Bewaringsgebiede gebruik mynkleims vir regskoste
Hofbevel poog om meer as N$50 000 te verhaal
Drie gemeenskapsbewaringsgebiede in noordwestelike Namibië – Sorris Sorris, Doro !Nawas en Uibasen Twyfelfontein – het saam met die toeroperateur Ultimate Safaris, ’n hoërhofbevel verkry wat die beslaglegging goedkeur van mynboukleims wat aan die plaaslike prospekteerder Timoteus Mashuna behoort.
Die bevel wat op 22 Oktober uitgereik is, gelas die adjunkbalju van Windhoek om beslag te lê op Mashuna se regte en belange in agt kleims wat by die ministerie van nywerheidsontwikkeling, myne en energie geregistreer en dit in eksekusie te verkoop.
Die kleims – 72300 tot 72402 – is in Mashuna se naam geregistreer en is as sekuriteit gebruik om die verhaling van regskoste te waarborg wat hy intussen betaal het.
Volgens hofdokumente volg die bevel op ’n uitspraak van 2024 ten gunste van die bewaringsgebiede en Ultimate Safaris, wat gesamentlik as die skuldeisers gedien het.
Die totale verhaalbare bedrag sluit N$52 950 in regskoste in, plus rente teen 20% per jaar vanaf 3 April 2025, asook verdere kostes wat tydens die beslagleggingsproses aangegaan is.
In reaksie op die hofbevel het Mashuna Woensdag aan Network Media Hub (NMH) gesê dat, hoewel dit voorkom asof die bewaringsgebiede agter die bevel sit, dit eintlik Ultimate Safaris is wat “die hele ding dryf en borg”.
“Hulle beweer dat hulle teen mynbou in die gebied is, maar om hul beweerde koste te verhaal, wil hulle op my kleims beslag lê en dit opveil.
“Dis belaglik. Dink daaraan: Jy is teen mynbou in ’n sekere gebied gekant, maar terselfdertyd wil jy hê dat dieselfde kleims opgeveil word. Vir watter doel?
“As jy sê die gebied moet nie ontgin word nie, wat moet ’n koper dan met die kleims doen? Dis heeltemal onlogies,” het hy gesê.
“Vir my lê dit ’n dieper waarheid bloot waaroor ek nog altyd gepraat het sedert die begin van hierdie saak.
“Dit gaan nie regtig oor omgewingskwessies nie, dit gaan oor ras. Wit mense het lank voor en na onafhanklikwording in daardie gebied gemyn, selfs tot 2019 en niemand het ooit ’n probleem geopper nie.
“Maar nou dat ’n swart man daar myn, is dit skielik ’n probleem. Dit gaan dus nie werklik daaroor om teen mynbou gekant te wees nie, dit gaan oor wie die mynwerk doen. Dit is swart teenoor wit, eenvoudig en duidelik,” het hy gesê.
Volgens Mashuna is nog ’n aspek wat in die saak geïgnoreer is, die feit dat die drie bewaringsgebiede, “nie eens voogdyskap oor die grond het” waar hy myn nie.
“Die bewaringsgebiede is op die voorgrond geplaas om dit te laat lyk asof hulle die een is wat teen my veg. Die waarheid is dat die persoon wat as die laaste aansoeker gelys word, eintlik die hoofpersoon is wat die saak aanvoer.
“Dis ’n baie duistere strategie, hulle laat hulself voorkom as net een van vele aansoekers terwyl hulle eintlik die werklike dryfkrag daaragter is,” het hy gesê.
“En dit is deels omdat hulle weet dat hulle onwettig in daardie gebied in bedryf is, sonder behoorlike plaaslike owerheid of voldoening aan standaarde. As Ultimate Safaris nie daar werksaam was nie, kon ek my mynbou sonder enige teenkanting voortgesit het,” het hy bygevoeg.
Tristan Cowley, besturende direkteur van Ultimate Safaris, het die bewering ontken dat die kleims opgeveil sou word en gesê dat dit bloot as sekuriteit aangeheg is om die skikking van koste te waarborg. Laasgenoemde is nagekom toe Mashuna betaal het.
“Die adjunkbalju kon geen ander bates identifiseer wat aan mnr. Mashuna behoort nie, en ook nie ’n bevestigde woonadres wat opmerklik afwesig in al die hofstukke is nie.”
As sodanig is die kleims volgens Cowley slegs as sekuriteit in beslag geneem om nakoming van die kostebevele te verseker. Daar is geen belang hoegenaamd in die kleims self nie, het hy gesê en was die enigste kommer dat die kostebevele behoorlik vereffen word.
“Die eerste hiervan is nou betaal en gevolglik het geen beslaglegging voortgegaan nie,” het hy gesê.
“Daar is ’n poging om ’n weergawe te gee wat eenvoudig verkeerd en misleidend is. Hofpogings in die hersieningsaansoek is om die kleims te kanselleer en die aanwysing van die gebied as ’n bewaringsgebied te handhaaf. Hofdokumente sal dit bevestig. Daardie kleims was nie aangeheg om opgeveil te word nie, maar om die nakoming van ’n hofbevel af te dwing,” het Cowley bygevoeg.
Oor die rassekwessie het Cowley gesê dat, hoewel sommige probeer het om die saak een te maak, dit in werklikheid ’n regskwessie is wat twee, nou drie kommunale bewaringsgebiede behels wat hul statutêre regte verdedig.
“Geen van die betrokke partye het enige belangstelling in mynbou in die betrokke gebied nie, wat formeel deur die bewaringsgebiede en die ministerie van die omgewing, bosbou en toerisme vir bewaring aangewys is. Ons het suksesvol in die hof aangedui dat mynbou op die voorgestelde skaal ’n negatiewe impak op plaaslike renosterbevolkings kan hê, soos in soortgelyke gebiede gebeur het waar toerisme en gemeenskapsbestaan hiervan afhang. Dit is nou alles hangende die voortgesette hersieningsaansoek in die hoërhof,” het Cowley gesê.
“Wat die kostebevele betref, het beide mnr. Mashuna en me. [Ottillie] Ndimulunde uitstaande hofkostebevele teen hulle. Aangesien die adjunkbalju verplig is om op te tree op beskikbare bates wanneer sulke bevele steeds onafgehandel bly, was die beslagleggings ’n kwessie van regsprosedure, nie keuse nie.
“Sodra mnr. Mashuna sy regskoste vereffen het, soos wat gisteraand gebeur het en ons neem aan nadat iemand by die ministerie van myne hom in kennis gestel het van die voorneme van die adjunkbalju, het die behoefte aan enige verdere beslaglegging verdwyn,” het Cowley verduidelik.
Vroeër vandeesmaand het die hoof van die Daure Daman Tradisionele Owerheid, Zacharias Seibeb, gedreig om Ultimate Safaris uit sy kommunale gebied te sit indien die maatskappy voortgaan om mynbouprojekte teen te staan.
Seibeb het ook gewaarsku dat hy die omgewingsministerie sal versoek om drie swartrenosters van sy jurisdiksie na die Etosha Nasionale Park te verskuif, indien dit beteken dat 300 werksgeleenthede vir sy gemeenskap geskep word.
Sy waarskuwing kom te midde van toenemende spanning tussen plaaslike gemeenskappe, bewaringsbewustes en mynwerkers in die Kunenestreek.
In ’n brief gedateer 30 September en gerig aan Cowley, het Seibeb ’n beroep gedoen op dialoog met mynwerkers om gemeenskaplike grond tussen toerisme en mynbou te vind.
“Indien Ultimate Safaris en al die ander nie bereid is om saam met mynbou te bestaan nie, sal ek die ministerie van die omgewing versoek om hierdie beweerde drie swartrenosters na Etosha Pan in die belang van die skep van 300 werksgeleenthede vir my mense te verskuif. Hierdie renosters is nie inwoners van my kommunale gebied nie. Die ministerie het hulle ingebring, en hulle kan elders heen verskuif word,” het hy geskryf.
Ultimate Safaris hou vol dat tradisionele owerhede reeds finansieel voordeel trek uit bewaring. Die maatskappy sê Daure Daman het verlede jaar byna N$3 miljoen ontvang en voer aan dat voortgesette hofverrigtinge enige nuwe vergaderings met Seibeb betekenisloos maak.
Cowley het verder daarop aangedring dat renosters en mynbou nie saam kan bestaan nie.
“Dit is reeds wetenskaplik bewys deur ’n studie wat deur Save the Rhino [Trust] vir die ministerie gedoen is. In ’n soortgelyke scenario in die Huab-bewaringsgebied is gewys dat geraas en geweervuur van die oopgroef-kopermyn die woestynaangepaste renosters weggedryf het,” het hy vroeër gesê. – [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie