Lifelink nou op Karibib
LifeLink se noodreddingsdienste sal voortaan ook op Karibib gebaseer wees. Dié diens sal ook beskikbaar wees op dorpe in die omliggende gebiede, insluitend Usakos en Omaruru. “Ons is opgewonde om ’n hoë gehaltediens in dié dorpe te lewer en sal ook langafstand-oorplasings tussen die kus en Windhoek fasiliteer,” het Lifelink op sy Facebookblad gesê. Foto Lifelink/Facebook


Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie