Monsters moet oorsaak van erge diarree bepaal
Monsters van stoelgang is na laboratoriums vir toetsing gestuur om te sien wat die moontlike rede vir verskeie gevalle van erge diarree en braking is wat in onder meer in Windhoek en Swakopmund aangemeld is.
Die uitslae van die toetse is nog nie bekend nie. Die uitvoerende direkteur van gesondheid en maatskaplike dienste, me. Petronella Masabane, het gereageer op ’n vraag of dit moontlik ingewandskoors is waarvan gevalle in buurland Suid-Afrika aangemeld is en waarvan van die simptome met plaaslike gevalle ooreenstem.
In Namibië was van die gevalle van erge diarree en braking sodanig dat mense in die hospitaal opgeneem moes word.
Masabane het erken voorlopige verslae van streke in die land dui op gevalle van diarree, daarom ’n besluit om dit vir toetsing te stuur.
Sy het verwys na wetenskaplike bewyse dat swaar reënval ná tydperke van lae reënval soos wat Namibië tans ervaar, kan lei tot ’n toename van maagongesteldhede. Dit is grootliks te wyte aan die besmetting van waterbronne in veral in gebiede met ’n gebrek aan voldoende sanitasie. Intussen berig Netwerk24 die Wes-Kaapse departement van gesondheid sê daar is nie rede tot kommer oor ’n toename in gevalle van ingewandskoors wat aangemeld is in die provinsie nie. Onlangse sprake van ’n toename was weens ’n verkeerde interpretasie van die syfers.
Die departement het gesê daar word gepraat van gevalle wat meer as vorige jare is, en dit word op “kumulatiewe historiese data” gegrond.
Volgens die data van die nasionale instituut vir oordraagbare siektes (Nios) is 31 gevalle in 2020 aangemeld, 48 in 2021 en sewe in 2022, lui ’n verklaring van die departement.
Sedert 2020 is drie groepe besmettings in die provinsie aangemeld. Die departement sê ontledings van die genome in monsters wat geneem is, het op spesifieke stamme gedui wat vir die drie groepe besmettings verantwoordelik is.
Dit beklemtoon ook die huidige uitbreking van ingewandskoors kom te midde van die jaarlikse styging in diarree dié tyd van die jaar.
Die publiek word aangeraai om goeie handhigiëne te handhaaf veral nadat hulle in die badkamer was of voordat hulle kos voorberei, terwyl hulle ook moet seker maak dat hul waterbronne en sanitasie veilig is.
Matige tot ernstige simptome sluit in koors, hoofpyn, maagpyn of -krampe, naarheid en braking, hardlywigheid of diarree, ’n uitslag op die maag en ’n droë hoes.
Die simptome kan so vroeg as drie dae tot so laat as 60 dae verskyn nadat iemand aan die bakterie blootgestel is. Mense raak gewoonlike binne nege tot 21 dae siek. Ingewandskoors word met antibiotika behandel. – Bykomende bron: Netwerk24 - [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie