Bejaarde met likkewaan, skilpad vry op borgtog
’n Bejaarde inwoner (68) van Swakopmund wat daarvan beskuldig word dat hy ’n likkewaan en ’n skilpad onwettig aangehou het, is gister borgtog van N$15 000 toegestaan, nadat die staat sy teenkanting teen sy vrylating laat vaar het.
Jürgen Michael Riegel, ’n Duitse burger met permanente verblyfreg in Namibië, het voor landdros Nelao Brown vir sy formele aansoek om borgtog in die landdroshof op dié dorp verskyn. Die saak het nie soos beplan verloop nie, nadat staatsaanklaer Anita Likius aan die hof gesê het: “Ons maak geen beswaar daarteen dat die beskuldigde borgtog kry nie.” Likius het ook gesê die ondersoek is voltooi.
Borgtog is toegestaan op voorwaarde dat Riegel elke Vrydag gedurende werksure by die Swakopmund-polisiekantoor aanmeld, sy reisdokumente aan die ondersoekbeampte oorhandig en Namibië nie sonder die beampte se toestemming verlaat nie.
Die saak is tot 26 November vir pleitverrigtinge uitgestel.
Riegel staan tereg op aanklagte ingevolge die natuurbewaringsordonnansie vir die aanhou van wildspesies sonder ’n permit en vir die “onvermoë om ’n bevredigende verslag van besit te gee”.
Toe die polisie verlede maand Riegel se huis deursoek het, het hulle ’n likkewaan in ’n klerekas en ’n luiperdskilpad in die erf gevind.
Die diere is gekonfiskeer en word in ’n “veilige plek” gehou, het die polisie gesê.
Riegel word deur Alfred Ellis van Ellis Attorneys in Swakopmund verteenwoordig.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie