No Image Caption

Rep Brokkies: 'Engine Bleed' met NamBTS

Iréne-Mari van der Walt
Die Bloedoortappingsdiens van Namibië (NamBTS) sal hierdie naweek motor- en motorfiets-entoesiaste bymekaar bring met 'Engine Bleed: The Ultimate Blood Drive'.

Diegene wat entoesiasties is oor die gevroem van 'n enjin kan Saterdag by die Grove inkoopsentrum 'n motor- en motorfietsskou geniet, bloedskenk, gratis hul bloedgroep laat toets, lewendige musiekoptredes geniet en met mense wat hul belangstelling deel ontmoet.

Hierdie geleentheid sal van 09:00 tot 16:00 duur.

Kommentaar

Republikein 2025-09-19

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer