Omaheke: ‘Mense is arm, het nie kos’
26 kinders sterf in ses maande aan wanvoeding
Die heropname beteken die kind het die nodige gewig opgetel om uit hospitaal ontslaan te word, maar as hulle teruggaan, is dit net weer dieselfde probleme.
Van die begin van die jaar tot op datum is altesaam 300 kinders in die Omahekestreek as ondervoed aangemeld, waarvan 263 in die hospitaal opgeneem en 26 dood is.
Volgens die goewerneur van die streek, Pijoo Nganate, moes nege van die kinders egter weer in die hospitaal opgeneem word weens wanvoeding.
In dieselfde tydperk verlede jaar is altesaam 45 kinders jonger as vyf jaar oud in die streek weens wanvoeding dood. Dit ondanks die feit dat Omaheke meer as 30 sopkombuise het wat kos aan kinders in die streek voorsien.
“Ons moet armoede uitwis. Mense is arm, mense het nie kos nie. Die heropname beteken die kind het die nodige gewig opgetel om uit die hospitaal ontslaan te word, maar wanneer hulle [die kinders] teruggaan, is dit net weer dieselfde probleme.
“Die streek is groot, mense is ver van gesondheidsgeriewe. Ons gesondheidspraktisyns sien hulle raak en verwys die kinders na ’n hospitaal en dit is hoe hulle aangeteken word.
“Ek glo dit is ’n landswye probleem en nie net beperk tot die streek nie. Ek het gesprekke met die president en die eerste minister gehad.
“Die kantoor van die eerste minister verskaf tans hulp en ons het meer as 30 sopkombuise gevestig. Ons het egter saamgestem dat die kos wat ons het nie voedsaam genoeg is nie,” het Nganate gesê.
Volgens hom kyk hulle na voedselstelsels in die streek, insluitend ’n melkery en ’n varkplaas, om voedsame voedseloplossings te probeer vind.
Hulle het ook na Suid-Afrika uitgereik vir goeie praktyke om die probleem te takel.
“Ons het na Suid-Afrika gegaan om te kyk hoe hulle mikrovoedingstowwe hanteer en dit lyk soos ’n oplossing vir ons. Hulle het ’n poeier wat hulle in die kinders se kos sit om meer voedingstowwe by te voeg,” het Ngatane verduidelik.
Mense se honger en nood kom kort op die hakke van Namibië se afkondiging verlede maand van ’n noodtoestand weens die droogte en in die lig van voedselsekuriteit wat toenemend afneem.
Van Mei 2023 tot Februarie 2024 is altesaam 236 300 ton growwe grane (koring, mielies en pêrelgiers) na Namibië ingevoer.
Die invoer het die tekort aan koring en mielies gedek en tot ’n surplus van onderskeidelik 66 800 en 48 400 ton gelei.
Namibië staar egter steeds ’n tekort van 58 000 ton pêrelgiers in die gesig wat na verwagting deur bykomende kommersiële invoere gedek sal word.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie