Beheeraanklaer se brandwonde ‘’n oogseer’
Polisie getuig oor suuraanval
Die slagoffer het na bewering die ontstellende beeldmateriaal in die hospitaal gesien wat verdere stres vir haar veroorsaak het.
Die gru-beserings wat die Ondangwa-beheeraanklaer Justine Shiweda opgedoen het is verlede week in die hof in beskryf toe ’n senior polisiebeampte getuig het dat die suur "vinnig haar vel gevreet het", wat haar "soos vuur" laat brand en van pyn laat huil het terwyl die dokters haar wonde oopgemaak het.
Haar toestand het intussen versleg.
Die Ondangwa-landdroshof het aangehoor dat Shiweda, wat op 17 Oktober 2025 geskiet is, daarin geslaag het om self die polisie vir mediese hulp te bel kort nadat sy tussen vyf en sewe keer deur onbekende aanvallers geskiet is.
Hoofinspekteur Antonius Gabriel van die Oshana-polisie het tydens die borgtogaansoek van dr. Fillemon (Fly) Nakanduungile getuig en gesê dat Shiweda die polisie gebel het om aan te meld dat sy aangeval word, wat tot vinnige reaksie gelei het.
Toe polisiebeamptes by haar huis aangekom het, het hulle haar voertuig halfpad uit die motorhuis gevind, die venster aan die bestuurderskant stukkend en die voorste passasiersdeur wawyd oop.
Een van Shiweda se kinders was besig om die hek oop te maak sodat sy hulle skool toe kon neem, terwyl Shiweda reeds in die motor gesit het, is getuig.
Volgens Gabriel het die beweerde aanvallers baadjies met kappies en maskers gedra wat hul monde en neuse bedek het.
Ten spyte van haar beserings het Shiweda probeer om haarself te help deur van die bestuurdersitplek na die passasiersitplek te beweeg. Sy het ook haar selfoon na die aanvallers gegooi, omdat sy geglo het dit was ’n rooftog.
Sy het later daarin geslaag om uit die voertuig te klim en om hulp te skree, waarna die aanvallers gevlug het.
Foto’s is in die hof gewys wat die omvang van die suuraanval en Shiweda se huidige toestand uitbeeld. Die voorsittende landdros, Lutaka Billy Mutwa, het Network Media Hub (NMH) se verslaggewer opdrag gegee om die hofsaal te verlaat en die media gewaarsku oor hoe om oor die saak te berig.
Mutwa het verwys na Artikel 153 van die Strafproseswet 51 van 1977, wat toelaat dat hofverrigtinge onder sekere omstandighede in camera gehou word. Hy het die verspreiding van video’s gekritiseer wat wys hoe Shiweda se ma in die hof flou word. Die landdros het gesê Shiweda het na bewering die beeldmateriaal in die hospitaal gesien wat verdere stres vir haar veroorsaak het.
Gabriel het aan die hof verduidelik waarom die staat borgtog teenstaan en gesê dat Shiweda se brandwonde “’n oogseer” is.
“As ’n mens kan jy haar nie ondersoek nie. Toe ek hospitaal toe is om haar te ondersoek, moes die dokters haar ontbloot. Die suur vreet vinnig haar vel. Haar gelaat het verander. Soos deur vuur gebrand. Die vel het saamgetrek. En terwyl ek met haar gepraat het, was sy in pyn en het gehuil,” het hy getuig.
MEESTERBREIN
Vyf ander mense is in verband met die aanval in hegtenis geneem. Gabriel het aan die hof gesê dat Abner Mewiliko Mateus (34), ook bekend as Cota Smith, die beweerde meesterbrein is. Hy het gesê Shiweda is geteiken nadat sy Mateus twee keer borgtog geweier het in ’n bedrogsaak wat by die Onayena-polisiekantoor aanhangig gemaak is, terwyl Mateus in Ondangwa aangehou is.
Gabriel het verder beweer dat Mateus sedert 2023 beplan het om die dossier in die Onayena-saak te laat verbrand terwyl hy in aanhouding was. Toe dit misluk het, het hy na bewering mense begin werf om die dossier van die Ondangwa-hof te steel en bedrae aangebied wat wissel van N$10 000 tot N$70 000.
Die hof het ook bewerings aangehoor dat Mateus N$50 000 in die bankrekening van Nakanduungile se driejarige dogter betaal het. Nakanduungile het beweer dat die geld ’n voorskot vir mediese dienste was, wat deur die staat as oneties en onwettig betwis is. Tydens ondervraging het hy toegegee dat dit onwettig sou wees om betaling te ontvang voordat dienste gelewer word.
Die borgtogverhoor het ook bewerings aangehoor met betrekking tot Nakanduungile se professionele gedrag, insluitend vervalste mediese resultate, onbehoorlike pasiëntpraktyke en ander wangedrag, waarvan hy baie ontken of gedeeltelik onder kruisondervraging erken het.
Die staat word deur adjunk-aanklaer-generaal Tangeni Iitula verteenwoordig en deur beheeraanklaer Yeukai Kangira bygestaan. Nakanduungile word deur Petrus Smart Elago verteenwoordig.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie