Die aktivis en kommissaris van die Namibia Economic Freedom Fighters, Michael Amushelelo. Foto argief
Die aktivis en kommissaris van die Namibia Economic Freedom Fighters, Michael Amushelelo. Foto argief

Amushelelo, Imalwa in hofstryd gewikkel

Strafproseswet word uitgedaag
Die owerhede van die Windhoek Sentrale Gevangenis het glo versuim om Michael Amushelelo gister hof toe te vat om verrigtinge by te woon.
Kristien Kruger
“Ons het die reg op vertroulikheid en geheimhouding wat ons banksake betref.”

So het Michael Amushelelo in ’n verklaring gesê in ’n saak wat hy teen onder andere die aanklaer-generaal (AG) en die minister van justisie aanhangig gemaak het, waarin hy die grondwetlikheid van ’n gedeelte van die Strafproseswet uitdaag.

Die gedeelte handel oor polisiebeamptes se mag om op redelike gronde, geskrewe kennisgewings by die bank in te dien om toegang tot dokumente te verkry wat bankstate en –transaksies insluit.

“Private inligting moet nie bekend gemaak word sonder enige toesig van ’n onafhanklike liggaam nie en moet slegs in streng en gereguleerde omstandighede gedoen word. Die blote feit dat daar ’n strafregtelike saak teen ’n persoon hangend is, behoort nie voldoende te wees om toegang tot sy bankstate te verkry nie.”

Die aanklaer-generaal, Martha Imalwa, beweer die gedeelte is nie ongrondwetlik nie.

“Dit bemagtig die staat om die nodige getuies te verkry om getuienis af te lê of om enige boek, papier of dokument in strafregtelike verrigtinge in ’n laer hof voor te lê.”

Amushelelo beweer dat die gedeelte van die betrokke wet mense se grondwetlike reg tot privaatheid skend.

Imalwa het daarop gereageer: “In die geval dat hierdie hof van mening is die gedeelte beperk ’n mens se reg op privaatheid, voer ek aan dat sodanige beperking nodig is in ’n demokratiese samelewing vir die voorkoming van misdaad en die beskerming van die regte of vryhede van ander.”

SAAK GISTER VERTRAAG

Partye, insluitend Amushelelo, moes gister voor regter Hosea Angula in die hoërhof in Windhoek verskyn het. Die tronkowerhede het egter glo versuim om hom vanaf die Windhoek Sentrale Gevangenis – waar hy tans in aanhouding is – na die hof te vervoer.

Onlangse ontwikkelinge in die saak sluit in ’n aansoek om kondonasie nadat Amushelelo se regsverteenwoordiger nie betyds sy beantwoordende verklaring ingedien het nie.

BEDROG EN TOELAATBAARHEID

Amushelelo is ’n aktivis en kommissaris van die Namibia Economic Freedom Fighters (NEFF) en is tans in aanhouding nadat hy vroeër vanjaar tydens ’n betoging in hegtenis geneem is.

Dié aansoek het egter betrekking tot die verskeie klagte van bedrog, geldwassery en belastingontduiking wat Amushelelo en sy medebeskuldigde, Gregory Cloete, op tereg staan nadat hulle glo ’n Ponzi-skema as buitelandse valutahandelaars bedryf het.

Imalwa beweer Amushelelo en Cloete het die aansoek gebring met die doel om die dokumente as ontoelaatbaar te laat verklaar, en wat dan nie in die strafregtelike verhoor teen hulle gebruik kan word nie.

“Die kwessie van toelaatbaarheid van bewyse is een wat gewoonlik bepaal word deur die hof wat die strafregtelike verhoor hanteer. Ek voer aan hierdie hof is nie toegerus om oor die kwessie van toelaatbaarheid te beslis nie.”

“Ek voer aan dat hierdie hof moet weier om die aansoek te hanteer en die saak van die rol te skrap.”

MISBRUIK

Amushelelo beweer in hofstukke dat die betrokke gedeelte van die Strafproseswet onderhewig kan wees aan misbruik en die gebrek aan geregtelike toesig “gevaarlik” en “ongrondwetlik” is.

“Die toekenning van sulke magte aan enige polisiebeampte kan misbruik word om bloot private dokumente te bekom. Daar is ook geen geregtelike toesig om te toets of die beampte wel redelike gronde het voordat sodanige kennisgewing uitgereik word nie,” voer Amushelelo aan.

Imalwa beweer egter dat die potensiaal vir misbruik nie die gedeelte van die wet ongrondwetlik maak nie.

“Dit is in elk geval blote spekulasie.”

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-05-03

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Chelsea 2 vs 0 Tottenham Hotspur European Championships Qualifying: Coventry City 1 vs 2 Ipswich Town English Championship: Coventry City 1 vs 2 Ipswich Town Katima Mulilo: 12° | 32° Rundu: 13° | 32° Eenhana: 13° | 32° Oshakati: 15° | 32° Ruacana: 15° | 33° Tsumeb: 16° | 30° Otjiwarongo: 13° | 29° Omaruru: 13° | 31° Windhoek: 12° | 27° Gobabis: 15° | 28° Henties Bay: 14° | 21° Wind speed: 20km/h, Wind direction: SW, Low tide: 05:43, High tide: 12:02, Low Tide: 17:54, High tide: 00:23 Swakopmund: 16° | 19° Wind speed: 19km/h, Wind direction: W, Low tide: 05:41, High tide: 12:00, Low Tide: 17:52, High tide: 00:21 Walvis Bay: 16° | 25° Wind speed: 28km/h, Wind direction: W, Low tide: 05:41, High tide: 11:59, Low Tide: 17:52, High tide: 00:20 Rehoboth: 14° | 29° Mariental: 17° | 31° Keetmanshoop: 19° | 31° Aranos: 16° | 31° Lüderitz: 15° | 25° Ariamsvlei: 18° | 33° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 25° | 28° Gaborone: 14° | 27° Lubumbashi: 12° | 26° Mbabane: 12° | 26° Maseru: 11° | 25° Antananarivo: 13° | 24° Lilongwe: 13° | 27° Maputo: 19° | 28° Windhoek: 12° | 27° Cape Town: 15° | 19° Durban: 17° | 28° Johannesburg: 16° | 25° Dar es Salaam: 24° | 28° Lusaka: 15° | 27° Harare: 13° | 28° Currency: GBP to NAD 23.16 | EUR to NAD 19.9 | CNY to NAD 2.54 | USD to NAD 18.49 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.31 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.68 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.62 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 133.91 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.64 | USD to EGP 47.9 | USD to KES 133.98 | USD to NGN 1379 | USD to ZAR 18.49 | USD to ZMW 27.1 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 76428.31 Up +0.50% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1700.24 Up +0.45% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13322.85 Up +0.03% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26113.71 Up +6.81% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9146.09 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 297.98/OZ DOWN -0.0111 | Copper US$ 4.51/lb DOWN -0.0039 | Zinc US$ 2 924.30/T DOWN -0.08% | Brent Crude Oil US$ 83.50/BBP DOWN -0.0094 | Platinum US$ 954.18/OZ DOWN -0.0014 Sport results: Premier League: Chelsea 2 vs 0 Tottenham Hotspur European Championships Qualifying: Coventry City 1 vs 2 Ipswich Town English Championship: Coventry City 1 vs 2 Ipswich Town Weather: Katima Mulilo: 12° | 32° Rundu: 13° | 32° Eenhana: 13° | 32° Oshakati: 15° | 32° Ruacana: 15° | 33° Tsumeb: 16° | 30° Otjiwarongo: 13° | 29° Omaruru: 13° | 31° Windhoek: 12° | 27° Gobabis: 15° | 28° Henties Bay: 14° | 21° Wind speed: 20km/h, Wind direction: SW, Low tide: 05:43, High tide: 12:02, Low Tide: 17:54, High tide: 00:23 Swakopmund: 16° | 19° Wind speed: 19km/h, Wind direction: W, Low tide: 05:41, High tide: 12:00, Low Tide: 17:52, High tide: 00:21 Walvis Bay: 16° | 25° Wind speed: 28km/h, Wind direction: W, Low tide: 05:41, High tide: 11:59, Low Tide: 17:52, High tide: 00:20 Rehoboth: 14° | 29° Mariental: 17° | 31° Keetmanshoop: 19° | 31° Aranos: 16° | 31° Lüderitz: 15° | 25° Ariamsvlei: 18° | 33° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 25° | 28° Gaborone: 14° | 27° Lubumbashi: 12° | 26° Mbabane: 12° | 26° Maseru: 11° | 25° Antananarivo: 13° | 24° Lilongwe: 13° | 27° Maputo: 19° | 28° Windhoek: 12° | 27° Cape Town: 15° | 19° Durban: 17° | 28° Johannesburg: 16° | 25° Dar es Salaam: 24° | 28° Lusaka: 15° | 27° Harare: 13° | 28° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.16 | EUR to NAD 19.9 | CNY to NAD 2.54 | USD to NAD 18.49 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.31 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.68 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.62 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 133.91 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.64 | USD to EGP 47.9 | USD to KES 133.98 | USD to NGN 1379 | USD to ZAR 18.49 | USD to ZMW 27.1 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 76428.31 Up +0.50% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1700.24 Up +0.45% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13322.85 Up +0.03% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26113.71 Up +6.81% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9146.09 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 297.98/OZ DOWN -0.0111 | Copper US$ 4.51/lb DOWN -0.0039 | Zinc US$ 2 924.30/T DOWN -0.08% | Brent Crude Oil US$ 83.50/BBP DOWN -0.0094 | Platinum US$ 954.18/OZ DOWN -0.0014