Skenking van liggame vir navorsing begin posvat
Die Universiteit van Namibië (Unam) is tevrede met die toename in mense wat hul liggame vir navorsing skenk.
Tussen 2010 en 2014 het slegs 11 mense hul liggame vir navorsing beloof, maar tussen Februarie en Mei vanjaar het nog vier skenkers hul liggame aan Unam vir wetenskaplike navorsing beloof.
“Die onlangse toename in liggaamskenkings toon groter openheid en aanvaarding onder Namibiërs. Dis ’n prysenswaardige daad wat ’n progressiewe ingesteldheid teenoor die ondersteuning van mediese navorsing en -onderwys in Namibië aandui,” het die mededekaan vir Unam se mediese skool, dr. Felicia Christians, gesê.
In ’n verklaring het Unam gesê die skenking van Namibiërs se liggame vir wetenskap het ’n diepgaande impak op die koste en logistieke reëlings wat verband hou met die invoer van liggame uit ander lande soos Suid-Afrika.
“Plaaslike liggaamskenkings simboliseer ondersteuning vir Namibië se gesondheidsorg-onderwysstelsel. Dis ’n kragtige verklaring van nasionale trots en eenheid,” het die uitvoerende dekaan van Unam se fakulteit gesondheidswetenskappe en veeartsenykunde, prof. Judith Hall, gesê.
Volgens Unam help dié liggame mediese studente om ’n begrip van die menslike liggaam te kry wat nie deur boeke of modelle geleer kan word nie. Die universiteit sê dat hulle ten minste tien skenkings elke jaar benodig.
“Elke verbintenis verryk die praktiese opleiding van ons toekomstige mediese personeel. Die toename in openbare belangstelling is werklik bemoedigend en ondersteun ’n beter begrip van hoe noodsaaklik hierdie skenkings vir mediese opleiding is,” sê dr. Anneli Poolman, ’n senior dosent in anatomie aan die universiteit.
Die universiteit sê dat die liggame met die grootste respek en waardigheid behandel word en ’n rooseremonie word aan die begin van elke semester gehou ter ere van diegene wat hul liggame geskenk het. Dié seremonie word by universiteite wêreldwyd gehou.
Diegene wat hul liggame vir wetenskap wil skenk, kan ’n e-pos na [email protected] stuur.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie