Amushelelo bly in aanhouding
Redes nog nie bekend gemaak
Die aktivis Michael Amushelelo sal ingevolge 'n beslissing deur regters Naomi Shivute en Philanda Christiaan agter tralies bly.
Die aktivis Michael Amushelelo se aansoek om teen die landdroshof se beslissing om hom borgtog te weier, te appelleer, is gister van die hand gewys.
Regters Naomi Shivute en Philanda Christiaan het nie redes vir die uitspraak verskaf nie.
Dit nadat Amushelelo op Onafhanklikheidsdag tydens ’n protesoptog ter bewusmaking van jeugwerkloosheid in Namibië in hegtenis geneem is.
Amushelelo se medebeskuldigdes, parlementslid Inna Hengari en jeugaktivis Dimbulukeni Nauyoma, is vroeër borgtog toegestaan.
Amushelelo se regsverteenwoordiger, Kadhila Amoomo, het verlede maand tydens finale betoë in Amushelelo se appélaansoek gesê dat hy “in hegtenis geneem is omdat hy gesing en gedans het”. Hy het ook aangevoer dat Amushelelo borgtog toegestaan moes word aangesien Hengari en Nauyoma reeds vry is op borgtog.
Die staatsaanklaer, Johannes Kalipi, het tydens finale betoë gesê dat Amushelelo nie dieselfde voorkeur as Hengari en Nauyoma moet geniet nie omdat hy reeds op borgtog vrygelaat is met betrekking tot ’n vorige klag. Dié klag hou verband met die Chinatown-protesoptog in die hoofstad in Mei 2022.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie