Meeste gevalle van skurfsiekte in Noorde
Gevalle van skurfsiekte is die afgelope drie maande oraloor die land aangemeld, met die ’n toename wat in Omaheke, Ohangwena, Kavango-Oos en -Wes ondervind word. Volgens die ministerie van gesondheid en maatskaplike dienste is 3 454 vir Januarie tot Maart in die land aangeteken. Hiervan was die meeste in Kunene, gevolg deur 708 in Ohangwena en 402 in Otjozondjupa.
Inwoners wat die meeste geraak word, is gemeenskappe wat langs die noordelike grense bly, leerlinge in die geraakte streke en migrante-inwoners in stedelike en peri-gebiede met onvoldoende of gebrekkige toegang tot water en sanitasiegeriewe.
Menslike skurfsiekte word veroorsaak deur ’n parasitiese besmetting, met die mikroskopiese myt wat in die vel boor en eiers lê. Dit veroorsaak ’n immuunreaksie wat tot erge jeuk en uitslag lei.
Volgens ’n ministeriële verslag het die huidige oordrag van skurfsiekte vanaf huishoudings na skole beweeg waar uitdagings met watervoorsiening ervaar word en waar persoonlike higiëne minder as voldoende is.
Simptome in persone sonder enige vorige blootstelling ontwikkel gewoonlik binne vier tot ses weke, maar kan ook binne ’n week en so laat as ’n jaar ontwikkel. Risikofaktore sluit in oorbevolking, swak higiëne en gebrek aan sanitasiegeriewe. Behandeling sluit die gebruik van salf en room in, terwyl klerasie en beddegoed ontsmet moet word.
Alle huidige gevalle ontvang tans behandeling in gesondheidsgeriewe. – [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie