Pandemie sorg vir tonne mediese afval

Toetsstelle, maskers, PPE’s
Die meer as agt miljard dosisse entstof wat wêreldwyd toegedien is, het 144 000 ton bykomende afval in die vorm van spuitnaalde, naalde en veiligheidsboksies te weeg gebring.
Henriette Lamprecht
Tienduisende tonne ekstra mediese afval weens die wêreld se reaksie tot die Covid-19-pandemie plaas oraloor ’n geweldige las op die bestuurstelsels van gesondheidsorgafval.

Dit bedreig mens en dier se gesondheid en het ’n dringende behoefte blootgelê om bestuurspraktyke te verbeter.

Volgens ’n nuwe verslag deur die Wêreldgesondheidsorganisasie (WHO) wat gefokus het op ’n globale ontleding van mediese afvalpraktyke, het die kollig geval op sowat 87 000 ton persoonlike beskermende toerusting (PPE’s) wat tussen Maart 2020 tot November 2021 aangekoop en verskeep is as deel van ’n gesamentlike noodinisiatief deur die Verenigde Nasies (VN).

Die meeste van dié toerusting het as mediese afval opgeëindig. Die verslag maan enige Covid-verwante produkte wat buiten bogenoemde inisiatief gekoop en gebruik is, sowel as afval wat deur die publiek gegenereer is, vorm nie deel van die verslag nie. Deel van die inisiatief was meer as 140 miljoen toetsstelle, met ’n potensiaal van 2 600 ton nie-aansteeklike afval (hoofsaaklik plastiek) en 731 000 liter chemiese afval (gelykstaande aan ’n derde van ’n Olimpiese grootte swembad) verskeep.

Die meer as agt miljard dosisse entstof wat wêreldwyd toegedien is, het 144 000 ton bykomende afval in die vorm van spuitnaalde, naalde en veiligheidsboksies te weeg gebring.

Volgens die verslag het die VN gefokus op die onmiddellike taak om kwaliteitvoorrade PPE’s te bekom en is minder aandag en hulpbronne gewy aan die veilige en volhoubare bestuur van Covid-19-verwante mediese afval.

Die WHO se uitvoerende direkteur vir die organisasie se programme noodgevalle, dr. Michael Ryan, het erken dis absoluut noodsaaklik om die regte PPE aan gesondheidswerkers te voorsien. Dis volgens hom egter net so noodsaaklik dat dit veilig gebruik kan word sonder dat dit die omliggende omgewing beïnvloed.

Dit beteken doeltreffende bestuurstelsels is in plek wat insluit riglyne vir gesondheidswerkers oor wat om met PPE’s en ander gesondheidsprodukte te maak nadat dit gebruik is.

In lande wat die minste ontwikkel is, is tot 60% van gesondheidsorggeriewe nie gerat om bestaande vragte afval te hanteer nie, wat nog te sê die bykomende las wat Covid-19 veroorsaak. In ander lande is dit 30%.

Die verslag maan dit stel gesondheidswerkers potensieel bloot aan naaldprikke en patogeniese mikro-organismes, terwyl dit voorts gemeenskappe raak wat naby afvalstortingsterreine woon wat geraak word deur besoedelde lug van afval wat verbrand word, swakkwaliteit water of diere wat siektes dra.

“Covid-19 het die wêreld gedwing om die gapings en verwaarloosde aspekte van die afvalstroom en hoe ons ons gesondheidshulpbronne produseer, gebruik en weggooi, in oënskou te neem,” sê dr. Maria Neira, die WHO se direkteur vir omgewing, klimaatsverandering en gesondheid.

“Beduidende veranderinge op alle vlakke, van die globale tot die hospitaalvloer, in hoe ons hierdie stroom bestuur, is ’n basiese vereiste van klimaatslim gesondheidstelsels. Verskeie lande het hulle tot laasgenoemde tydens die VN se konferensie vir klimaatsverandering verbind. Natuurlik ook is ’n gesonde herstel van Covid-19 en voorbereiding vir ander gesondheidsnoodgevalle in die toekoms,” het Neira gesê.

Die verslag het verskeie voorstelle vir lande om die afvalstroom te beheer en bestuur. Dit sluit in omgewingsvriendelike verpakking en verskeping en herwinbare PPE’s (ingesluit handskoene en mediese maskers), herwinbare of bio-afbreekbare materiale, sowel as die belegging in tegnologieë soos outoklawe.

“’n Sistematiese verandering in hoe gesondheidsorg sy afval bestuur, sluit ’n kritiese oog en beter verkrygingspraktyke in,” sê dr. Anne Woolridge, voorsitter van die Health Care Waste Working Group, International Solid Waste Association (ISWA).

Sy het beklemtoon die veilige en rasionele gebruik van PPE’s sal nie net omgewingskade van afval verminder nie, maar ook geld spaar, die potensiële tekort aan voorraad verminder en ook die voorkoming van infeksie ondersteun. – [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-05-14

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Aston Villa 3 vs 3 Liverpool | Manchester United 0 vs 1 Arsenal | Nottingham Forest 2 vs 3 Chelsea | Newcastle 1 vs 1 Brighton | Wolves 1 vs 3 Crystal Palace | Everton 1 vs 0 Sheffield United | West Ham 3 vs 1 Luton Town | Bournemouth 1 vs 2 Brentford | Tottenham Hotspur 2 vs 1 Burnley | Fulham 0 vs 4 Manchester City LaLiga: Barcelona 2 vs 0 Real Sociedad | Real Betis 3 vs 2 Almería | Valencia 0 vs 0 Rayo Vallecano | Atletico Madrid 1 vs 0 Celta Vigo | Cadiz 1 vs 0 Getafe | Athletic Club 2 vs 2 Osasuna | Granada 0 vs 4 Real Madrid | Villarreal 3 vs 2 Sevilla | Mallorca 1 vs 0 Las Palmas SerieA: Fiorentina 2 vs 1 Monza | Lecce 0 vs 2 Udinese | Atalanta 2 vs 1 AS Roma | Juventus 1 vs 1 Salernitana | Genoa 2 vs 1 Sassuolo | Hellas Verona 1 vs 2 Torino | SS Lazio 2 vs 0 Empoli | AC Milan 5 vs 1 Cagliari | Napoli 0 vs 2 Bologna European Championships Qualifying: West Bromwich Albion 0 vs 0 Southampton | Norwich City 0 vs 0 Leeds United English Championship: West Bromwich Albion 0 vs 0 Southampton | Norwich City 0 vs 0 Leeds United Katima Mulilo: 13° | 31° Rundu: 13° | 30° Eenhana: 17° | 32° Oshakati: 17° | 32° Ruacana: 18° | 32° Tsumeb: 15° | 28° Otjiwarongo: 13° | 27° Omaruru: 13° | 29° Windhoek: 12° | 25° Gobabis: 14° | 25° Henties Bay: 15° | 32° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 13:52, High tide: 07:51, Low Tide: 02:00, High tide: 20:47 Swakopmund: 17° | 24° Wind speed: 27km/h, Wind direction: SW, Low tide: 13:50, High tide: 07:49, Low Tide: 02:00, High tide: 20:45 Walvis Bay: 20° | 32° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 13:50, High tide: 07:48, Low Tide: 02:00, High tide: 20:44 Rehoboth: 14° | 26° Mariental: 15° | 29° Keetmanshoop: 19° | 30° Aranos: 16° | 28° Lüderitz: 18° | 35° Ariamsvlei: 19° | 31° Oranjemund: 14° | 29° Luanda: 24° | 27° Gaborone: 13° | 27° Lubumbashi: 13° | 27° Mbabane: 12° | 24° Maseru: 9° | 24° Antananarivo: 14° | 22° Lilongwe: 13° | 26° Maputo: 19° | 26° Windhoek: 12° | 25° Cape Town: 16° | 20° Durban: 17° | 26° Johannesburg: 15° | 23° Dar es Salaam: 23° | 31° Lusaka: 16° | 26° Harare: 12° | 23° Currency: GBP to NAD 23.13 | EUR to NAD 19.92 | CNY to NAD 2.55 | USD to NAD 18.42 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.3 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.71 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.55 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.05 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.6 | USD to EGP 46.8 | USD to KES 129.48 | USD to NGN 1498 | USD to ZAR 18.42 | USD to ZMW 25.25 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 78464.25 Up +1.19% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1754.6 Up +1.22% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13541.33 Up +0.11% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25381.25 Up +0.90% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9151.06 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 351.62/OZ UP +0.56% | Copper US$ 4.95/lb UP +4.13% | Zinc US$ 3 012.80/T UP 0.07% | Brent Crude Oil US$ 82.89/BBP DOWN -0.0114 | Platinum US$ 1 034.23/OZ UP +3.28% Sport results: Premier League: Aston Villa 3 vs 3 Liverpool | Manchester United 0 vs 1 Arsenal | Nottingham Forest 2 vs 3 Chelsea | Newcastle 1 vs 1 Brighton | Wolves 1 vs 3 Crystal Palace | Everton 1 vs 0 Sheffield United | West Ham 3 vs 1 Luton Town | Bournemouth 1 vs 2 Brentford | Tottenham Hotspur 2 vs 1 Burnley | Fulham 0 vs 4 Manchester City LaLiga: Barcelona 2 vs 0 Real Sociedad | Real Betis 3 vs 2 Almería | Valencia 0 vs 0 Rayo Vallecano | Atletico Madrid 1 vs 0 Celta Vigo | Cadiz 1 vs 0 Getafe | Athletic Club 2 vs 2 Osasuna | Granada 0 vs 4 Real Madrid | Villarreal 3 vs 2 Sevilla | Mallorca 1 vs 0 Las Palmas SerieA: Fiorentina 2 vs 1 Monza | Lecce 0 vs 2 Udinese | Atalanta 2 vs 1 AS Roma | Juventus 1 vs 1 Salernitana | Genoa 2 vs 1 Sassuolo | Hellas Verona 1 vs 2 Torino | SS Lazio 2 vs 0 Empoli | AC Milan 5 vs 1 Cagliari | Napoli 0 vs 2 Bologna European Championships Qualifying: West Bromwich Albion 0 vs 0 Southampton | Norwich City 0 vs 0 Leeds United English Championship: West Bromwich Albion 0 vs 0 Southampton | Norwich City 0 vs 0 Leeds United Weather: Katima Mulilo: 13° | 31° Rundu: 13° | 30° Eenhana: 17° | 32° Oshakati: 17° | 32° Ruacana: 18° | 32° Tsumeb: 15° | 28° Otjiwarongo: 13° | 27° Omaruru: 13° | 29° Windhoek: 12° | 25° Gobabis: 14° | 25° Henties Bay: 15° | 32° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 13:52, High tide: 07:51, Low Tide: 02:00, High tide: 20:47 Swakopmund: 17° | 24° Wind speed: 27km/h, Wind direction: SW, Low tide: 13:50, High tide: 07:49, Low Tide: 02:00, High tide: 20:45 Walvis Bay: 20° | 32° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 13:50, High tide: 07:48, Low Tide: 02:00, High tide: 20:44 Rehoboth: 14° | 26° Mariental: 15° | 29° Keetmanshoop: 19° | 30° Aranos: 16° | 28° Lüderitz: 18° | 35° Ariamsvlei: 19° | 31° Oranjemund: 14° | 29° Luanda: 24° | 27° Gaborone: 13° | 27° Lubumbashi: 13° | 27° Mbabane: 12° | 24° Maseru: 9° | 24° Antananarivo: 14° | 22° Lilongwe: 13° | 26° Maputo: 19° | 26° Windhoek: 12° | 25° Cape Town: 16° | 20° Durban: 17° | 26° Johannesburg: 15° | 23° Dar es Salaam: 23° | 31° Lusaka: 16° | 26° Harare: 12° | 23° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.13 | EUR to NAD 19.92 | CNY to NAD 2.55 | USD to NAD 18.42 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.3 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.71 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.55 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.05 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.6 | USD to EGP 46.8 | USD to KES 129.48 | USD to NGN 1498 | USD to ZAR 18.42 | USD to ZMW 25.25 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 78464.25 Up +1.19% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1754.6 Up +1.22% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13541.33 Up +0.11% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25381.25 Up +0.90% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9151.06 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 351.62/OZ UP +0.56% | Copper US$ 4.95/lb UP +4.13% | Zinc US$ 3 012.80/T UP 0.07% | Brent Crude Oil US$ 82.89/BBP DOWN -0.0114 | Platinum US$ 1 034.23/OZ UP +3.28%