Tydelike malaria-‘bestryders’ wag steeds op betaling
’n Landswye vertraging in betalings aan tydelike werknemers wat onder die ministerie van gesondheid en maatskaplike dienste se malariabespuitingsprogram werk, het frustrasie onder veldwerkers in verskeie streke veroorsaak.
Bronne binne die ministerie se direktoraat in Kavango-Wes het Woensdag aan Network Media Hub (NMH) bevestig dat die probleem verder as een streek strek en malariabeheerbedrywighede onder meer in Kavango-Oos en -Wes, Zambezi en Omusati raak.
Volgens ’n senior amptenaar betrokke by die program, spruit die vertragings uit ’n gebrek aan magtiging om die tydelike werkers te betaal, waarvan talle sedert September aktief is en nog nie eens hul opleidingstoelaes ontvang het nie.
“Ons het die eise ingedien en met die spuitprogram begin, maar die opleidingsgeld word steeds nie betaal nie, want daar is geen magtiging van die uitvoerende direkteur of minister nie,” het die amptenaar gesê.
“Ons is nie hieroor ingelig toe ons met die opleiding begin het nie en nou raak mense gefrustreerd.”
Die amptenaar, wat op voorwaarde van anonimiteit met NHM gepraat het, het gesê die werkers wat vir 65 dae gekontrakteer is, insluitend opleiding van tien dae en veldwerk van 55 dae, word N$223,20 per dag betaal.
Die vertraging het egter veroorsaak dat baie mense reeds meer as ’n maand sukkel om in hul basiese behoeftes te voorsien.
“Sommige sê hulle kan nie aanhou werk nie, want hulle het kinders om te voed,” het die bron gesê.
“Hulle voel die ministerie het hulle afgeskeep.”
Toe sy Woensdag vir kommentaar genader is, het Franciska Hamutenya, die gesondheidsdirekteur in Kavango-Wes, die vertragings erken, maar gesê die ministerie verwerk nou betalings vir alle betrokke streke.
“Dit is eintlik ’n nasionale kwessie vir al die streke wat met malaria te kampe het,” het sy gesê.
“Daar was ’n paar vertragings in die betalingsprosesse as gevolg van die oorgang onder die nuwe uitvoerende direkteur en minister. Alles is nou in orde en teen volgende week behoort die betalings te wys.”
Ten spyte van hierdie versekering bly veldspanne in verskeie streke onseker oor wanneer die beloofde geld uitbetaal sal word.
Die jaarlikse binnenshuise residuele bespuitingsprogram is een van Namibië se belangrikste malaria-voorkomingsmaatreëls, wat elke jaar honderde tydelike werkers gedurende die piek-oordragseisoen in diens neem.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie