Kankerappelprojek nou in Februarie
Bank Windhoek het aangekondig die amptelike bekendstelling van sy vlagskip Kankerappelprojek sal nou in Februarie 2026 plaasvind – ’n besluit wat saam met Namibië se piek appel-oesseisoen val.
Jacquiline Pack van Bank Windhoek het by die aankondiging verduidelik die nuwe tydsberekening sal toegang tot die varsste, beste gehalte appels verseker, terwyl dit ook beduidende kostebesparings sal meebring.
“’n Vroeëre aanvang van die projekkalender sal ook groter studentebetrokkenheid en -deelname aanmoedig en ’n stewige grondslag lê vir nóg ’n betekenisvolle veldtog in die stryd teen kanker,” het sy gesê.
Hoewel die fisiese appels eers volgende Februarie verkoop sal word, kan die publiek reeds die inisiatief op twee gerieflike maniere ondersteun: Deur die e-apple-platform op Bank Windhoek se webwerf, of deur die nuwe skenkingsfunksie op die Bank Windhoek-selfoontoep, waar kliënte vanaf so min as N$5 per betaling kan bydra. Alle opbrengste is direk ten bate van die Kankervereniging van Namibië (CAN) as deel van hierdie jaarlikse projek.
“Ons is vol vertroue hierdie nuwe skedule sal verreikende voordele vir ons gemeenskap inhou,” het Pack gesê.
Ter voorbereiding het Bank Windhoek omvattende navorsing gedoen, insluitend onderhoude, fokusgroepe en ’n openbare opname op sy sosialemediaplatforms. Byna 7 000 reaksies is ontvang, wat die bank gehelp het om die projek se volgende fase ná 25 suksesvolle jare te vorm.
Sedert die projek in 2000 bekend gestel is, het die Kankerappelprojek reeds meer as N$38,4 miljoen vir CAN ingesamel. Die inisiatief steun op ’n netwerk van verkryging, verspreiding en toegewyde spanne wat geld insamel deur die verkoop van appels, appelsap en nou ook virtuele skenkings via die webwerf en selfoontoep.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie