‘Merkwaardige’ stryd teen MIV beloon

Eerste geval in 1986 in land aangeteken
Nuwe MIV-infekterings word steeds by kinders, tieners, jong mans en vroue en sleutel- en weerlose bevolkings aangemeld
Henriette Lamprecht
Henriette Lamprecht – Sewe-en-dertig jaar nadat die eerste geval van MIV in 1986 in Namibië aangeteken is, is die land beloon vir sy merkwaardige vooruitgang om MIV/vigs teen 2030 as ’n bedreiging vir openbare gesondheid hok te slaan.

Die toekenning is deur die Amerikaanse president se noodplan vir vigsverligting (Pepfar) gemaak.

Gebaseer op ’n verslag in Januarie vanjaar leef 215 348 mense (insluitend volwassenes en kinders) in die land met MIV. Die jongste MIV-voorkomskoers vir mense in die ouderdomsgroep 15 tot 49 jaar is 11,8%, terwyl ’n geraamde 7 193 kinders jonger as 15 jaar MIV-positief is. Die aantal MIV-infekterings is die hoogste onder vroue en wel 15,1% teenoor die 8,4% in vroue.

Die sewe streke wat die hoogste voorkoms van MIV in die land het, is Zambezi (21,6%), Oshikoto (17,1%), Omusati (15%), Kavango-Oos (14,7%), Kavango-Wes (14,7%), Oshana (14,5%) en Ohangwena (14,3%). Die laagste koers is in onderskeidelik Kunene (7,1%) en Omaheke (7,3%). Volgens die jongste beramings het Namibië reeds 92%-99%-94% van die Verenigde Nasies se program vir MIV/vigs, Unaids se 95-95-95-doelwit behaal.

Dit beteken onder die beraamde MIV-positiewe mense (PLHIV), is 92% bewus van hul status. Onder laasgenoemde ontvang 99% antiretrovirale behandeling en uit dié groep is die virus in 94% onderdruk.

Volgens die minister van gesondheid en maatskaplike dienste, dr. Kalumbi Shangula, het Namibië reeds die derde 95% verbygesteek en is dit naby om ook die eerste en derde ‘95’-doelwitte te bereik.

Volgens Shangula sal ’n nuwe Nasionale Strategiese Raamwerk vir 2023-’24 en 2027-’28 binnekort van stapel gestuur word.

Die minister het erken nuwe MIV-infekterings word steeds by kinders, tieners, jong mans en vroue en sleutel- en weerlose bevolkings aangemeld. Van die faktore wat hiertoe bydra sluit in beperkte toegang tot voorkomende en behandelingsdienste, geslagsgeweld, werkloosheid onder jong mense, sowel as alkohol- en dwelmmisbruik.

“Die ekonomiese bemagtiging van die jeug en vroue, die voorkoming en rehabilitasie van middelmisbruik, die uitbreiding van dienste asook die takel van geslagsgeweld is daarom kritiek vir ons nasionale reaksie tot die siekte,” het Shangula gesê.

Tuberkulose is die leidende oorsaak van sterftes onder MIV-positiewe mense, terwyl vroue wat MIV-positief is ’n verhoogde risiko het om aan servikale kanker te sterf.

Namibië is ook goed onderweg om die oordrag van MIV van moeder na kind, virale hepatitis asook aangebore sifilis teen 2025 uit te wis.

In ’n poging om die pandemie hok te slaan, het Shangula gemaan klem moet gelê word op mobiele, migrante werkers en oorkruisbevolkings, sowel as nomadiese en seminomadiese bevolkings.

“Om die gapings tussen dié bevolkings te sluit, is ’n prioriteit om beheer van die pandemie te kry.”

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-07-27

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Currie Cup: NovaVit Griffons 45 vs 47 Toyota Cheetahs XV Katima Mulilo: 12° | 33° Rundu: 11° | 31° Eenhana: 11° | 33° Oshakati: 12° | 30° Ruacana: 12° | 31° Tsumeb: 14° | 27° Otjiwarongo: 9° | 26° Omaruru: 9° | 27° Windhoek: 8° | 24° Gobabis: 5° | 23° Henties Bay: 11° | 16° Swakopmund: 12° | 15° Walvis Bay: 11° | 20° Rehoboth: 5° | 22° Mariental: 5° | 19° Keetmanshoop: 4° | 16° Aranos: 5° | 20° Lüderitz: 10° | 20° Ariamsvlei: 6° | 14° Oranjemund: 10° | 15° Luanda: 19° | 21° Gaborone: 8° | 23° Lubumbashi: 12° | 31° Mbabane: 10° | 27° Maseru: 1° | 11° Antananarivo: 10° | 25° Lilongwe: 15° | 29° Maputo: 18° | 33° Windhoek: 8° | 24° Cape Town: 9° | 13° Durban: 14° | 20° Johannesburg: 8° | 16° Dar es Salaam: 21° | 31° Lusaka: 16° | 31° Harare: 14° | 28° Currency: GBP to NAD 23.47 | EUR to NAD 19.84 | CNY to NAD 2.52 | USD to NAD 18.28 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.3 | EGP to NAD 0.37 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.69 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.22 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.1 | USD to AOA 872.64 | USD to BWP 13.56 | USD to EGP 48.29 | USD to KES 130.48 | USD to NGN 1598.89 | USD to ZAR 18.29 | USD to ZMW 26.1 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index Same 0 | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1807.67 Up +1.81% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13660.65 Up +0.14% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 29090.57 Down -0.36% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9392.07 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 387.02/OZ UP +0.98% | Copper US$ 4.11/lb DOWN -0.001 | Zinc US$ 2 678.50/T DOWN -0.29% | Brent Crude Oil US$ 80.81/BBP DOWN -0.022 | Platinum US$ 935.05/OZ UP +0.34% Sport results: Currie Cup: NovaVit Griffons 45 vs 47 Toyota Cheetahs XV Weather: Katima Mulilo: 12° | 33° Rundu: 11° | 31° Eenhana: 11° | 33° Oshakati: 12° | 30° Ruacana: 12° | 31° Tsumeb: 14° | 27° Otjiwarongo: 9° | 26° Omaruru: 9° | 27° Windhoek: 8° | 24° Gobabis: 5° | 23° Henties Bay: 11° | 16° Swakopmund: 12° | 15° Walvis Bay: 11° | 20° Rehoboth: 5° | 22° Mariental: 5° | 19° Keetmanshoop: 4° | 16° Aranos: 5° | 20° Lüderitz: 10° | 20° Ariamsvlei: 6° | 14° Oranjemund: 10° | 15° Luanda: 19° | 21° Gaborone: 8° | 23° Lubumbashi: 12° | 31° Mbabane: 10° | 27° Maseru: 1° | 11° Antananarivo: 10° | 25° Lilongwe: 15° | 29° Maputo: 18° | 33° Windhoek: 8° | 24° Cape Town: 9° | 13° Durban: 14° | 20° Johannesburg: 8° | 16° Dar es Salaam: 21° | 31° Lusaka: 16° | 31° Harare: 14° | 28° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.47 | EUR to NAD 19.84 | CNY to NAD 2.52 | USD to NAD 18.28 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.3 | EGP to NAD 0.37 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.69 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.22 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.1 | USD to AOA 872.64 | USD to BWP 13.56 | USD to EGP 48.29 | USD to KES 130.48 | USD to NGN 1598.89 | USD to ZAR 18.29 | USD to ZMW 26.1 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index Same 0 | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1807.67 Up +1.81% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13660.65 Up +0.14% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 29090.57 Down -0.36% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9392.07 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 387.02/OZ UP +0.98% | Copper US$ 4.11/lb DOWN -0.001 | Zinc US$ 2 678.50/T DOWN -0.29% | Brent Crude Oil US$ 80.81/BBP DOWN -0.022 | Platinum US$ 935.05/OZ UP +0.34%