FOTO TER ILLUSTRASIE. FOTO UNSPLASH
FOTO TER ILLUSTRASIE. FOTO UNSPLASH

Kansellering van tenders ‘duur’

Impak op pasiënte
President Hage Geingob het nie die direkte mag om by die toekenning van die omstrede tender vir mediese voorrade in te meng nie.
Jemima Beukes
Jemima Beukes – Beide die ministerie van gesondheid en maatskaplike dienste en die sentrale verkrygingsraad van Namibië (CPBN) het gewaarsku die kansellering van die tenders vir mediese voorrade wat wye kritiek uitgelok het, kan ’n duur fout raak. CPBN sê daar is geen wettige of morele basis om die tender te kanselleer nie. Selfs president Hage Geingob op wie ook ’n beroep gedoen is om dit te kanselleer, het nie die direkte mag om dit te doen nie.

Die CPBN se administratiewe hoof Amon Ngavetene het Maandag op Namibian Sun se aktualiteitsprogram The Evening Review gesê die kansellering van die tenders sal daartoe lei dat die ministerie van gesondheid noodtenders vir mediese voorrade moet uitreik wat tot hoër koste sal lei.

Ngavetene sê die kansellering van die lughawetender – wat deur baie gebruik word as ’n voorbeeld wat Geingob moet herhaal, was anders omdat dit geen dringendheid gehad het nie.

“Die president kan die lughawetender kanselleer, omdat daar geen lughawe is nie en ons kan voortgaan om daarmee saam te leef. Met betrekking tot gesondheid word mense siek, daar is ’n aantal mense wat hierdie voorrade benodig,” het Ngavetene gesê.

Opposisiepartye het ’n beroep op Geingob gedoen om in te gryp en die omstrede tendertoekenings te kanselleer, ingesluit die aankoop van kondome teen N$111 miljoen.

“Daar is geen ekonomiese of politieke sin om miljoene dollar op handskoene en kondome te bestee nie, terwyl jy ’n gesondheidskrisis het waar daar geen bloeddrukmedisyne in hospitale is nie; waar infrastruktuur inmekaar val; terwyl kinders sopnat van die reën moet skool toe gaan. Tog dink hierdie regering dit is gepas om die geld te bestee,” het die leier van die opposie, McHenry Venaani, gesê.

Die minister van gesondheid, dr. Kalumbi Shangula sê op sy beurt terwyl sy ministerie nie kan inmeng by die tender wat onafhanklik deur die CPBN hanteer word nie, gaan die kansellering ’n reuse impak hê op die werksaamhede van die ministerie asook pasiënte.

Shangula wat beskuldigings van binnehandel en samewerking in die ministerie se verkrygingsproses ontken het, se verweer volg op die omstrede toekenning van reusetenders aan Amnics Trading wat aan die sakeman Shapwa Kanyama behoort.

“Dit beteken eenvoudig mense weet nie hoe verkryging werk nie. Die ministerie identifiseer die behoefte van wat ons nodig het en ons stuur dit na die ministerie van finansies,” het hy verduidelik.

“Die beleidseenheid in die ministerie van finansies voltooi die dokumentasie wat na die verkrygingsraad gestuur word, wat dit adverteer en die aanbiedinge vir die tender ontvang. Hulle besluit aan wie word die tender toegeken. Ek weet nie waar botsende belange en samewerking sal voorkom nie, tensy jy sê iemand in die ministerie vertel aan ’n verskaffer 'ons gaan hierdie tender uitsit, berei jouself voor'. Selfs al kan dit gebeur, is die tender in die openbaar. Dit is bloot ’n opvatting sonder enige basis,” het Shangula gesê.

Hy het bygevoeg die ministerie het nie die spesifieke tender adverteer nie, hoewel die voorraad vir die ministerie bestem is.

“Dié tender het baie items buiten kondome. Die items word in sale, teaters tydens operasies, kraamsale en in baie ander gevalle gebruik. Om die tender te kanselleer, gaan reuse implikasies vir die werksaamhede van die ministerie en sy pasiënte inhou.” – [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!