Kavango stel aborsie gelyk aan moord

‘Grusame moord op ‘n ongebore kind’
By 'n openbare verhoor het 'n pastoor pro-keuse-aktiviste gevra hoekom hulle maskers dra uit vrees om Covid-19 op te doen terwyl hulle wil hê babas moet doodgemaak word.
Kenya Kambowe
Die bewaring van kultuur en sonde voor God was die hoofargumente teen die wettiging van aborsie toe inwoners van Rundu in die Kavango-Oosstreek vandeesweek dié kwessie tydens konsultasies bespreek het.

Die twee Kavangostreke het van die hoogste tienerswangerskapsyfers, met leerlinge wat dikwels die skool weens swangerskap moet verlaat. Onwettige aborsies en babas wat weggegooi word, is ook algemene voorvalle in die twee streke.

Tydens openbare verhore Dinsdag het streekinwoners egter nie doekies omgedraai in hul veroordeling van die wettiging van aborsie nie, en dit as die “grusame moord op ‘n ongebore kind” beskryf.

Die parlementêre staande komitee oor geslagsgelykheid, maatskaplike ontwikkeling en gesinsake, gelei deur me. Hilaria Mukapuli, hou tans openbare verhore in Kavango-Oos oor die wettiging of niewettiging van aborsie.

Dié openbare verhore is verlede Oktober van stapel gestuur na aanleiding van ’n versoekskrif deur pro-keuse-aktiviste wat tot dusver 63 000 handtekeninge gewerf het.

Die meerderheid van diegene wat die oggendsessie van die verhoor bygewoon het – waaronder verskeie godsdienstige leiers – was pro-lewe, en het die hervorming van die Wet op Aborsie en Sterilisasie van 1975 sterk veroordeel.

‘NIKS ANDERS AS MOORD’

Pastore van verskeie kerke het aangevoer daar is geen verskil tussen aborsie en moord nie.

Hulle het verder gesê dit is nie kultureel en Bybels vir ‘n vrou om ’n aborsie te ondergaan nie, en bygevoeg die lewe begin nie eers by geboorte nie, maar by bevrugting en die wet wat aborsie verbied, moet onveranderd bly.

‘n Pastoor wat homself as Ndumba voorgestel het, het gevra hoekom ‘n ongebore kind geaborteer moet word terwyl diegene wat die wettiging van aborsie eis maskers dra uit vrees om Covid-19 op te doen.

“Ek is ‘n pastoor en ‘n polisiebeampte wat mense dien. Wat as my ma besluit het om my dood te maak terwyl ek in haar baarmoeder was? Wie kon die pastoor en polisiebeampte wees wat ek vandag is?” het Ndumba aangevoer.

Sommige het gesê aborsie veroorsaak inwendige beserings, en moet dus nie gewettig word nie. Ander het gesê die regering moet die skoolswangerskapbeleid versterk en gesê dit het tans nie die gewenste impak om leerlinge te ontmoedig om swanger te raak nie.

Die Kavangostreke is onder die topdrie streke in terme van hoë tienerswangerskapsyfers; met pro-keuse-aktiviste wat hierdie statistieke aanvoer as ‘n rede om aborsie te wettig.

SEKS IS NET VIR GETROUDE PAARTJIES

Mnr. Paulus Hawanga, die stigter van die Namibia Marriage Council wat ook die wettiging van aborsie veroordeel het, het gesê seks moet net deur getroude paartjies geniet word.

Studies toon dat Afrikalande suid van die Sahara sedert 2019 die hoogste koers van aborsieverwante sterftes ter wêreld het.

Navorsing het getoon dat aborsiesyfers nie afneem in lande waar dit verbied of beperk word nie, in vergelyking met waar dit wettig is. Beperkende wette dwing vroue egter om onwettige aborsies te ondergaan, wat ‘n ernstige bedreiging vir hul gesondheid en lewens inhou en hulle in die tronk kan laat beland. – [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-05-11

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Fulham 0 vs 4 Manchester City LaLiga: Deportivo Alaves 2 vs 2 Girona SerieA: Frosinone 0 vs 5 Inter Milan Katima Mulilo: 14° | 33° Rundu: 13° | 32° Eenhana: 13° | 33° Oshakati: 15° | 32° Ruacana: 16° | 33° Tsumeb: 16° | 30° Otjiwarongo: 14° | 30° Omaruru: 17° | 32° Windhoek: 15° | 28° Gobabis: 16° | 29° Henties Bay: 14° | 19° Wind speed: 23km/h, Wind direction: S, Low tide: 11:22, High tide: 05:22, Low Tide: 23:42, High tide: 17:53 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 26km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:20, High tide: 05:20, Low Tide: 23:40, High tide: 17:51 Walvis Bay: 15° | 23° Wind speed: 32km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:20, High tide: 05:19, Low Tide: 23:40, High tide: 17:50 Rehoboth: 17° | 29° Mariental: 20° | 32° Keetmanshoop: 17° | 31° Aranos: 19° | 31° Lüderitz: 12° | 26° Ariamsvlei: 14° | 29° Oranjemund: 11° | 19° Luanda: 25° | 28° Gaborone: 15° | 29° Lubumbashi: 14° | 29° Mbabane: 15° | 20° Maseru: 10° | 25° Antananarivo: 13° | 24° Lilongwe: 17° | 29° Maputo: 21° | 26° Windhoek: 15° | 28° Cape Town: 14° | 19° Durban: 18° | 19° Johannesburg: 17° | 25° Dar es Salaam: 23° | 30° Lusaka: 19° | 29° Harare: 15° | 28° Currency: GBP to NAD 23 | EUR to NAD 19.82 | CNY to NAD 2.55 | USD to NAD 18.41 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.31 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.68 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.56 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.06 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.6 | USD to EGP 47.35 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1439.8 | USD to ZAR 18.44 | USD to ZMW 26.75 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 78464.25 Up +1.19% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1754.6 Up +1.22% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13527.01 Up +0.36% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26003.16 Up +0.05% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 360.52/OZ UP +0.59% | Copper US$ 4.62/lb UP +1.13% | Zinc US$ 2 961.00/T DOWN -0.06% | Brent Crude Oil US$ 83.21/BBP DOWN -0.0171 | Platinum US$ 995.62/OZ UP +1.05% Sport results: Premier League: Fulham 0 vs 4 Manchester City LaLiga: Deportivo Alaves 2 vs 2 Girona SerieA: Frosinone 0 vs 5 Inter Milan Weather: Katima Mulilo: 14° | 33° Rundu: 13° | 32° Eenhana: 13° | 33° Oshakati: 15° | 32° Ruacana: 16° | 33° Tsumeb: 16° | 30° Otjiwarongo: 14° | 30° Omaruru: 17° | 32° Windhoek: 15° | 28° Gobabis: 16° | 29° Henties Bay: 14° | 19° Wind speed: 23km/h, Wind direction: S, Low tide: 11:22, High tide: 05:22, Low Tide: 23:42, High tide: 17:53 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 26km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:20, High tide: 05:20, Low Tide: 23:40, High tide: 17:51 Walvis Bay: 15° | 23° Wind speed: 32km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:20, High tide: 05:19, Low Tide: 23:40, High tide: 17:50 Rehoboth: 17° | 29° Mariental: 20° | 32° Keetmanshoop: 17° | 31° Aranos: 19° | 31° Lüderitz: 12° | 26° Ariamsvlei: 14° | 29° Oranjemund: 11° | 19° Luanda: 25° | 28° Gaborone: 15° | 29° Lubumbashi: 14° | 29° Mbabane: 15° | 20° Maseru: 10° | 25° Antananarivo: 13° | 24° Lilongwe: 17° | 29° Maputo: 21° | 26° Windhoek: 15° | 28° Cape Town: 14° | 19° Durban: 18° | 19° Johannesburg: 17° | 25° Dar es Salaam: 23° | 30° Lusaka: 19° | 29° Harare: 15° | 28° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23 | EUR to NAD 19.82 | CNY to NAD 2.55 | USD to NAD 18.41 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.31 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.68 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.56 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.06 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.6 | USD to EGP 47.35 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1439.8 | USD to ZAR 18.44 | USD to ZMW 26.75 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 78464.25 Up +1.19% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1754.6 Up +1.22% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13527.01 Up +0.36% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26003.16 Up +0.05% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 360.52/OZ UP +0.59% | Copper US$ 4.62/lb UP +1.13% | Zinc US$ 2 961.00/T DOWN -0.06% | Brent Crude Oil US$ 83.21/BBP DOWN -0.0171 | Platinum US$ 995.62/OZ UP +1.05%