No Image Caption

Nuwe ambulanse vir Kavango-Oos

Phillipus Josef
Drie nuwe ambulanse is aan die ministerie van gesondheid en maatskaplike dienste in die Kavango-Oosstreek oorhandig. Volgens die streek se goewerneur, Hamunyera Hambyuka, sal die voertuie die streek se kapasiteit verhoog om vinnig en doeltreffend te reageer en sodoende meer lewens red en beter sorg aan pasiënte bied. Die nuwe ambulanse sluit ’n bussie in wat gebruik sal word om pasiënte te vervoer, terwyl twee by die staatshospitaal op Rundu ontplooi sal word. Foto Phillipus Josef

Kommentaar

Republikein 2025-08-03

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer