Staatsambulanse: Net 84 in gebruik
Uit die staatsvloot van 234 ambulanse van die ministerie van gesondheid en maatskaplike dienste is daar tans net 84 wat in gebruik is.
Dié inligting is vervat in ’n verslag wat deur die ministerie aan Network Media Hub (NMH) beskikbaar gestel is.
Volgens die verslag is 88 ambulanse gehok, maar word as herstelbaar geklassifiseer, terwyl 26 permanent afgeskryf en onherstelbaar is. Die oorblywende 36 ambulanse is nuut aangekoop en op 2 Junie na verskeie streke oraloor die land ontplooi in ’n poging om dienslewering van noodgesondheidsdienste te verbeter.
“Ons werk doelgerig daaraan om die 88 wat gehok is te herstel om noodreaksie te verbeter,” het Erastus Shikemeni, die adjunkdirekteur van aanleg- en vlootbestuur in die ministerie, gesê.
Volgens hom prioritiseer die ministerie instandhouding om te verseker die vloot kan aan die groeiende vraag na noodgesondheidsdienste voldoen.
Verskeie streke in Namibië, veral in afgeleë en landelike gebiede, is sterk afhanklik van ambulanse om betyds toegang tot mediese sorg te verkry.
In sommige gevalle het die gebrek aan funksionerende ambulanse beteken pasiënte moet ure en selfs dae wag voordat hulle by ’n hospitaal of kliniek uitkom, dikwels met lewensbedreigende gevolge.
Die bykomende 36 nuwe ambulanse het juis ten doel om sommige van die kritiese gapings in veral onderbediende gebiede te vul om toegang tot die lewering van noodsorg te verhoog.
Ambulanse wat afgeskryf is, hou egter volgens die ministerie steeds ’n beduidende uitdaging vir die lewering van gesondheidsdienste in.
Shikemeni het egter die versekering gegee dat planne aan die gang is om die herstelproses te versnel en ook die algehele beskikbaarheid van ambulanse in die land te verhoog.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie