Ma pleit, dreig dat dogter gehelp word
Ernstige kritiek teen staatsgesondheidsgeriewe op Rehoboth
'n Ma moes toekyk hoe die lewe uit haar dogter sypel terwyl sy in geweldige pyn was.
Die regering kan nie blameer word vir die onmenslike en onbeskofte gedrag van sommige mediese personeel in openbare gesondheidsinstellings nie.
“Jy as ’n gesondheidspraktisyn het hierdie beroep gekies, niemand het jou gedwing om ’n verpleegster of ’n dokter te word nie.
“Jy het ’n eed afgelê dat jy jou bes gaan doen om ’n lewe te red,” sê ’n inwoner van Rehoboth ná die dood van haar suster en die uiters traumatiese ervaring by ’n plaaslike staatskliniek en -hospitaal aan die hand van personeel wat ’n bitter smaak in die familie se mond gelaat het.
Die inwoner vertel haar suster het gereeld met ernstige hoofpyne gesukkel wat mettertyd erger geword het, wat haar ’n gereelde pasiënt by die staatskliniek op die dorp gemaak het.
Vroeg in Maart het haar toestand in so ’n mate versleg dat sy verskeie keer gebraak het, niks kon eet nie en totaal gedisoriënteerd en verlam was.
Aangesien hulle nie veel hulp van die kliniek ontvang het nie en haar suster se toestand besig was om te versleg, het die inwoner en haar ma besluit om haar na die Katutura-staatshospitaal se noodafdeling te neem.
“Ten spyte van die feit dat dit ’n baie besige Vrydagaand was, het hulle onmiddellik na haar omgesien en haar professioneel versorg. Die Saterdagoggend kon my suster self uit die hospitaal stap,” vertel sy.
Sy het egter teen Woensdag weer ’n hoofpyn ontwikkel en sy is na die noodsaal by die St. Mary’s-hospitaal op die dorp geneem waar sy nie opgeneem of op ’n drup geplaas is nie.
Teen Vrydag het haar toestand so versleg dat hulle ’n ambulans moes kry om haar na die kliniek te neem.
Vanaf 12:00 moes haar ma volgens die inwoner “pleit en baklei” dat haar suster opgeneem en behandel word.
Sy en haar pa het ook telefonies by die verpleegster en die dokter gepleit om haar suster te help, maar laasgenoemde se reaksie was glo dat ’n pasiënt nie vir ’n hoofpyn opgeneem kan word nie.
“Ek het gevra of ’n mens verlam, half bewusteloos en gedisoriënteerd sou wees as dit net ’n normale kopseer was!”
Volgens haar was daar selfs ’n verpleegster wat vir haar ma gestaan en lag het. Teen 17:00 en ná verskeie argumente en dreigemente het die dokter uiteindelik haar suster in die St. Mary’s-hospitaal se ongevalle laat opneem.
Sy het steeds geen pynmedikasie ontvang of is op ’n drup geplaas nie, met haar toestand wat toenemend versleg het.
Weer moes haar ma herhaaldelik pleit en by mediese personeel smeek om haar dogter as ’n noodgeval te hanteer, maar dit het weer eens op dowe ore geval.
“My ma moes toekyk hoe die lewe uit my suster sypel terwyl sy in geweldige pyn verkeer het.”
Verpleegsters het haar ma opdrag gegee om huis toe te gaan om vir haar dogter klere te gaan haal omdat sy opgeneem sou word.
Met haar terugkeer na die hospitaal het ’n veiligheidswag haar ma na ’n dokter geneem wat haar meegedeel het haar dogter het gesterf. Haar suster het nog in dieselfde bed gelê waar sy was toe sy by die hospitaal aangekom het.
Weer eens moes by mediese personeel gesoebat en gepleit word vir ’n mediese sertifikaat wat nodig was vir die nadoodse ondersoek wat die familie wou hê.
Mediese personeel het ’n belofte afgelê om ander te help en lewens te red, sê die inwoner.
“Ons as gemeenskap gaan na openbare gesondheidsinstellings om hulp te kry. Ons gaan nie soontoe om verneder en geïgnoreer te word nie.”
Haar suster was net 36 jaar oud en laat drie jong dogters van onderskeidelik 10, 13 en 14 jaar agter.
Om hul pynlike en traumatiese ervaring met ander te deel, gaan nie haar suster terugbring nie, erken sy.
Maar hopelik kan hulle so voorkom dat ander deur dieselfde trauma moet gaan, want “ek is seker daar is ander gevalle waar ons gemeenskap verkeerd behandel en mishandel word by ons staatsgeriewe”.
“Ek hoop en bid die Rehoboth-gemeenskap staan saam met my sodat ons kan baklei vir beter gesondheidsgeriewe en beter gesondheidsorg van ons gesondheidspersoneel.”
REAKSIE VERLEDE JAAR
Die voormalige minister van gesondheid en maatskaplike dienste, dr. Kalumbi Shangula, het verlede jaar in die parlement gesê geen pasiënt het al by die St. Mary’s-hospitaal op Rehoboth gesterf terwyl hulle op behandeling gewag het nie.
Hy het toe gereageer op vrae oor die ongevalle- en nooddienste by die hospitaal.
Shangula het gesê 35 sterftes is die afgelope vyf jaar tot 2024 by die hospitaal se afdeling vir buitepasiënte aangeteken. Dié sterftes word geklassifiseer as persone wat gesterf het terwyl hulle in ’n hospitaalomgewing versorg is.
Die personeel by die hospitaal het bestaan uit drie mediese beamptes, 23 geregistreerde verpleegsters, asook 33 ingeskrewe verpleegsters. Bykomend tot dié personeel is twee mediese beamptes van die staat wat by die gesondheidsentrum op die dorp uitgeplaas is en wat ook mediese dienste by die hospitaal lewer en deel van ’n uitroeprooster is.
Vyf verpleegsters is daagliks op skof in die ongevalle-afdeling en afhangende van personeelskofte kan die aantal beskikbaar deur die dag verskil. Dit kan of drie verpleegsters in die oggend en twee in die middag of andersom wees om te verseker hulle werk 40 uur per week. Tydens aandskofte is net twee verpleegsters en een staatsdokter aan diens.
Die aantal kliniese personeel wat vir die hospitaal versoek is, is ses mediese beamptes, 21 geregistreerde verpleegsters en 15 ingeskrewe verpleegsters.
MINISTER LUVINDAO
Intussen het die huidige minister Esperance Luvindao tydens haar begrotingsmotivering vanjaar erken haar ministerie werk tans teen net 50% van sy vereiste personeelkapasiteit, ’n situasie wat sy as “baie gevaarlik” beskryf weens die druk wat dit op oorwerkte gesondheidswerkers plaas.
Volgens haar benodig die ministerie meer as N$4,6 miljard om meer as 11 700 goedgekeurde poste te vul. Slegs N$150 miljoen is egter bewillig, wat genoeg is om net 434 poste te vul.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie