Die Katutura-hospitaal in Windhoek is reeds byna 'n halfeeu oud. FOTO ARGIEF
Die Katutura-hospitaal in Windhoek is reeds byna 'n halfeeu oud. FOTO ARGIEF

Katutura-hospitaal stuk-stuk opgeknap

Henriette Lamprecht
Henriette Lamprecht

Berokingsmaatskappye word gesoek om die Katutura-hospitaal se inwonende muisplaag ’n “ander” ewige tuiste te gee.

Dit is deel van ’n verkrygingsprosedure wat deur die verkrygingsbestuurseenheid (PMU) van die ministerie van gesondheid en maatskaplike dienste van stapel gestuur is om met die uitwissing van rotte, muise en ander insekte in die hospitaal te begin, sê die hospitaal se hoof mediese beampte, dr. Mwadina Shiweda.

Oor die hospitaal se vervalle infrastruktuur en gereelde kragonderbrekings en waterpype wat bars, sê sy dit is omdat dit in 1973 gebou is “en vir sowat 49 jaar aaneen reeds bestaan”.

“Die infrastruktuur is baie oud en in ’n vervalle toestand,” erken Shiweda.

Gebaseer op die begroting wat aan die ministerie toegeken is, word sekere fondse vir onderhoud van die hospitaal onder ’n kapitaalprojek toegeken.

Volgens Shiweda beteken dit sleuteldepartemente en -areas word opgeknap en die beskadigde infrastruktuur word herstel.

“Dit gaan die regering ’n arm en ’n been kos om die hele hospitaal op dieselfde tyd op te knap. Dit is hoekom opknappings stuk-stuk gedoen word,” het sy verduidelik.

Tot op hede is onder meer die apteek, eenheid twee van die respiratoriese eenheid, die grondvloer tot vloer ses van die verpleegstersblok, verpleegstersaal sowel as die eenheid vir Chinese akupunktuur reeds suksesvol opgeknap. Tans is die noodsaal aan die beurt.

Volgens Shiwedha het die hospitaal ook versoeke van die publiek en skenkers ontvang om met sekere areas van die hospitaal te help en wat deur die ministerie verwelkom word.

Sy het beklemtoon die Katutura-hospitaal is die grootste verwysingshospitaal in die land. Dit beteken dat dit buiten die hoë getal pasiënte wat hulle in die Khomasstreek reeds bedien, ook pasiënte van die 13 ander streke ontvang wat op die hospitaal se perseel gehuisves word, totdat hul behandelingsprosedures afgehandel is en hulle na hul onderskeie streke kan terugkeer.

Shiweda sê die hospitaal het ’n totale bedkapasiteit van 843 beddens, maar weens die hoë invloei van pasiënte wat die hospitaal daagliks ontvang, styg die getal soms tot meer as 1 100 wat geakkommodeer moet word.

Sy het verwys na die hospitaal se drie Covid-19-sale wat tydens die pandemie opgeknap en ook nuut gebou is en waarvan vyf tans vir “gewone” pasiënte gebruik word. Dit sluit in die pediatriese en kraamsale, die eenheid vir buitepasiënte, ’n post-Covid-19-saal en nog een wat later sal open.

“Uiteindelik is die kwessie van oorbevolking (in die hospitaal) onvermydelik en ons doen alles tot ons beskikking om dit te hanteer,” het Shiweda gesê.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-04-19

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 0 Preston North End English Championship: Southampton 3 vs 0 Preston North End Katima Mulilo: 17° | 34° Rundu: 17° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 35° Ruacana: 18° | 35° Tsumeb: 19° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 19° | 34° Windhoek: 17° | 31° Gobabis: 18° | 31° Henties Bay: 17° | 23° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:25, High tide: 13:40, Low Tide: 19:24, High tide: 01:48 Swakopmund: 16° | 19° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:23, High tide: 13:38, Low Tide: 19:22, High tide: 01:46 Walvis Bay: 19° | 26° Wind speed: 36km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:23, High tide: 13:37, Low Tide: 19:22, High tide: 01:45 Rehoboth: 18° | 31° Mariental: 22° | 33° Keetmanshoop: 23° | 35° Aranos: 20° | 32° Lüderitz: 18° | 34° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 15° | 27° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 19° | 32° Lubumbashi: 17° | 26° Mbabane: 15° | 28° Maseru: 11° | 26° Antananarivo: 13° | 25° Lilongwe: 16° | 26° Maputo: 20° | 31° Windhoek: 17° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 18° | 28° Johannesburg: 16° | 28° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 18° | 28° Harare: 15° | 28° #REF! #REF!