No Image Caption

Mediese universiteit nie geregistreer

Minister nie betrokke nie
Die minister van gesondheid en maatskaplike dienste het ontken dat hy 'n private universiteit vir gesondheidsverwante beroepe in die hoofstad dryf.
Henriette Lamprecht
Nóg die ministerie van gesondheid en maatskaplike dienste, nóg die minister is betrokke by die Windhoek Medical University (WMU) wat as Namibië se eerste mediese opleiding- en onderwyshospitaalprojek in private besit bemark word.

Ook is nie die instelling of een van die kwalifikasies in ’n gesondheidsverwante rigting wat glo hier behaal kan word (sertifikate, diplomas en grade) by die Raad vir Gesondheidsberoepe in Namibië (HPCNA) geregistreer nie. Die universiteit wat volgens hul webtuiste besig is om gevestig te word by “Khomas Grove Mall, Khomasdal”, het glo reeds hul deure vir studente vir fase 1-opleidingsprogramme geopen.

WMU maak dit ook duidelik op sy amptelike webblad hoe trots die universiteit is op die plaaslike “buitengewone vlakke van ministeriële ondersteuning wat ontvang is en sluit die ministeries van gesondheid en finansies, sowel as die kantoor van die president hierby in.

Die gesondheidsminister, dr. Kalumbi Shangula, het egter by navraag ontken hy en sy ministerie is enigsins by die universiteit betrokke.

“Die noem van my naam en die ministerie is moontlik ’n poging om potensiële studente te lok,” het Shangula gesê.

Volgens hom het hy die kwessie met WMU opgeneem wat verskoning aangebied en onderneem het om dié betrokke gedeelte uit die prospektus te haal.

Ná ’n oproep van Shangula het WMU se uitvoerende hoof, Kennedy Kauka, ’n geskrewe verskoning aan die ministerie gerig waarin gesê word sy naam en ’n stelling wat hom betrek, dadelik verwyder sou word.

Gister het die webtuiste egter steeds aangedui die projek word deur Shangula met die ondersteuning van die private sektor gedryf. Ook dat ’n opleidingshospitaal met 500 beddens in konsultasie met die ministerie van gesondheid ontwikkel gaan word met gespesialiseerde kliniese departemente om die kliniese opleiding van studente te fasiliteer. Totdat dit voltooi is, sal alle kliniese opleiding, volgens die webtuiste by die ministerie se hospitale en gesondheidsgeriewe geskiet.

Die registrateur van die HPCNA, Cornelius Weyulu, het intussen beklemtoon geen opleiding, onderrig of praktisering van enige gesondheidsverwante beroep mag sonder die geskrewe goedkeuring van die verwante rade plaasvind nie.

“Nie die instelling of die geadverteerde kursusse is deur enige van die rade en soos vereis deur die verwante wette goedgekeur nie,” het Weyulu gesê.

Die gevolg is dat studente wat hier registreer en klas draf, nie by enige van die rade wat onder die HPCNA val, kan registreer nie. Gevolglik word hulle ook nie toegelaat in openbare en private hospitale en gesondheidsgeriewe in die land vir praktiese opleiding nie.

Weyulu maan studente sal met die voltooiing van hul betrokke kwalifikasie aan WMU, ook nie by die HPCNA kan registreer en toegelaat word om die beroep in Namibië te beoefen nie.

WMU beweer op sy webtuiste die vestiging van die instelling het die volle ondersteuning van nasionale owerhede onder wettige registrasie by alle nasionale reguleringsraamwerke waaronder die nasionale raad van hoër onderrig (NCHE), die Namibiese Kwalifikasieowerheid (NQA), sowel as die HPCNA.

“Dit beteken die programme wat in Namibië by die WMU ingestel word, is reeds nasionaal en in die streek in Wes-Afrika en Europa geregistreer en geakkrediteer,” aldus die webtuiste.

WMU beweer voorts dit is een van die “heel beste verskaffers van moderne en gespesialiseerde universiteite” in Namibië en die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap (SADC). Alle kwalifikasies word volgens WMU deur die Girne Amerikaanse Universiteit (GAU) in Ciprus, die Amerikaanse Universiteit van Moldova (AUM) sowel as die Kaduna Staatsuniversiteit (KSU) in Nigerië ondersteun.

Die private universiteit is ’n filiaalmaatskappy van Mordecai Investment Group (Edms) Beperk wat in Namibië geregistreer is en wat onder ’n korporatiewe struktuur onder die ministerie van finansies ontwikkel word.

Navrae aan die beskikbare nommer op die webtuiste is beantwoord met “ons bel jou terug”.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-03-02

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

H.E. Dr Nangolo Mbumba, President of the Republic of Namibia says they will continue to pursue the second struggle of Namibia Zambian President, Hakainde Hichilema said one road will be named after the late president in Lusaka and the other road will be named after the founding president of Namibia The late President Hage Geingob’s casket was stationed at the Eternal Flame before he was taken to his final resting place The casket will of the late president was lowered with a 21 gun salute Accoutrements will be handed over to the former first lady of Monica Geingos An official luncheon by invitation is scheduled to take place at 14:00 at the State House The foreign dignataries are currently paying their last tribute to the former first lady, Monica Geingos Heroes Acre will be closed to the public, the National Council will announce once it is reopenedLaLiga: Celta Vigo 1 vs 0 Almería SerieA: SS Lazio 0 vs 1 AC Milan | Internazionale 4 vs 0 Atalanta | Sassuolo 1 vs 6 Napoli European Championships Qualifying: West Bromwich Albion 2 vs 1 Coventry City FA Cup: Liverpool 3 vs 0 Southampton | Nottingham Forest 0 vs 1 Manchester United | Wolverhampton Wanderers 1 vs 0 Brighton & Hove Albion | Chelsea 3 vs 2 Leeds United English Championship: West Bromwich Albion 2 vs 1 Coventry City Katima Mulilo: 21° | 37° Rundu: 19° | 37° Eenhana: 21° | 37° Oshakati: 25° | 36° Ruacana: 21° | 36° Tsumeb: 22° | 36° Otjiwarongo: 21° | 34° Omaruru: 21° | 35° Windhoek: 20° | 32° Gobabis: 22° | 33° Henties Bay: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: S, Low tide: 13:06, High tide: 07:00, Low Tide: 01:07, High tide: 19:28 Swakopmund: 17° | 18° Wind speed: 24km/h, Wind direction: SW, Low tide: 13:04, High tide: 06:58, Low Tide: 01:05, High tide: 19:26 Walvis Bay: 17° | 24° Wind speed: 32km/h, Wind direction: SW, Low tide: 13:04, High tide: 06:57, Low Tide: 01:05, High tide: 19:25 Rehoboth: 20° | 34° Mariental: 24° | 36° Keetmanshoop: 23° | 37° Aranos: 23° | 35° Lüderitz: 16° | 27° Ariamsvlei: 23° | 36° Oranjemund: 15° | 22° Luanda: 27° | 29° Gaborone: 20° | 37° Lubumbashi: 17° | 26° Mbabane: 15° | 31° Maseru: 13° | 32° Antananarivo: 13° | 24° Lilongwe: 18° | 28° Maputo: 22° | 34° Windhoek: 20° | 32° Cape Town: 19° | 26° Durban: 21° | 28° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 18° | 29° Harare: 16° | 31° #REF! #REF!