: 22:58, High tide: 17:16 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 29km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:52, High tide: 04:55, Low Tide: 22:56, High tide: 17:14 Walvis Bay: 16° | 22° Wind speed: 33km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:52, High tide: 04:54, Low Tide: 22:56, High tide: 17:13 Rehoboth: 18° | 29° Mariental: 22° | 32° Keetmanshoop: 21° | 34° Aranos: 21° | 31° Lüderitz: 15° | 29° Ariamsvlei: 23° | 34° Oranjemund: 15° | 21° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 20° | 32° Lubumbashi: 17° | 24° Mbabane: 15° | 23° Maseru: 12° | 28° Antananarivo: 16° | 27° Lilongwe: 17° | 29° Maputo: 20° | 28° Windhoek: 17° | 28° Cape Town: 17° | 23° Durban: 21° | 25° Johannesburg: 18° | 28° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 18° | 30° Harare: 15° | 31° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.96 | EUR to NAD 20.53 | CNY to NAD 2.63 | USD to NAD 19.03 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.8 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.35 | USD to AOA 832.63 | USD to BWP 13.71 | USD to EGP 47.3 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1415.13 | USD to ZAR 19.02 | USD to ZMW 24.97 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 73909.5 Up +0.41% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1516.02 Down -0.13% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 12981.98 Up +0.34% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 28224.37 Down -2.87% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 212.07/OZ UP +0.97% | Copper US$ 3.98/lb DOWN -0.0008 | Zinc US$ 2 446.40/T DOWN -0.41% | Brent Crude Oil US$ 86.78/BBP UP +0.45% | Platinum US$ 898.23/OZ UP +0.37%