Pasiënte kan reg tot privaatheid verloor
Toestemming om mediese inligting te deel
Ten spyte van data wat aangedui dat die styging in verbruik in 2023 waarskynlik tydelik was, is die besluit geneem om mediesefondslede se voordele te verminder, terwyl bydraes verhoog word
Lede van private mediese fondse gaan binnekort gevra word om toestemmingsbriewe te onderteken dat hul mediese inligting gedeel mag word. Sou hulle weier, kan dit daartoe lei dat mediese eise geweier word, selfs al vereis die wet dat dit betaal moet word.
Dr. Jürgen Hoffmann, uitvoerende hoof van die Namibië Private Praktisynsforum (NPPF) het verwys na die Namibiese vereniging vir mediese fondse (Namaf) wat namens die fondse aandring op die gebruik van ICD-10 mediese koderingstelsel “selfs al het Namibië en die res van die wêreld na ICD-11 beweeg”. Volgens Namaf word die besluit ondersteun en magtiging daarvoor gegee deur artikel 10 van die wet op mediese fondse, saamgelees met regulasies 5 en 6.
“Dit sal pasiënte in ‘n onmoontlike situasie plaas,” het Hoffmann gemaan. Volgens hom loop pasiënte die risiko om hul reg tot vergoeding te verloor, sou hulle hul reg tot privaatheid uitoefen. Hofmann sê Namaf het geen statutêre magte het om dit te vereis nie omdat dit nie ‘n kliniese reguleerder van verskaffers is nie. Hy het ook verwys na verskeie dryfvere van hoër gebruik van gesondheidsorg na die Covid-19-pandemie en wat volgens Hoffmann teen 2023 voorsienbaar was, maar wat grootliks deur Namaf se beleidsbesluite geïgnoreer is. Dit sluit in die opvang van elektiewe prosedures tydens 2020 tot 2021, ‘n tendens wat wêreldwyd deur die Altarum Health Sector Indicators en die WTW Global Medical Trends Survey bevestig is. Ook was daar ‘n merkbare toename in geregistreerde verskaffers sedert 2020, met Namaf wat meer as 800 praktyknommers uitgereik het “sonder ‘n deursigtige, bewysgebaseerde evaluering van nasionale behoefte of volhoubaarheidsdrempels van fondse”.
Die NPPF het volgens Hoffman ook gemaan teen “vereenvoudige narratiewe” wat hospitale uitgesonder het as die hoofdryfvere van kostes.
CHRONIESE STRES
Volgens hom is die ondersteuning van geestesgesondheid tydens die pandemie “afgewater” en hoewel ‘tele-sielkunde’ goedgekeur is, het die meeste fondse tariewe ten spyte van stygende stres en trauma onder inwoners, beduidend gesny. Hoffmann verwys na verskeie gerekende studies wat die doeltreffendheid van tele-psigoterapie uitwys en dat chroniese stres en rou verbind word met swakker immuniteit, hoër siektelas en verhoogde hospitalisasie.
“Deur die finansiering van geestesgesondheidsorg te verminder toe dit die nodigste was, is koste waarskynlik verskuif na later, duurder fisiese siekte wat hospitalisasie vereis het,” het Hoffmann verduidelik. Hy verwys na die Wêreldgesondheidsorganisasie (WHO) se gesondheidsatlas (2021) wat bevestig dat geestesgesondheidsdienste van die dienste in veral lae- en middelinkomstelande was wat wêreldwyd die meeste ontwrig is. Dit ten spyte van stygende aanvraag.
Ten spyte van data wat aangedui dat die styging in gebruik in 2023 waarskynlik tydelik was, het fondse, hoofbeamptes, administrateurs en die raad van trustees volgens Hoffmann tydens ‘n strategiese vergadering in September 2023 besluit om lede se voordele te verminder, terwyl bydraes verhoog word. Die besluit is volgens hom geneem eerder as om die goed gedokumenteerde kernoorsake aan te spreek.
'PASIëNTE BETAAL MEER VIR MINDER
“Pasiënte verdien antwoorde. Hulle is onregverdig van oorgebruik in 2023 beskuldig en tog betaal hulle nou meer vir minder. Reguleerders moet verseker dat verhogings van bydraes en die sny van voordele ondersteun word deur bewyse. Pasiënte se privaatheid moet beskerm en nie in die gedrang gebring word nie,” het Hoffmann gemaan. Lede se bydraes het in 2024 met 9,9% gestyg, terwyl hospitaalvoordele sedert 2023 met sowat 33% verminder is. In die eerste kwartaal van 2025 het mediese fondse se reserwes versterk, met oop fondse op 33,8% en geslote fondse op 66,5%. Die bedryf het ‘n surplus van N$229,7 miljoen in die eerste kwartaal vanjaar aangeteken. Die Namaf-standaardtarief het onveranderd gebly.
- [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie