Die uitvoerende direkteur van die ministerie van gesondheid en maatskaplike dienste, Ben Nangombe. Foto Argief
Die uitvoerende direkteur van die ministerie van gesondheid en maatskaplike dienste, Ben Nangombe. Foto Argief

PAS IN: Namibië heraktiveer toetssentrums vir Covid

Die uitvoerende direkteur van die ministerie van gesondheid en maatskaplike dienste (MoHSS), Ben Nangombe, het beopdrag dat alle streekdirektorate Covid-19-toetsfasiliteite heraktiveer.

In ‘n berig deur die NBC, wat op die MoHSS se Facebook-blad gedeel is, sê die uitsaaier Namibië ervaar ‘n toename in mense wat positief vir Covid-19 toets. Die meeste gevalle kom in Khomas en Erongo voor. In November het 192 mense positief getoets en tot dusver was daar 166 positiewe gevalle in Desember.

Nangombe het voorts opdrag gegee dat enige persoon wat Covid-19-simptome toon, ongeag of hulle met ‘n positiewe persoon in kontak was, getoets moet word en in selfkwarantyn gaan totdat die uitslag bekend is.

Kommentaar

Republikein 2026-07-17

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer