Die land se vermoë word bevraagteken om die WHO se aanbevole verhouding van een ambulans per 100 000 mense vir tydige mediese bystand in noodgevalle na te kom. FOTO VERSKAF
Die land se vermoë word bevraagteken om die WHO se aanbevole verhouding van een ambulans per 100 000 mense vir tydige mediese bystand in noodgevalle na te kom. FOTO VERSKAF

Sowat 63% van land se ambulanse buite werking

Yandi Du Plessis
Jemima Beukes - Die land staar ’n kommerwekkende tekort aan ambulanse in die gesig, met sowat 167 uit sy 267 ambulanse wat buite werking is en baie Namibiërs sonder onmiddellike toegang tot gesondheidsorg laat.

Die oorblywende ambulanse is óf op bakstene in ’n vervalle toestand, afgeskryf weens ongelukke, óf ondergaan uitgebreide instandhoudingswerk.

Hierdie toedrag van sake wek ernstige kommer oor die land se vermoë om die Wêreldgesondheidsorganisasie (WHO) se aanbevole verhouding van een ambulans per 100 000 mense vir tydige mediese bystand in noodgevalle na te kom.

In reaksie het Ben Nangombe, die uitvoerende direkteur van gesondheid en maatskaplike dienste, gesê hulle moet noodgedwonge ambulanse as mediese toerusting eerder as voertuie herklassifiseer weens ’n onlangse moratorium op die verkryging van staatsvoertuie.

“Ons het 267 ambulanse, maar ’n groot aantal word in ongelukke afgeskryf en ander is in vir instandhouding.

“Die situasie is kritiek en beïnvloed die ministerie se werk drasties, want mense moet lang afstande reis as hulle nie toegang tot fasiliteite kan kry nie. Dit beteken ook die fasiliteite kan hulle nie na ander hospitale verwys vir gespesialiseerde dienste as daar nie ’n ambulans is nie.

“Ons het dus versoek dat ambulanse nie as voertuie geklassifiseer word nie, maar as mediese toerusting. Ons het daarin geslaag om 20 vir hierdie boekjaar te bekom,” het hy gesê.

Volgens die gesondheidsministerie se woordvoerder, Walters Kamaya, het die dorp Engela in die Ohangwenastreek voorheen vyf ambulanse gehad, maar net twee is tans in werking terwyl daar by Eenhana slegs twee werkende ambulanse is met een wat buite werking is.

Hy het bygevoeg hoewel die Okondo-gesondheidsfasiliteit drie ambulanse in werkende toestand het, is die voertuie nie betroubaar in kritieke noodgevalle nie, aangesien hulle oud is en meer as 300 000 kilometer aangeteken het.

“Ambulanse word daagliks gebruik om pasiënte na intermediêre hospitale soos dié op Oshakati of Onandjokwe te vervoer. Ons ontplooi hulle soms waar daar ’n dringende behoefte is. Okongo, ons verste distrik, is ongeveer 170 kilometer van Onandjokwe af en ongeveer 200 kilometer van Oshakati af. Een retoerrit verdubbel basies hierdie afstande. Eksterne ambulansondersteuning is skaars omdat ons distrikte meer dringende probleme prioritiseer. Die huidige situasie in Engela, met net twee funksionerende ambulanse, is baie kommerwekkend.”

Anna Jonas, die gesondheidsdirekteur in die Erongostreek, het hul dilemma gedeel om daarby uit te kom om gesondheidsdienste na die mense te bring, en gesê hulle het drie ambulanse oor die afgelope drie jaar in ongelukke verloor, en boonop is ambulanse oud en daarom moet hulle tussen distrikte en klinieke gedeel word.

Die Omusatistreek het slegs 18 ambulanse op sy meesterlys, waarvan agt in ’n lopende toestand is, vyf herstelwerk ondergaan, vier wat geparkeer staan na ongelukke en een wat buite werking is.

Volgens die ministerie het die Oshanastreek altesaam 12 ambulanse waarvan nege loop, een afgeskryf is en twee tans in onbruik is. Drie van die res dien die hele streek se gesondheidsentrums en klinieke terwyl ses geprioritiseer word vir die Oshakati-hospitaal.

Die ||Kharasstreek se voertuigregister vir Oktober 2023 toon dat die streek 96 ambulanse het waarvan 32 in ’n lopende toestand is, vier afgeskryf is, 49 herstelwerk benodig en drie in ongelukke beskadig is.

Die ministerie het gesê Kavango-Wes het 10 ambulanse op sy meesterlys waarvan slegs vier in ’n werkende toestand is.

“Vyf werk weens meganiese probleme nie, en een is oud en moet opgeknap word. Die impak is vertraagde reaksies op noodgevalle, veral weens die feit dat die streek baie uitgestrek is en die padtoestande nie gunstig is nie,” het Kamaya gesê.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-09-19

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Real Betis 2 vs 1 Getafe | Mallorca 1 vs 0 Real Sociedad | Rayo Vallecano 3 vs 1 Osasuna SerieA: SS Lazio 2 vs 1 Hellas Verona | Parma 2 vs 3 Udinese Katima Mulilo: 19° | 40° Rundu: 20° | 39° Eenhana: 17° | 37° Oshakati: 17° | 35° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 21° | 34° Otjiwarongo: 14° | 33° Omaruru: 13° | 33° Windhoek: 12° | 29° Gobabis: 10° | 29° Henties Bay: 10° | 16° Wind speed: 24km/h, Wind direction: S, Low tide: 05:02, High tide: 11:41, Low Tide: 18:01, High tide: 00:18 Swakopmund: 11° | 13° Wind speed: 27km/h, Wind direction: SW, Low tide: 05:00, High tide: 11:39, Low Tide: 17:59, High tide: 00:16 Walvis Bay: 10° | 16° Wind speed: 27km/h, Wind direction: S, Low tide: 05:00, High tide: 11:38, Low Tide: 17:59, High tide: 00:15 Rehoboth: 8° | 27° Mariental: 10° | 25° Keetmanshoop: 8° | 22° Aranos: 8° | 26° Lüderitz: 10° | 34° Ariamsvlei: 8° | 21° Oranjemund: 9° | 27° Luanda: 21° | 23° Gaborone: 14° | 27° Lubumbashi: 17° | 37° Mbabane: 8° | 10° Maseru: 4° | 11° Antananarivo: 12° | 29° Lilongwe: 21° | 32° Maputo: 16° | 19° Windhoek: 12° | 29° Cape Town: 12° | 19° Durban: 12° | 17° Johannesburg: 8° | 18° Dar es Salaam: 23° | 28° Lusaka: 23° | 36° Harare: 19° | 32° Currency: GBP to NAD 23 | EUR to NAD 19.37 | CNY to NAD 2.46 | USD to NAD 17.43 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.28 | EGP to NAD 0.35 | KES to NAD 0.13 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.66 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.2 | RUB to NAD 0.19 | INR to NAD 0.21 | USD to DZD 132.04 | USD to AOA 926.84 | USD to BWP 13.21 | USD to EGP 48.48 | USD to KES 128.48 | USD to NGN 1593.37 | USD to ZAR 17.51 | USD to ZMW 26.1 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index Same 0 | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1813.42 Down -0.03% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 14088.04 Up +0.64% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 30342.46 Up +0.61% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 575.98/OZ UP +0.65% | Copper US$ 4.33/lb UP +1.99% | Zinc US$ 2 921.30/T UP 0.49% | Brent Crude Oil US$ 74.50/BBP UP +2.05% | Platinum US$ 981.44/OZ UP +1.43% Sport results: LaLiga: Real Betis 2 vs 1 Getafe | Mallorca 1 vs 0 Real Sociedad | Rayo Vallecano 3 vs 1 Osasuna SerieA: SS Lazio 2 vs 1 Hellas Verona | Parma 2 vs 3 Udinese Weather: Katima Mulilo: 19° | 40° Rundu: 20° | 39° Eenhana: 17° | 37° Oshakati: 17° | 35° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 21° | 34° Otjiwarongo: 14° | 33° Omaruru: 13° | 33° Windhoek: 12° | 29° Gobabis: 10° | 29° Henties Bay: 10° | 16° Wind speed: 24km/h, Wind direction: S, Low tide: 05:02, High tide: 11:41, Low Tide: 18:01, High tide: 00:18 Swakopmund: 11° | 13° Wind speed: 27km/h, Wind direction: SW, Low tide: 05:00, High tide: 11:39, Low Tide: 17:59, High tide: 00:16 Walvis Bay: 10° | 16° Wind speed: 27km/h, Wind direction: S, Low tide: 05:00, High tide: 11:38, Low Tide: 17:59, High tide: 00:15 Rehoboth: 8° | 27° Mariental: 10° | 25° Keetmanshoop: 8° | 22° Aranos: 8° | 26° Lüderitz: 10° | 34° Ariamsvlei: 8° | 21° Oranjemund: 9° | 27° Luanda: 21° | 23° Gaborone: 14° | 27° Lubumbashi: 17° | 37° Mbabane: 8° | 10° Maseru: 4° | 11° Antananarivo: 12° | 29° Lilongwe: 21° | 32° Maputo: 16° | 19° Windhoek: 12° | 29° Cape Town: 12° | 19° Durban: 12° | 17° Johannesburg: 8° | 18° Dar es Salaam: 23° | 28° Lusaka: 23° | 36° Harare: 19° | 32° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23 | EUR to NAD 19.37 | CNY to NAD 2.46 | USD to NAD 17.43 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.28 | EGP to NAD 0.35 | KES to NAD 0.13 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.66 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.2 | RUB to NAD 0.19 | INR to NAD 0.21 | USD to DZD 132.04 | USD to AOA 926.84 | USD to BWP 13.21 | USD to EGP 48.48 | USD to KES 128.48 | USD to NGN 1593.37 | USD to ZAR 17.51 | USD to ZMW 26.1 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index Same 0 | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1813.42 Down -0.03% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 14088.04 Up +0.64% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 30342.46 Up +0.61% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 575.98/OZ UP +0.65% | Copper US$ 4.33/lb UP +1.99% | Zinc US$ 2 921.30/T UP 0.49% | Brent Crude Oil US$ 74.50/BBP UP +2.05% | Platinum US$ 981.44/OZ UP +1.43%