Werksgeleenthede in die gedrang
'Onherstelbare finansiële skade'
Die lewensbestaan van Africure se werknemers sal geraak word, sou die toekenning van die tender nie geïmplementeer word nie.
Ogone Tlhage - Midde die stryd om die tender vir die verskaffing van antiretrovirale medikasie (ARV’s) wat voortduur, het die sakeman Shapwa Kanyama gesê hordes van sy werknemers gaan sonder werk sit sou die Sentrale Verkrygingsraad van Namibië (CPBN) nie die winsgewende kontrak aan sy maatskappy toeken nie.
Dit is vervat in dokumente wat Kanyama by die hoërhof ingedien het en waarin hy ook vra dat ’n hersieningsaansoek op ’n dringende basis aangehoor moet word.
Kanyama se maatskappy Africure Pharmaceuticals Namibia het die tender gewen om ARV’s aan die ministerie van gesondheid en maatskaplike dienste te verskaf. Die CPBN daag egter dié besluit uit. In sy verklaring sê Kanyama sy besigheid het verskeie bedryfsuitgawes.
“Africure neem werkers op ’n ad hoc-basis in diens. Dit is duidelik dat ’n enkele toekenning nie drie maande se salaris sal kan handhaaf nie, wat nog die verskeie ander uitgawes,” lui die hofdokument.
Volgens die sakeman is ’n verlies aan werksgeleenthede die gevolg sou die hersieningsaansoek nie aangehoor word nie.
“Die lewensbestaan van Africure se werknemers sal geraak word, sou die toekenning van die tender nie geïmplementeer word nie.”
“Die geldelike verlies – wat voortspruit uit die betwiste verkrygingsproses is beduidend vir Africure, aangesien dit werknemers in sy fabriek sal moet aflê omdat die toekenning so klein is, dat dit nie daardie werknemers se vergoeding kan handhaaf nie. Africure sal nie in die posisie wees om voort te gaan om sy kapasiteit as ’n plaaslike vervaardiger van farmaseutiese produkte te bou nie,” aldus die hofdokumente.
CPBN se voorsitter, Amon Ngavetene, het egter Kanyama se verweer verwerp en sê geen finansiële verliese sal gely word as die hersieningsaansoek nie dringend aangehoor word nie.
“Ek ontken dat Kanyama onherstelbare finansiële skade sal lei sou die items in die tender deur enige ander suksesvolle tenderaars verskaf word. Die swaarkry waaroor hy besin, is ’n illusie. Africure sê nie en wys nog minder enigsins dat sy tender verkeerdelik geëvalueer is en dat die meerderderheid van die ander items aan hulle toegeken moes word nie,” het hy gesê.
Volgens Ngavetene was Kanyama daarvan bewus wanneer die CPBN die kontrakte met sy gekose verskaffers sou aangaan.
“Vir ’n baie lang tyd het Africure presies geweet wanneer die kontrakte onderteken sou word. Dit het met twee mislukte dringende aansoeke probeer om ’n interdik teen die verkrygingsproses te verkry. Niks wat hulle nou sê maak hierdie derde poging dringend nie,” het hy gesê.
Ngavetene het gevra dat Kanyama se aansoek weens ’n gebrek aan dringendheid van die rol geskrap word of alternatiewelik op meriete afgekeur word. – [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie