Austin Elindi moet rekening van N$86 000 vir spa hoes
Bestee sowat N$1 000 per dag by hotel
'n Hofbevel het Elindi gelas om die volle bedrag wat verskuldig is, plus rente teen 'n koers van 20% per jaar, asook die koste van die saak te betaal.
Die hoërhof in Windhoek het ’n verstekvonnis ten gunste van Seaside Hotel & Spa in Swakopmund teen Erongo Petroleum CC, deur sy eienaar Austin Elindi, toegestaan vir die versuim om fakture van meer as N$86 000 te vereffen vir verblyf, spabehandelings en restaurantdienste wat tussen 2022 en 2024 verskaf is.
Die verstekvonnis, wat onlangs uitgereik is, het Elindi gelas om die volle bedrag wat verskuldig is, plus rente teen ’n koers van 20% per jaar bereken vanaf 1 November 2024 tot die datum van finale betaling, sowel as die koste van die saak te betaal. Die saak word nou deur die hof as afgehandel beskou.
Na aanleiding van dié hofbevel is die adjunkbalju gelas om beslag op Erongo Petroleum se roerende eiendom, wat by Hamilton Chartered Accountants in Windhoek geleë is, te lê en op te veil om die uitstaande skuld te verhaal.
Die lasbrief magtig die adjunkbalju om die verskuldigde bedrag deur middel van ’n openbare veiling te genereer, insluitend alle verwante koste en om die opbrengs aan die hotel of sy regsverteenwoordigers te betaal.
LUUKSE BEHANDELINGS
Die dispuut dateer terug na dienste wat na bewering tussen 29 Augustus 2022 en 1 November 2024 gelewer is, toe die hotel Elindi op die maatskappy se spesifieke versoek van verblyf, spa-behandelings en restaurantdienste by die Seaside Hotel & Spa, ’n filiaal van August 26 Holding, voorsien het.
Dienste het stresverligtingmasserings, diepweefselbehandelings, ontbyte en 'n verskeidenheid maaltye en drankies, asook fooijies ingesluit.
Tussen 5 en 22 September 2023 het Elindi na bewering ongeveer N$6 500 aan spabehandelings, verblyf, maaltye en drankies bestee, gemiddeld byna N$1 000 per dag, volgens hotelfakture.
Die aanhangsels (hotelfaktuur) van agt bladsye wat op 7 Julie vanjaar in die hof ingedien is, toon dat Elindi se daaglikse uitgawes by die hotel beduidend was.
Die hotel se prokureur, Elzanne Wylie, het gesê Erongo Petroleum het na bewering slegs ’n enkele betaling van N$10 000 in Junie 2025 gemaak, ten spyte van herhaaldelike voorleggings van fakture en rekeningstate – insluitend ’n rekening van meer as N$56 000 en bykomende fakture van meer as N$30 000.
“Herhaaldelike eise vir betaling is geïgnoreer, daarom het die hotel die ingryping van die hoërhof versoek om die uitstaande skuld te verhaal.”
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie