Cosdef-baas agter tralies vir bedrog

Meer as N$700 000
Die Cosdef-ondersteuningseenheid was in Swakopmund gebaseer en dit was van hier waar Mubita, net bekend as Martin Nandu, die organisasie volgens werknemers "soos sy eie besigheid"bestuur het.
Augetto Graig
Die waarnemende hoof van die stigting vir die ontwikkeling van vaardighede in gemeenskappe (Cosdef) Martin Nandu Mubita word in Mei gevonnis, nadat hy skuldig bevind is aan bedrog van meer as N$700 000. Mubita is tot en met sy vonnis in aanhouding in die polisieselle in Rundu.

Mubita het die bedrog gepleeg tydens sy tyd by die destydse Kavango-streeksraad. Klagtes van korrupsie en geldwassery is teen hom laat vaar om duplisering te voorkom.

Cosdef bestuur die ontwikkelingsentrums vir gemeenskapsvaardighede (Cosdecs) oraloor in Namibië en spesifiek in Luderitz, Gobabis, Otjiwarongo, Swakopmund, Tsumeb, Ondangwa, Opuwo en Rundu.

Die Cosdef-ondersteuningseenheid was in Swakopmund gebaseer en dit was van hier waar Mubita, net bekend as Martin Nandu, die organisasie volgens werknemers "soos sy eie besigheid"bestuur het.

Hy is op 28 Februarie verlede jaar as die waarnemende uitvoerende hoof aangewys, nadat hy vir meer as vyf jaar die bestuurder vir menslike hulpbronne en finansies was.

Ontevrede werknemers het reeds 'n klagte oor sy beweerde korrupsie en wanbestuur by Cosdef in Januarie aan die Teenkorrupsiekommissie (ACC) gestuur, maar volgens hulle het daar dadels van gekom.

In 'n verklaring wat aan die ACC voorgelê is, beweer een van die werknemers die organisasie was vir 'n lang tyd die teelaarde vir korrupsie en die misbruik van openbare hulpbronne vir persoonlike gewin.

Cosdef is in 1998 gestig en geregistreer as 'n trust onder die ministerie vir hoër onderrig en met die voormalige minister Nahas Angula as voorsitter en Justin Ellis, Paulus Kapia, Len le Roux en Albertina Heita as raadslede.

Dit word maandelilks gefinasier deur onder meer die ministerie, die Namibiese finansiële hulpfonds vir studente (NSFAF) en die Namibiese Opleidingsowerheid (NTA).

Die verklaring wat aan die ACC voorgelê is, verwys onder meer na 'n oorplasing van N$9,5 miljoen in Oktober 2022 van NSFAF en bykomende maandelikse betalings van N$2,5 miljoen aan Cosdef. Dit terwyl salarisse in Januarie en Februarie verlede jaar nie betaal kon word sonder om spaargeld te gebruik nie.

Werknemers beweer ook miljoene word in 'n beleggingsrekening by Bank Windhoek gehou in weerwil van die feit dat die nie-winsgewende organisasie nie geregtig is op so 'n rekening nie.

Die verklaring verwys as na ongerymdhede met aanstellings, sowel as die misbruik van reis- en verblyftoelaes asook toelaes vir voertuie en petrol.

Mubita het glo ook nuwe iPhone's gehad met 'n waarde van N$20 000 wat hy twee keer per jaar vir homself gekoop het. Dit ten spyte van die feit dat senior bestuur se jaarlikse drempel hiervoor N$5 500 is.

Hy het onder meer ook diensverskaffers aan Cosdef lukraak aangestel. Die verklaring verwys na 'n rekening van 'n maatskappy in Oshakati wat Cosdef jaarliks N$800 000 gekos het vir opleiding vir sy rekenkundige stelsel. Toerusting en hulpbronne wat aan sentrums geskenk is, het glo dikwels verdwyn.

Angula het by navraag gesê toe Mubita aangestel is, het niemand vir 'n polisieklaringsertifikaat gevra nie en was hulle nie bewus van enige hangende klagte teen hom nie. Volgens hom moet geregtigheid nou sy gang gaan. Hy was onbewus van enige korrupsie of wanbestuur by Cosdef en sê die stigting se boeke word jaarliks geoudit.

"Soms is die ouditverslae laat, maar ons is gewoond daaraan om met openbare fondse te werk. Enige vermoede van bedrog is nie onder die raad se aandag gebring nie," het hy gesê. Met verwysing na die tekort aan toerusting vir studente, het Angula gesê dit is nie die eerste keer wat die stigting "dié tipe krisis met administrasie en bestuur" moet oorleef nie.

"Ons sal koppe bymekaar sit. Moenie bekommerd wees nie, ons sal dit uitsorteer." - [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-10-15

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 19° | 36° Rundu: 19° | 37° Eenhana: 18° | 37° Oshakati: 18° | 36° Ruacana: 18° | 36° Tsumeb: 24° | 35° Otjiwarongo: 18° | 34° Omaruru: 17° | 34° Windhoek: 18° | 31° Gobabis: 19° | 33° Henties Bay: 12° | 18° Wind speed: 21km/h, Wind direction: W, Low tide: 07:34, High tide: 13:58, Low Tide: 20:05, High tide: 02:00 Swakopmund: 13° | 15° Wind speed: 28km/h, Wind direction: W, Low tide: 07:32, High tide: 13:56, Low Tide: 20:03, High tide: 02:00 Walvis Bay: 12° | 19° Wind speed: 28km/h, Wind direction: W, Low tide: 07:32, High tide: 13:55, Low Tide: 20:03, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 33° Mariental: 20° | 35° Keetmanshoop: 17° | 32° Aranos: 20° | 36° Lüderitz: 12° | 19° Ariamsvlei: 19° | 34° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 24° | 26° Gaborone: 16° | 28° Lubumbashi: 19° | 35° Mbabane: 9° | 20° Maseru: 9° | 26° Antananarivo: 13° | 30° Lilongwe: 19° | 23° Maputo: 15° | 26° Windhoek: 18° | 31° Cape Town: 15° | 26° Durban: 14° | 19° Johannesburg: 14° | 23° Dar es Salaam: 24° | 30° Lusaka: 18° | 29° Harare: 16° | 21° Currency: GBP to NAD 22.98 | EUR to NAD 19.18 | CNY to NAD 2.47 | USD to NAD 17.59 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.28 | EGP to NAD 0.35 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.65 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.15 | RUB to NAD 0.18 | INR to NAD 0.21 | USD to DZD 132.84 | USD to AOA 909.05 | USD to BWP 13.33 | USD to EGP 48.5 | USD to KES 128.5 | USD to NGN 1625.33 | USD to ZAR 17.6 | USD to ZMW 26.44 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index Same 0 | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1860.17 Up +0.28% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 14048.66 Down -0.38% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 30273.06 Up +1.06% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 650.23/OZ UP +0.03% | Copper US$ 4.34/lb DOWN -0.0099 | Zinc US$ 3 020.50/T DOWN -2.28% | Brent Crude Oil US$ 74.88/BBP DOWN -0.0074 | Platinum US$ 982.28/OZ DOWN -0.0099 Sport results: Weather: Katima Mulilo: 19° | 36° Rundu: 19° | 37° Eenhana: 18° | 37° Oshakati: 18° | 36° Ruacana: 18° | 36° Tsumeb: 24° | 35° Otjiwarongo: 18° | 34° Omaruru: 17° | 34° Windhoek: 18° | 31° Gobabis: 19° | 33° Henties Bay: 12° | 18° Wind speed: 21km/h, Wind direction: W, Low tide: 07:34, High tide: 13:58, Low Tide: 20:05, High tide: 02:00 Swakopmund: 13° | 15° Wind speed: 28km/h, Wind direction: W, Low tide: 07:32, High tide: 13:56, Low Tide: 20:03, High tide: 02:00 Walvis Bay: 12° | 19° Wind speed: 28km/h, Wind direction: W, Low tide: 07:32, High tide: 13:55, Low Tide: 20:03, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 33° Mariental: 20° | 35° Keetmanshoop: 17° | 32° Aranos: 20° | 36° Lüderitz: 12° | 19° Ariamsvlei: 19° | 34° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 24° | 26° Gaborone: 16° | 28° Lubumbashi: 19° | 35° Mbabane: 9° | 20° Maseru: 9° | 26° Antananarivo: 13° | 30° Lilongwe: 19° | 23° Maputo: 15° | 26° Windhoek: 18° | 31° Cape Town: 15° | 26° Durban: 14° | 19° Johannesburg: 14° | 23° Dar es Salaam: 24° | 30° Lusaka: 18° | 29° Harare: 16° | 21° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 22.98 | EUR to NAD 19.18 | CNY to NAD 2.47 | USD to NAD 17.59 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.28 | EGP to NAD 0.35 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.65 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.15 | RUB to NAD 0.18 | INR to NAD 0.21 | USD to DZD 132.84 | USD to AOA 909.05 | USD to BWP 13.33 | USD to EGP 48.5 | USD to KES 128.5 | USD to NGN 1625.33 | USD to ZAR 17.6 | USD to ZMW 26.44 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index Same 0 | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1860.17 Up +0.28% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 14048.66 Down -0.38% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 30273.06 Up +1.06% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 650.23/OZ UP +0.03% | Copper US$ 4.34/lb DOWN -0.0099 | Zinc US$ 3 020.50/T DOWN -2.28% | Brent Crude Oil US$ 74.88/BBP DOWN -0.0074 | Platinum US$ 982.28/OZ DOWN -0.0099