Internasionale erkenning vir kankerregister
Beduidende bydrae tot navorsing
Namibië se register is een van die min in Afrika om so 'n globale erkenning te kry.
Namibië het beduidende internasionale sukses in die stryd teen kanker behaal.
Die land se nasionale kankerregister (NNCR) wat gestig, gefinansier en bedryf word deur die Kankervereniging van Namibië (CAN), is weer in die huidige Globale Kankeratlas ingesluit. Die verslag is deur die Amerikaanse Kankervereniging in samewerking met die Wêreldgesondheidsorganisasie (WHO) en die Internasionale Agentskap vir Navorsing oor Kanker (IARC) gepubliseer.
Namibië se register, wat deur die Afrika-kankerregisternetwerk (AFCRN) erken word, is een van die min in Afrika om so 'n globale erkenning te kry. Volgens CAN beklemtoon die insluiting Namibië se verbintenis om betroubare gesondheidsdata te versamel en ook sy bydrae tot die globale stryd teen kanker.
"Hoewel Namibië 'n ontwikkelende land is, wys ons onafhanklike deelname dat ons gesondheidsdata op 'n vlak versamel wat 'n beduidende bydrae tot globale kankernavorsing lewer," het die vereniging in 'n verklaring gesê.
Die huidige Globale Kankeratlas beklemtoon dat leefstylverwante faktore soos tabakgebruik, ongesonde diëte, alkoholmisbruik en die gebrek aan fisieke aktiwiteite van die voorste oorsake van kanker wêreldwyd bly. Ten spyte van vroeë opsporing, voorkoming en behandeling, is daar steeds beduidende uitdagings, in veral lae- en middelinkomstelande wat Namibië insluit.
Twee sleutelkomponente bemoeilik egter die situasie in Namibië. Eerstens is kanker nie ’n aanmeldbare siekte nie, wat omvattende en voortgesette insameling van data bemoeilik. Tweedens het die land nie 'n formele Nasionale Kankerbeheerplan (NCCP) om voorkoming, behandeling en pogings tot palliatiewe sorg beter te koördineer nie.
"Hierdie faktore belemmer doeltreffende beplanning en bestuur van kankerbeheer in Namibië," het CAN se uitvoerende hoof, Rolf Hansen, verduidelik.
Die herhaalde erkenning van die kankerregister demonstreer die belangrikheid van nie net die werk van CAN nie, maar ook deur toegewyde vennote in die ministerie van gesondheid en maatskaplike dienste en die private sektor.
"Dit beklemtoon die dringende behoefte om nasionale beleidsrigtings en -strategieë te ontwikkel om kankerpasiënte en -oorlewendes te ondersteun," het Hansen gesê. – [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie