Immuniseer teen polio
Gratis en veilig
Elke kind sal twee druppels van die nuwe orale polio-entstof ontvang, wat daarop gemik is om volle dekking te verseker en die risiko van infektering te verminder.
Die nasionale inentingsveldtog teen polio is amptelik aan die kus deur raadslid Victor Maswahu van die Swakopmund-kiesafdeling by die Hanganeni Primêre Skool van stapel gestuur.
Maswahu het ‘n beroep op ouers, versorgers en gemeenskappe gedoen om in groot getalle op te daag om die lewensreddende inisiatief in die Erongostreek te ondersteun.
Volgens hom demonstreer die veldtog die kollektiewe verantwoordelikheid van leiers, ouers en inwoners om die gesondheid en toekoms van kinders te beskerm. Polio is ‘n gevaarlike en hoogs aansteeklike siekte wat hoofsaaklik kinders raak en tot permanente ongeskiktheid of die dood kan lei.
Alhoewel Namibië sedert 2006 polio-vry gebly het, sê Maswahu die laboratoriumbevestiging van poliovirus tipe 2 in November 2025 uit omgewingsmonsters wat by die Ndama-riooldam in Rundu, Kavango-Oos, versamel is, was 'n ernstige waarskuwingsteken.
Alhoewel die virus nie met enige aangemelde gevalle in Namibië gekoppel is nie, het die regering volgens hom beslissende en voorkomende stappe geneem om nasionale gesondheids te verseker.
“Hierdie veldtog is nie 'n reaksie op mislukking nie, maar 'n voorbeeld van verantwoordelike en proaktiewe bestuur,” het Maswahu gesê.
Die landswye veldtog sal in twee fases uitgevoer word, met Fase 1 wat van 26 tot 29 Januarie 2026 duur, gevolg deur Fase 2 van 24 tot 27 Februarie 2026. Die veldtog teiken alle kinders van geboorte tot onder 10 jaar, ongeag vorige inentingstatus.
Elke kind sal twee druppels van die nuwe orale polio-entstof ontvang, wat daarop gemik is om volle dekking te verseker en die risiko van infektering te verminder.
In die Swakopmund-kiesafdeling word verwag dat ongeveer 21 633 kinders ingeënt sal word.
Om hierdie teiken te bereik, het die ministerie van gesondheid en maatskaplike dienste 28 inentingspanne ontplooi wat elk bestaan uit drie opgeleide gesondheidswerkers wat in stedelike, peri-stedelike en landelike gebiede sal werk.
Die spanne sal deur-tot-deur besoeke aflê, asook kinders by skole, klinieke en openbare ruimtes inent. Maswahu het ouers en versorgers aangespoor om ten volle met inentingspanne saam te werk en te verseker dat kinders na inentingspunte gebring word.
Hy het beklemtoon dat die entstof veilig, gratis en lewensreddend is. Maswahu het ook gemeenskapsleiers, opvoeders, geloofsgebaseerde organisasies, jeugstrukture en die media versoek om te help om waninligting te bestry en gemeenskappe te mobiliseer.
“Die wetenskap is duidelik: inenting red lewens,” het hy gesê.
Maswahu het gesondheidswerkers verder geprys vir hul toewyding en hulle as die ruggraat van die veldtog en bewaarders van kinders se gesondheid beskryf.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie