Mediese fondse: N$1,7 mjd. in surplus
Bates groei met 33,4%
’n Stelsel wat N$6,1 miljard in bydraes invorder, N$5,1 miljard aan sorg bestee en meer as ’n miljard in surplusse gedurende 2024-’25 behou, kan nie gesondheidsdiensverskaffers geloofwaardig daarvan beskuldig dat hulle die blaam vir hoë koste moet dra nie.
Die werklike kwessie, sê die Namibiese Vereniging vir Private Gesondheidsgeriewe (NAPH) en die Namibië Private Praktisynsforum (NPPF), is die afwesigheid van verantwoordbaarheid en wetlike toesig.
“Die surplusse wat mediese fondse in 2024 en 2025 aangeteken het, wys dat die probleem nie onvolhoubare diensverskafferskoste is nie, maar die afwesigheid van voldoende regulering,” sê dr. Jürgen Hoffmann van die NPPF.
Besteding op gesondheidsorg is bedoel om vir mediese sorg te betaal, beklemtoon dr. Akutu Munyika van die NAPH.
Om diensverskaffers wat direk met pasiënte werk te blameer terwyl die fondse stygende surplusse behou, mislei die publiek en ondermyn vertroue in die gesondheidstelsel, het hy gemaan.
“Wat ons nie kan aanvaar nie, is dat hulle verkeerdelik as kostedrywers beskou word terwyl hulle onder Namaf (die Vereniging van Namibiese Mediese Fondse) se riglyne werk wat dikwels kliniese realiteite ignoreer. Die private sektor is nie die probleem nie – dit is deel van die oplossing,” het Munyika gesê.
Volgens die Toesighoudende Owerheid vir Finansiële Instellings in Namibië (Namfisa) se jongste jaarverslag was mediese fondse se grootste uitgawe, soos in vorige jare, hospitale, apteke, spesialiste en dokters en het N$5,1 miljard beloop.
Eise wat hiermee verband hou, was 70,9% of N$3,6 miljard van die totale eise wat uitbetaal is. Eise vir hospitale was die hoogste op N$1,8 miljard, gevolg deur apteke (medisyne) op N$802 miljoen, spesialiste N$563,2 miljoen en dokters N$473,1 miljoen.
Bruto bydraes wat ontvang is, het met 11,8% tot N$6,1 miljard vir die 2024-boekjaar gestyg. Bruto bydraes het gemiddeld oor die laaste vyf jaar met 7,4% gestyg en eise teen ’n laer gemiddelde koers van 5,9% oor dieselfde vyfjaartydperk.
Oop mediese fondse het ’n netto surplus van N$575,8 miljoen en geslote mediese fondse ’n netto surplus van N$55,1 miljoen aangeteken.
Die totale bedryf se bates het met 33,4% tot N$2,8 miljard teen 31 Desember 2024 gegroei en die totale laste tot N$729,6 miljoen. Die fondse se likwiditeit het teen die einde van 2024 op N$1,7 miljard gestaan. Die solvensiekoers vir oop fondse was toe 32,1% vergeleke met 24,3% in 2023.
Hoffmann en Munyika het namens NPPF en NAPH ’n beroep op die ministerie van gesondheid en maatskaplike dienste asook finansies gedoen om te erken dat konsekwente fondssurplusse bewerings van onbekostigbare verskafferskoste weerspreek.
Hulle vra ook vir die beëindiging van “die wankarakterisering van voorste linie gesondheidsorgpersoneel” en die ondersteuning vir die implementering van “etiese tariewe wat die werklike koste van sorg weerspieël”.
NAPH en NPPF het ook weer gepleit vir die verbintenis tot statutêre hervorming deur die stigting van ’n Mediese Beheerraad met verteenwoordiging van diensverskaffers.
“Ons het statutêre hervorming, etiese tariewe en ’n Mediese Beheerraad nodig om regverdigheid en deursigtigheid in die finansiering van gesondheidsorg te herstel,” het Hoffmann beklemtoon.
“Ons bly verbind tot konstruktiewe dialoog, maar kan nie toelaat dat voortgesette regulatoriese versuim die integriteit van gesondheidsorgpraktisyns of die regte van pasiënte tot etiese, toeganklike en volhoubare sorg ondermyn nie.”
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie