Katutura se muise skarrel (al weer)
'Geen diens'
Pasiënte moet verlief neem dat hulle die saal met muise deel.
Henriette Lamprecht -
Pasiënte in saal B op die vierde vloer van die Katutura-hospitaal in Windhoek, moet maar daarmee verlief neem dat hulle van hul kos tot hul lakens met ’n bevolking muise moet deel wat gereeld heen en weer oor vloere en beddens skarrel. ’
n Vrou wat met ’n ontwrigte heup hier opgeneem is, het ’n video gedeel waar die muise in dié saal terwyl die kat weg is, beslis baas is. Die voormalige pasiënt wat verkies het om anoniem te bly, het in traksie gelê nadat haar heup weer teruggedruk is en was aangewese op personeel en medepasiënte om haar te help.
“Jy lê ‘verlam’ in jou bed en die muise is al oor jou lyf. Jy kan nie vrugte of oorskietkos buite los nie, want dan is dit Kersfees vir die muise,” het sy vertel.
Volgens die vrou wat in traksie moes lê en vir ’n geruime tyd onbeweeglik was, word ’n skottel water waarmee sy haarself moes was, bloot op ’n stoel langs die bed of op die bedkassie geplaas.
“Ek kon nie rêrig beweeg nie en moes die personeel roep. Hulle sê toe ek moenie onderklere aanhê nie en dit is die enigste manier hoe hulle my kan help!”
Sy beskryf die kos wat pasiënte ontvang, as “aaklig, aaklig”.
“Dis vaal en smaakloos, geen sout of speserye nie. As jou familie nie vir jou kos bring nie, sal jy doodgaan van die honger.” Die maaltye word ook glo net bloot op ’n stoel langs pasiënte se beddens geplaas, buite bereik van dié wat nie beweeglik is nie en noodgedwonge dan sonder kos moet bly.
Mans en vrouens deel ook glo dieselfde toilet, met ’n gevangene wat tydens die vrou se verblyf in die hospitaal sonder enige bewaking vry in die saal rondgeloop het.
“Hy het in ’n stadium in ons saal vir warm water kom vra. Ek het hom gevang waar hy in die toiletdeur vir my staan en kyk het. Die toilet se deure kan nie sluit nie en ons het saans twee-twee toilet toe gegaan om veilig te wees.”
Sy is die Donderdagoggend ontslaan met medikasie en krukke wat sy moes kry, maar moes nog ’n aand oorslaap aangesien sy dit eers die volgende dag gekry het.
“Ek moes twee pynpille by ’n vroulike pasiënt langs my kry en sy moes my ook help om met haar krukke oor die weg te kom. Hul verskoning was dat die plek wat dit voorsien, glo toe reeds die middag toe was en hulle moes wag tot dit weer oopmaak.”
Die krukke is uiteindelik by haar in die kamer afgelewer, toegedraai en sonder enige instruksies op haar bed neergesit.
“Dit is net verskriklik wat hier aangaan, hulle (personeel) ‘worry’ net niks en as jy iets vra, is dit ’n gemompel. Daar is géén diens nie.”
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie