'n TB-vrye Namibië

Stigting fokus op bewusmaking
TB is 'n hoogs aansteeklike respiratoriese siekte en raak veral weerlose bevolkings soos kinders.
Henriette Lamprecht
’n Voormalige tuberkulose (TB)-lyer wat die siekte oorwin het en self die stigma en diskriminasie ervaar het wat hand aan hand daarmee loop, het ’n stigting in die lewe geroep om as broodnodige mondstuk en bewusmaking te dien.

Karin Husselmann, ’n verpleegster met ’n meestersgraad in openbare gesondheid en tans dosent in gemeenskapgesondheidswetenskappe aan die Internasionale Universiteit van Bestuur (IUM), se hoop is dat die TB Free Foundation bewusmaking sal skep oor die verwoestende uitwerking van TB in kinders, tieners en volwassenes.

TB is ’n hoogs aansteeklike respiratoriese siekte en raak veral weerlose bevolkings soos kinders en sosiaal-benadeelde mense.

Hoewel Karin reeds jare gelede haar reis as kampvegter begin het, het sy dit egter eers tydens Wêreld-TB-dag in 2021 “amptelik” afgeskop en op die voorgrond getree tydens ’n fietsrit om bewusmaking te skep. Sy het ’n rit van 60 km vanaf Oshikango tot Eenhana voltooi. Verlede jaar het die fietsryspan van Dundee Precious Metals se Copper-sportklub op Tsumeb by haar aangesluit om die 70 km vanaf Omethiya tot by die Onandjokwe-hospitaal te trap.

Vanjaar se rit vir ’n TB-vrye Namibië is vanaf Manghetti tot by Tsumkwe.

“Met elke trap dink ek aan en bid vir elke persoon met TB. Ek vertrou dat die aksie van trap my fiets vorentoe laat beweeg. So is die hoop ook dat die inligting wat deur middel van die TB-vrye fietsritte versprei word, ook gemeenskappe toerus om die land vorentoe te laat beweeg met ’n nuwe visie om dié ou vyand vir eens en vir altyd hok te slaan,” sê Karin.

“Ek glo sterk God gebruik ons diepste pyn en hartseer as ’n afsetpunt vir ons ware roeping.”

Sy hoop om met die stigting die hoë kwaliteit van sorg en behandeling “vir elke enkele TB-lyer” deur middel van voorspraak te verseker en te ondersteun, terwyl dit ook stigma en diskriminasie op alle vlakke in die land afbreek.

Een van die sleutelaktiwiteite is sterk betrokkenheid en sigbaarheid tydens die Namibië se herdenking van Wêreld-TB-dag wat vandag gevier word.

Die stigting se slagspreuk, “Breek struikelblokke, beëindig TB” sluit aan by die doelwit van die ministerie van gesondheid en maatskaplike dienste om TB-gevalle van die huidige 457 per 100 000 tot 50 per 100 000 te verminder. Laasgenoemde deur middel van buiten die skep van algemene bewusmaking, ook watter dienste landswyd vir diagnose, behandeling en ook voorkoming in die land beskikbaar is.

“Met die hulp en ondersteuning van eensgesinde skenkers, beide nasionaal en internasionaal en deur middel van doelbewuste pogings van verskeie rolspelers kan die TB Free Foundation die ministerie help om sy doelwit te bereik.”

Buiten om betyds met waardigheid en respek gediagnoseer, versorg en behandel te word, verdien elke kind, tiener en volwassene in Namibië ook die reg om voldoende teen die siekte en deur middel van voorkomende terapie (TPT) waar nodig behandel te word, sê Karin.

Deel van die stigting is die CCC4TB-projek waar korporatiewe rolspelers, kerke en gemeenskappe voedselpakkies vir kinders op Tsumkwe met TB borg. Tans word 155 pakkies ingesamel wat van droë bestanddele tot blikkies vis en grondboontjiebotter sal bevat. Die hoop is ook om TB-pasiënte te help met die aanlê van ’n eie groentetuin en om inwoners aan te spoor om dié siekte in gedagte te hou wanneer hulle hoes.

“Dit fokus op ‘think, test and treat’. As jy nie behandeling kry nie, kan jy binne ’n jaar tot 20 mense en meer aansteek. Dit fokus op die onderdrukking van die kiem om te vermeerder en is ’n manier om te keer dat jy weer die volgende persoon aansteek.”

Karin en haar stigting werk ook saam met nog ’n TB-oorwinnaar, André J. Gariseb, in gemeenskappe en veral met mans om hulle sover te kry om gesondheidsgeriewe te besoek. Sy wil graag ook TB-“kampioene” met kennis bemagtig om in gemeenskappe te werk en bewusmaking onder inwoners te skep, terwyl die stigting ook meer kinders en die jeug by veldtogte en projekte wil betrek. Ook in die pyplyn is die gebruik van e-fietse (e-bikes) deur gesondheidswerkers in Tsumkwe om pasiënte vinniger te bereik.

Die stigting kan by [email protected] of 081 407 0029 vir meer inligting gekontak word.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-04-26

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Brighton 0 vs 4 Manchester City | Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth | Arsenal 5 vs 0 Chelsea LaLiga: Real Sociedad 0 vs 1 Real Madrid SerieA: Frosinone 3 vs 0 Salernitana | Udinese 1 vs 2 AS Roma European Championships Qualifying: Queens Park Rangers 4 vs 0 Leeds United | Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton English Championship: Queens Park Rangers 4 vs 0 Leeds United | Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton Katima Mulilo: 16° | 33° Rundu: 16° | 33° Eenhana: 16° | 35° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 32° Otjiwarongo: 14° | 31° Omaruru: 16° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 18° | 30° Henties Bay: 15° | 22° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:31, High tide: 04:30, Low Tide: 22:38, High tide: 16:57 Swakopmund: 15° | 18° Wind speed: 28km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:29, High tide: 04:28, Low Tide: 22:36, High tide: 16:55 Walvis Bay: 16° | 26° Wind speed: 34km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:29, High tide: 04:27, Low Tide: 22:36, High tide: 16:54 Rehoboth: 17° | 31° Mariental: 20° | 34° Keetmanshoop: 22° | 34° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 35° Oranjemund: 17° | 30° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 27° Lubumbashi: 11° | 25° Mbabane: 13° | 17° Maseru: 9° | 23° Antananarivo: 14° | 27° Lilongwe: 14° | 26° Maputo: 18° | 25° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 15° | 27° Durban: 17° | 22° Johannesburg: 15° | 23° Dar es Salaam: 23° | 31° Lusaka: 17° | 26° Harare: 14° | 26° Currency: GBP to NAD 23.44 | EUR to NAD 20.1 | CNY to NAD 2.59 | USD to NAD 18.8 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.71 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.68 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.22 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.79 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1329.44 | USD to ZAR 18.78 | USD to ZMW 26.5 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74329.37 Down -0.25% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1642.69 Up +6.30% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13346.81 Up +0.49% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 338.05/OZ UP +0.31% | Copper US$ 4.54/lb UP +0.71% | Zinc US$ 2 869.50/T UP 0.15% | Brent Crude Oil US$ 88.96/BBP UP +0.08% | Platinum US$ 913.47/OZ DOWN -0.0026 Sport results: Premier League: Brighton 0 vs 4 Manchester City | Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth | Arsenal 5 vs 0 Chelsea LaLiga: Real Sociedad 0 vs 1 Real Madrid SerieA: Frosinone 3 vs 0 Salernitana | Udinese 1 vs 2 AS Roma European Championships Qualifying: Queens Park Rangers 4 vs 0 Leeds United | Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton English Championship: Queens Park Rangers 4 vs 0 Leeds United | Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton Weather: Katima Mulilo: 16° | 33° Rundu: 16° | 33° Eenhana: 16° | 35° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 32° Otjiwarongo: 14° | 31° Omaruru: 16° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 18° | 30° Henties Bay: 15° | 22° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:31, High tide: 04:30, Low Tide: 22:38, High tide: 16:57 Swakopmund: 15° | 18° Wind speed: 28km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:29, High tide: 04:28, Low Tide: 22:36, High tide: 16:55 Walvis Bay: 16° | 26° Wind speed: 34km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:29, High tide: 04:27, Low Tide: 22:36, High tide: 16:54 Rehoboth: 17° | 31° Mariental: 20° | 34° Keetmanshoop: 22° | 34° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 35° Oranjemund: 17° | 30° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 27° Lubumbashi: 11° | 25° Mbabane: 13° | 17° Maseru: 9° | 23° Antananarivo: 14° | 27° Lilongwe: 14° | 26° Maputo: 18° | 25° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 15° | 27° Durban: 17° | 22° Johannesburg: 15° | 23° Dar es Salaam: 23° | 31° Lusaka: 17° | 26° Harare: 14° | 26° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.44 | EUR to NAD 20.1 | CNY to NAD 2.59 | USD to NAD 18.8 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.71 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.68 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.22 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.79 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1329.44 | USD to ZAR 18.78 | USD to ZMW 26.5 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74329.37 Down -0.25% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1642.69 Up +6.30% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13346.81 Up +0.49% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 338.05/OZ UP +0.31% | Copper US$ 4.54/lb UP +0.71% | Zinc US$ 2 869.50/T UP 0.15% | Brent Crude Oil US$ 88.96/BBP UP +0.08% | Platinum US$ 913.47/OZ DOWN -0.0026